English books
    Afr  Eng    
Fiksie
Nie-fiksie
Kinders
Leermiddels
Christelik
Dagboeke


Besoekers: 5144782


Klik vir meer inligting
Aanloklike proposisie deur Susan Olivier
Fiksie - Liefdesromans
Publikasie datum: 2012/01
R65.00


René sal enigiets doen om hul familiebesigheid uit vreemde hande te hou. Sy sal selfs die nuwe eienaar se proposisie oorweeg: dat sy sy minnares word ... Hy is immers onweerstaanbaar, hoe kwaad hy haar ook al maak.


[Meer informasie...]



Klik vir meer inligting
Bome van plek tot plek Nasionale Krugerwildtuin deur Marissa Greeff
Nie-fiksie - Flora (Plante)
Publikasie datum: 2012/01
R210.00


Ek wonder watter boom is dit daardie - as die gedagte al by jou opgekom het in die Krugerwildtuin, is hierdie boek bedoel vir jou. Daar is haas geen besoeker aan die Krugerwildtuin wat nie op een of ander stadium, nadat die koorsagtige Groot Vyf honger gestil is, natuur bewus raak nie.

[Meer informasie...]



Klik vir meer inligting
Die geheim van die keel van die nagtegaal deur Peter Verhelst, Carll Cneut
Vertaling: Nicol Stassen
Kinders - Prenteboeke
Publikasie datum: 2012/01
R150.00


Die Keiser van China droom van ’n nuwe Keiserlike Tuin van Tuine. Een man kry dit reg om die Keiser se droom waar te maak en ’n asemrowende tuin te ontwerp. Maar selfs die drome van keisers skiet soms te kort. Toe die Keiser ’n nagtegaal hoor sing, weet hy dat sy tuin nie volmaak is nie. Die nagtegaal is gewillig, maar nie willoos nie. Sy musiek is uniek, maar kan nie vasgevang word nie.


[Meer informasie...]



Klik vir meer inligting
Die tier wat kom tee drink het deur Judith Kerr
Vertaling: Shane Kleyn
Kinders - Prenteboeke
Publikasie datum: 2012/01
R100.00


Die deurklokkie lui net toe Sarie en haar ma gaan sit om tee te drink.
Wie kan dit nou wees?
Hulle verwag sekerlik nie ’n groot, harige, gestreepte tier nie!

Die tier wat kom tee drink het is ’n kort kinderverhaal wat vir die eerste keer in 1968 verskyn het. Dit handel oor ’n meisie, haar ma, en ’n pratende tier wat hulle onderbreek terwyl hulle tee drink. Ná veertig jaar bly dit steeds ’n gewilde boek wat onder andere vir die verhoog aangepas is en ’n Facebook-blad het met meer as 23 400 volgelinge.

[Meer informasie...]



Klik vir meer inligting
Die Uile in die verlore stad 6 deur Cor Dirks
Kinders - Reekse
Publikasie datum: 2012/01
R100.00


Hoe ontaard ’n heerlike vakansie ver weg van die beskawing in ’n stryd om oorlewing?

Vir die vyf dapper vriende wat hulleself die Uile noem, is dit opwindend om na die skatte van ’n geheimsinnige, verlore stad in die Kalahari te gaan soek. Opwindend, ja, maar ook lewensgevaarlik. Want in die Kalahariwoestyn is die enigste bedreigings nie net die roofdiere en sandstorms nie, maar ook vyande wat self ’n oog op die buit het. Sal die Uile hierdie gevaarlike manne kan uitoorlê? En is daar werklik ’n verlore stad en skatte diep in die woestyn?

[Meer informasie...]



Klik vir meer inligting
Die voëltjie wat nie kon fluit nie deur Gry Kappel Jensen
Illustrasie: Sissan Richardt
Vertaling: Nicol Stassen
Kinders - Prenteboeke
Publikasie datum: 2012/01
R100.00


In ’n woud noord van Bosrand woon ’n swerm voëls soos … wel, soos hierdie geveerde diere gewoond is om te lewe. Hulle vlieg rond, bou hulle neste … en hulle almal fluit. Net die klein grys spreeutjie kan nie fluit nie. Selfs die lyster kan hom nie leer om te fluit nie. Wanneer sy boeties en sussies die nes verlaat, bly die arme klein spreeutjie agter. Wat op aarde gaan met hom gebeur?

Maar op ’n koue winternag neem die klein spreeutjie die saak in sy eie vlerke. Hy gaan leer om te fluit …

[Meer informasie...]



Klik vir meer inligting
Donker leuens deur Lien Roux-de Jager
Fiksie - Romans
Publikasie datum: 2012/01
R170.00


Wie was betrokke by die verdwyning van die wetenskaplike Stefan De Villiers en sy navorsingsresultate? Net drie mense weet presies wat gebeur het, en húlle span nou saam om die skuldiges in die komplot vas te trek.


[Meer informasie...]



Klik vir meer inligting
Fleur Davelvroue 7 deur Chanette Paul
Fiksie - Romans
Publikasie datum: 2012/01
R145.00

 (1 leser/s)
Fleur (1938), ʼn Malherbe met suiwer Hugenotebloed in haar are, is die eienares van ʼn verwaarloosde wynplaas en ʼn groot hoop skuld, maar sy weet min van wynmaak en niks van wingerde nie. En dan kom Christiaan Davel aan in die vallei. Hy weet alles van wingerde en wyn af en laat haar hart skoon op galop gaan, maar hy is ʼn Transvaler en boonop lief vir iemand anders.
[Meer informasie...]



Klik vir meer inligting
Huis vir Tippie deur Tom Percival
Vertaling: Shane Kleyn
Kinders - Prenteboeke
Publikasie datum: 2012/01
R100.00


’n Huis vir Tippie is ’n pragtige, atmosferiese verhaal oor die vriendskap tussen ’n seuntjie en ’n straatkat.

Die seuntjie bring elke dag ’n nuwe bakkie melk en wen só die kat Tippie se vertroue. Maar op ’n dag is daar nie ’n bakkie nie. Geen bakkie nie, en ook geen seuntjie nie. Tippie verdwaal en verkeer in gevaar. Sal die twee vriende mekaar ooit weer sien?

[Meer informasie...]



Klik vir meer inligting
In plaas van die stilte deur Miriam Van hee
Vertaling: Daniel Hugo
Fiksie - Poësie
Publikasie datum: 2012/01
R140.00


Miriam Van hee is tans een van die mees gelese digters in die Lae Lande. In hierdie keuse uit haar poësie het Daniel Hugo, die vertaler, hom in sy keuse eerstens laat lei deur die vertaalbaarheid van die verse, maar ook probeer om die Afrikaanse leser ’n oorsig te bied van haar werk. Van hee se poësie is so gestroop soos takke wat hulle blare verloor in die herfs, die seisoen wat dikwels in haar gedigte genoem word. Stemmings van stilte, afwagting en leegheid is oorheersend.
[Meer informasie...]



Klik vir meer inligting
Kerneels die geel kat deur Gry Kappel Jensen
Illustrasie: Sissan Richardt
Vertaling: Nicol Stassen
Kinders - Prenteboeke
Publikasie datum: 2012/01
R100.00


Op baie maniere is Kerneels net soos ander katte. Hy hou daarvan om in die son te lê en slaap. Hy hou daarvan om die rusbank met sy skerp kloue te krap (hoewel hy dit nie mag doen nie) en hy hou daarvan as Martjie hom agter sy oor krap. Kerneels spin, strek homself uit en lek sy pels net soos ander katte. Maar daar is iets van Kerneels wat anders is.

Kerneels die geel kat is ’n lieflike storie oor anders wees. Kerneels word deur die ander katte geterg en hy wens hy was soos hulle. Uiteindelik leer Kerneels om homself te aanvaar presies soos wat hy is.

[Meer informasie...]



Klik vir meer inligting
Lawwe hond deur Adam Stower
Vertaling: Jaco Jacobs
Kinders - Prenteboeke
Publikasie datum: 2012/01
R80.00


Carli wou nog altyd ’n hond gehad het. Een oggend sien sy iets FANTASTIES in die tuin. Dit is groot en bruin en harig. Dit het vier pote, ’n stert en ’n groot, nat neus. Van naby is hy nogal groot vir ’n hond ... en hy’s ’n bietjie knorrig ook. Maar Carli dink hy’s baie oulik!
En, anders as die leser, het sy nie ’n idee dat ’n klomp diere uit die dieretuin ontsnap het nie ...

[Meer informasie...]



Klik vir meer inligting
My groot skree-dag deur Rebecca Patterson
Vertaling: Shane Kleyn
Kinders - Prenteboeke
Publikasie datum: 2012/01
R100.00


Gister het ek wakker geword met my bababoetie Ben wat in my kamer rondkruip en aan my goed lek … Toe skree ek: GAAN UIT MY KAMER UIT! en dit was die begin van MY GROOT SKREE-DAG!
Bella het ’n slegte dag – niks is soos sy dit wil hê nie en al wat sy kan doen is skree. Maar slegte dae hou nie vir altyd aan nie, en Bella leer daardie spesiale woord … JAMMER!
’n SKREEUSNAAKSE kinderboek deur die Britse outeur-illustreerder REBECCA PATTERSON.

[Meer informasie...]



Klik vir meer inligting
Sarel die Supervark deur Daniel Napp
Illustrasie: Carmen Hansen-Kruger
Kinders - Prenteboeke
Publikasie datum: 2012/01
R100.00


Hoe gemeen is dit!
Die ooivaars het Ouma Breinaald se gunstelingtrui gesteel.
Nou kan net Vaatjie help. Want Vaatjie het superkragte. En hy help altyd as iemand op die plaas in gevaar is.
Vinnig trek hy sy kostuum aan: broek, mantel, masker.
En woerts-warts verander Vaatjie in Sarel die Supervark.

[Meer informasie...]



Klik vir meer inligting
Woerts in die hoekie deur Hennie Aucamp
Illustrasie: Diek Grobler
Kinders - Algemeen
Publikasie datum: 2012/01
R110.00


Hennie Aucamp bewys met hierdie bundel dat hy ’n ewe vernuftige skrywer van kinderverse as van kabarettekste en gedigte is. Baie van die versies verwys na eietydse dinge soos sms’e, pizzas en Croc-skoene wat vir vandag se kinders aantreklik sal wees. Die meeste van die versies handel egter oor die gewone dinge van die kinderwêreld: oumas en oupas, mammas en pappas, troeteldiere, speelgoed, badtyd, voëltjies, goggas en paddas.
[Meer informasie...]



'n Produk van CEIT Development cc