Lizz Meiring het sekerlik geen bekendstelling nodig nie. Haar rubrieke verskyn al sedert 2004 in Rooi Rose en is steeds besonder gewild by lesers.
In hierdie bundel bring sy die beste van haar Bizzie Lizzie-rubrieke byeen. In outentieke Lizz-styl vertel sy van haar gesukkel omdat sy so kort is, haar onvermoë om te bestuur, wat sy dink van Krismis en familiebyeenkomste, ma’s en kinderpartytjies, inkopies, die organiese beweging – en veel meer.
Meer inligting: Dit is ’n bundel wat langs jou bedkassie behoort te lê, of in jou handsak vir wanneer jy by die bank in die ry staan of in ’n spreekkamer moet wag.
Lizz is eerlik, op die man af, snaaks, soms sentimenteel en soms kwaad. Ongeag die onderwerp of die onderliggende emosie bly haar rubrieke besonder gewild.