Meer inligting: En hy is op die uitkyk vir tatoes wat sal pas by die temas van sy Kosmiese Joernale.
Inspekteur Ella Neser gryp die kans aan om haar eerste moord as ondersoekbeampte te hanteer. Sy het die beste leermeester, superintendent Silas Sauls, boelhond en koppestamper. Hierdie moord is egter ongewoon. Die liggaam is byna sagkens agtergelaat, behalwe vir ’n vreemde wond op die skouer.
|