Aanhaling van die oomblik!
Fiksie
Nie-fiksie
Kinders
Leermiddels
Christelik
Legkaarte
Dagboeke
Kalenders




Besoekers: 2344859


Klik vir groter prent
Praat Verby Grense deur Frits Gaum, Laurie Gaum

Christelik - Christelike leefwyse
(2010/07)

R150.00


Die tragedie wat ds. Laurie Gaum tref, sou hom en sy pa, dr. Frits Gaum, uitmekaar kon dryf, maar die teenoorgestelde gebeur. Hulle ontdek onmeetlike gemene grond om saam te verken - die pa ’n swaargewig in sy kerk; die seun ’n predikant oor wie daar op ’n dag sensasionele voorbladnuus is. DiĂ© nuus vererger wanneer Laurie se lewensmaat homself enkele dae later om die lewe bring. ’n Lewenskrisis word ’n krisis vir die kerk. Laurie word uit sy amp ontslaan, maar hy appelleer suksesvol.
Meer inligting:
Intussen woed daar ’n debat oor homoseksualiteit, ’n saak wat dreig om kerke wĂȘreldwyd te skeur. In kalmer dae wissel pa en seun e-pos oor talle kwessies wat hiermee verband hou. Hulle praat ernstig en reguit maar ook met respek en liefdevol oor die Bybel en seksualiteit, verdraagsaamheid en vergiffenis, oor die dood en oor hoop, geregtigheid, mens-wees, die samelewing, die kerk, rassisme, bevrydingsteologie ... en altyd weer oor God. Dit word ’n ontroerende en inspirerende gesprek tussen twee begaafde mense wat hulle eie en mekaar se grense uitdaag en verskuif.

Leser terugvoer:
[Gee terugvoer]Geen
Resensies:
- Volksblad op 2010-08-28    [Detail]

'n Produk van CEIT Development cc