Gaums se werk ân veilige boek oor ân gevaarlike gesprek - Jan Lubbe
DIE heel laaste sin in Praat verby Grense is dalk die veelseggendste oor dié gesprek tussen Laurie Gaum en sy pa, Frits, albei bekende leraars in die NG Kerk.
Dit was nie deel van hul gesprek nie, maar ân vindingryke tipografiese greep om â net soos die opskriffies bo elke brief: âFrom: Laurie Gaum. To: Frits Gaum. Saturday, 25 April 2009 9:19 AM. Subject: Douw se doodâ â die indruk van outentisiteit by die leser te laat.
Praat verby Grense is ân klompie e-posse wat tussen April en Oktober 2009 tussen pa en seun gewissel het, vier jaar nĂĄ die traumatiese gebeure toe Douw Steyn, Laurie se lewensmaat, selfmoord gepleeg het en hul homoseksuele verhouding sensasioneel in die openbaar uitgeblaker is â ân âmedia-sepie soos minâ, het Joan Hambidge dit destyds genoem (bl. 18).
âDie media het gebaljaar en die kerk het haar lam geskrikâ, aldus Laurie (bl. 33). Vir hom, toe ân jong predikant in die NG kerk St. Stephenâs in Kaapstad, was dit die begin van ân moeilike pad in diĂ© kerk en waarop kerkrade, ringe en sinodes met wesenlike vrae oor die etiek en hantering van predikante se seksuele oriĂ«ntasie gekonfronteer is, sowel as oor die aard en gesag van die Bybel â ân debat wat steeds voortgaan en wĂȘreldwyd in kerke op breekpunt staan.
âJy (het) die gay kwessie soos niemand anders nie op die tafel geplaasâ, skryf Frits (bl. 38). Vir hĂłm het die nuus dat sy seun gay is â âDie formele afspraakâ toe Laurie hom op kantoor kom spreek het om dit te sĂȘ (bl. 22) â ân tyd van worsteling, praat, lees en bid gebring; twee jaar lank ook saam met sy seun by ân terapeut. Hierin lĂȘ ân deel van die boek se waarde: Dit vertel iets van die pad waarlangs ouers en hul kinders in sĂł ân situasie behoort te loop â ân praat verby grense.
Die temas in die gesprek vloei gemaklik: Dit begin ligweg outobiografies, praat dan oor homoseksualiteit in die algemeen en diskriminering daarteen, lĂȘ dieperliggende denkraamwerke daaragter bloot, loop uit op die belangrike vraag hoe ons die Bybel lees en eindig noodwendig by God.
Voorin is ân alfabetiese lys van aktualiteite wat in hul gesprek âter sakeâ gaan kom: apartheid, bevrydingsteologie, Broederbond, Calvinisme, geregtigheid, onverdraagsaamheid, oudword en doodgaan, rassisme en vergifnis. Trefwoorde tussen twee generasies, waarvan baie paâs en seuns steeds in hul gesprekke wegskram â ân verdere aanbeveling vir die boek dus.
Waarom het die Gaums diĂ© boek geskryf? Frits skryf maklik en hul boek lees maklik. Maar dit word algaande duidelik Praat verby Grense was nie net ân spontane briefwisseling nie; daar was vroeg al die bedoeling om dit ân boek te maak.
En spesifiek vir 2010: Frits het op 25 April 70 jaar geword Ă©n â skryf hy vir Laurie â die NG Kerk het diĂ© jaar as âjaar van grense oorsteekâ aangekondig! Ook die voorbladfoto verklap iets: Die boek is ân uitbreiding op die âtweegesprekâ wat CornĂ©l Dunn van Rooi Rose al in Junie 2007 met hulle gevoer het â dieselfde trefwoorde en standpunte.
Maar tóé was dit plofbaar: Dit was die maand waarin die NG Kerk se Algemene Sinode uitspraak oor Laurie se saak moes gee Ă©n oor wat die Bybel oor homoseksualiteit sĂȘ of nie sĂȘ nie. Nou, drie jaar later, sit pa en seun op dieselfde foto nader aan mekaar en is dit betekenisvol omgedraai: Frits (âPa-hulle se generasieâ, bl. 67) sit regs, Laurie links.
Hul vrae aan mekaar, waarmee elkeen die kans kry om weer oor die verlede te praat en te verduidelik (Ă©n ân paar byltjies te slyp), is gelade. So vra Frits sy seun uit oor die dood van sy lewensmaat en Laurie sy pa oor diĂ© se âreis met apartheidâ â vrae waarop hulle die antwoorde tog lankal ken.
Daarom kry ân mens die indruk Praat sonder Grense is ân âgemaakteâ boek: betyds, berekend, beheers, (kerk)polities-korrek.
Daar is wel aangrypende oomblikke soos wanneer Laurie sĂȘ âPa moet onthou dat ek Douw liefgehad hetâ (bl. 15) en âEk hoop (op ân âveilige ruimteâ in die kerk)... Ek hoop baie hardâ (bl. 108).
Soms glip iets tog deur wat jou laat vra: Wat was regtig die gevoel oor homoseksualiteit in âdie vroom, dromerige kerkdorp Wellingtonâ se pastorie? Die seun onthou ân huis, âgelukkig en sorgvryâ, vrye denke en kreatiwiteit, intense etenstafelgesprekke Sondagmiddae; die pa beleef vertwyfeling oor sy âafwesigheidâ en die seerkry van sy seun in hul huis omdat âjy geweet (het) hoe die wind waai as âmoffiesâ ter sprake sou komâ.
Kortom: Die leser van Praat sonder Grense kry ân afstandelike refleksie te lese â nĂe die rou emosie nie van eerste reaksies in briewe en gesprekke uit 2001 toe Laurie sy pa op kantoor gaan spreek het of die passie en geweld wat in 2005 losgebars het, waaruit lesers wat hulle in soortgelyke situasies bevind, dalk meer sou kon leer.
En die laaste, veelseggende sin? Op bl. 111 staan gewoon: âThis message has been scanned for dangerous content and is believed to be clean.â
Praat sonder Grense is ân veilige boek oor ân gevaarlike gesprek. Tussen ouers en kinders is daar dikwels hieroor net stotterende woorde. En wat die kerk betref: Laurie Gaum sug nie sonder rede oor die kategese, ACSV en teologiese fakulteite van destyds Ă©n vandag nie (bll. 27, 89).
Daar is baie dinge nog nĂe gesĂȘ nie. Geen wonder nie dat hy kies vir ân âteologie van weerloosheidâ (bl. 111).
Maak toe

