| | ’n Vrou gaan dokter toe deur Ray Kluun[ Bespreek nou ] Fiksie - Romans Publikasie datum: 2010/10 R199.95
Stijn en Carmen het alles - hulle is jonk, ryk, mooi, vervuld in loopbaan en liefde en het ‘n pragtige jong dogtertjie. As yuppies in kosmopolitiese Amsterdam is die wêreld hul speelplek. Dan kry Carmen kanker. Terwyl sy optimisties die chemoterapie en bestraling ondergaan, ontvlug Stijn deur affairs en partytjies. Maar net om ook te staan te kom voor die finale eise van die lewe en die liefde. ’n Vrou gaan na die dokter is ’n mokerhou. [Meer inligting...]
|
| |

| | Tou deur Piet Steyn[ Bespreek nou ] Fiksie - Romans Publikasie datum: 2010/10 R195.00
Meer en meer van dié grutonele word ontdek, in ’n populierbos op die Vrystaatse platteland, in ’n vervalle huis in ’n Johannesburgse voorstad, dan in ’n skuur op ’n kleinhoewe naby Pretoria: lyke wat aan die nek van ’n tak of ’n dakbalk hang, ooglopend wreedaardig tereggestel. En elke keer is daar op die tereggesteldes se bors ’n lys oortredings met daarby die embleem van ’n organisasie wat homself Kerk onder die Kruis noem. [Meer inligting...]
|
| |

| | Sonbesie deur Morné Malan[ Bespreek nou ] Fiksie - Romans Publikasie datum: 2010/10 R149.95
Katrien Wilson soek ’n storie. ’n Régte storie, met ’n bietjie glitz ook, waaroor sy vir die Londense reistydskrif Horizons kan skryf. Maar haar redakteur laat haar net die vervelige aanlynrubriek doen. Dan tel Katrien ná ’n lelike blaps die redakteur se uitnodiging na die bekendstelling van ’n nuwe vyfster-lodge op. Skielik is sy, as haar laaste kans by Horizons, op pad Bosveld toe! , [Meer inligting...]
|
| |

| | Dwaalpoort deur Alexander Strachan[ Bespreek nou ] Fiksie - Romans Publikasie datum: 2010/10 R195.00
Pryswenner
Dwaalpoort is ’n ou KwaZulu-Natalse familieplaas, geslagte reeds bekend om sy veekuddes, osse wat jaar na jaar rekordpryse op vendusies behaal. Maar ook om sy sonderlinge wit hartbeeste, ’n trop wat reeds aan dié wêreld se vroegste inwoners bekend was. Rentia het Dwaalpoort van haar pa geërf, en die plaas word nou deur haar man, Henning, bestuur. Ook op die plaas is die wildvanger en oudsoldaat Bullet. Hy was Rentia se pa se regterhand en voorheen haar minnaar. [Meer inligting...]
|
| |

| | Persomi deur Irma Joubert[ Bespreek nou ] Fiksie - Romans Publikasie datum: 2010/10 R190.00
Boelie is Mister Fourie se oudste seun en erfgenaam; Pérsomi is die bywonerskind. Maar Pérsomi is slim, waarskynlik te danke aan haar onbekende biologiese pa. ’n Baie spesiale vriendskap ontwikkel tussen Boelie en Pérsomi, maar iets hou Pérsomi terug - waarom kan sy nie met oorgawe liefhê nie? [Meer inligting...]
|
| |

| | Spoor deur Deon Meyer[ Bespreek nou ] Fiksie - Romans Publikasie datum: 2010/10 R215.00
Op ’n verlate grondpad in Limpopo druk hulle die reuse Smith & Wesson Model 500 teen Lemmer die lyfwag se kop en vra: 'Waar is dit?' Hy weet nie. Hulle belieg en bedrieg hom, steel sy Glock, die een met sy vingerafdrukke daarop. Hulle ken hom nie; hulle gaan betaal. Hulle gaan ’n spoor trap wat wyd sal loop: ’n Bloedspoor deur die eerste dossier van Mat Joubert, deesdae privaat ondersoeker, wat moet soek na Danie Flint, ’n 'goeie man' wat reg langs die Table View-polisiestasie verdwyn het. [Meer inligting...]
|
| |

| | Op reis met ’n hond deur Anna Kemp[ Bespreek nou ] Fiksie - Kortverhale Publikasie datum: 2010/10 R155.00
’n Interessante en gesaghebbende nuwe vertellerstem. Die vertellings in hierdie debuutbundel speel op mekaar in en ontgin op onderbeklemtoonde wyse en in ’n elegiese toonaard temas soos verlies, die verlede, geweld, vervreemding, skuld, die rol van kuns, die spanning tussen die Europese en Afrika-bewussyn.
[Meer inligting...]
|
| |

| | Samoersareis deur C. Johan Bakkes[ Bespreek nou ] Fiksie - Kortverhale Publikasie datum: 2010/10 R160.00
"Die wêreld is te groot vir een leeftyd. Tyd en lewe het my geleer dat hoe jy ook al probeer, die donner weet, jy kan nie regtig alles wat jy wÃl doen, inpas nie." Maar dit beteken nie jy kan nie probeer nie! Johan Bakkes kies altyd maar die smalle weë, dáár waar min ander dit nog gewaag het. Soos die berg Stok Kangri in Indië, al 6 200 meter daarvan. Maar Samoe(r)sareis gee ons nie net insae in Bakkes se Indiese ekskursie nie. [Meer inligting...]
|
| |

| | Ena Murray Omnibus 27 deur Ena Murray[ Bespreek nou ] Fiksie - Liefdesromans Publikasie datum: 2010/10 R185.00
’n Heerlike verrassing – vier omnibusverhale in plaas van drie!
So leeg die moederhart is die aangrypende verhaal van Heilna Serfontein se meedoënlose soektog na haar seun . . . en as vrou ontdek sy boonop vir die eerste keer wat ware liefde is.
Op pad na Kanaän is ’n diep geestelike verhaal van vreemdelinge wie se lewens onlosmaaklik ineengestrengel raak op Môrestond, ’n plek waarheen mense gaan om weer sin in hul bestaan te vind.
[Meer inligting...]
|
| |



| | Anderkant die morester deur Anna Penzhorn[ Bespreek nou ] Fiksie - Liefdesromans Publikasie datum: 2010/10 R150.00
Bronwyn Charalambous vermoed Gideon Neethling is nie ’n gewone vakansieganger op Mgowenibaai nie, maar ’n man met ’n verskuilde agenda. Sy vermy hom sover moontlik. Maar dan verander sy diep, donker geheim – dat hulle as babas in die kraaminrigting omgeruil is – haar lewe onomkeerbaar. Hy wis haar verlede uit, gooi haar hede omver en laat haar toekomsloos. Terselfdertyd is hy al een wat haar dilemma verstaan. [Meer inligting...]
|
| |

| | Ligloop deur Tom Gouws[ Bespreek nou ] Fiksie - Poësie Publikasie datum: 2010/10 R145.00
Tom Gouws se vierde bundel bestaan uit vier afdelings: "delftse doek"; "tentatief"; "kroniek van elia in afrika" en "jerusalemgangers revisited". In "delftse doek" val die fokus op die Delftse skilder Vermeer se werke. Christenskap, die "tentatiewe" aard van die liggaamlike en die Christen en Afrikaner se rol in Afrika vorm verdere deurlopende motiewe in die bundel. Die styl is kenmerkend Gouws s’n. [Meer inligting...]
|
| |

| | Tydbom deur Johan Marais[ Bespreek nou ] Nie-fiksie - Biografie & Outobiografie Publikasie datum: 2010/10 R180.00
Op 16 verlaat Johan Marais die skool om by die polisie aan te sluit. Op ’n vroeë ouderdom word hy reeds blootgestel aan geweld, lyke en ’n rits polisievergrype. Maar as avontuurlustige jong man sluit hy in die laat sewentigerjare by Koevoet aan op soek na meer aksie. By halssnoermoorde en faksiegeweld is sý eenheid eerste op die toneel. Hy is ’n ooggetuie van verskeie voorvalle van polisiebrutaliteit. [Meer inligting...]
|
| |

| | Janie du Plessis deur Martie Retief-Meiring[ Bespreek nou ] Nie-fiksie - Biografie & Outobiografie Publikasie datum: 2010/10 R160.00
In hierdie aangrypende, intieme biografie deel Janie met die leser grepe uit haar komplekse huwelik, haar man se dwelmverslawing, haar stryd met kanker en finansiële probleme. Die B-klas kind wat geglo het dat sy alles sou moes uithaal om eerste te kom, sou as ’n jong vrou weer alles sou moes uithaal om te oorleef.
[Meer inligting...]
|
| |

| |