Aanhaling van die oomblik!
Fiksie
Nie-fiksie
Kinders
Leermiddels
Christelik
Legkaarte
Dagboeke
Kalenders




Besoekers: 2344859


Klik vir meer inligting
Skakerings van blou deur Karen Kingsbury[ Uit druk uit ]
Christelik - Fiksie
Publikasie datum: 2010/07
R129.95


Skakerings van blou is nog ’n trefferverhaal van die gewilde Karen Kingsbury waarin sy haar lesers laat deel in haar karakters se lief en leed, in hulle verkeerde keuses en die gevolge daarvan, maar ook in hulle oorwinnings en heling. Jy sal hierdie boeiende boek nie kan neersit voordat jy die laaste ladsy gelees het nie.

[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Om te onthou Vernuwing 2 deur Karen Kingsbury , Gary Smalley, Vernuwing reeks
Christelik - Fiksie
Publikasie datum: 2010/06
R119.95


Sy het haar hart gesluit vir liefde omdat sy oortuig is niemand, insluitende God, kan haar liefhê nie. Vier onwaarskynlike mense – Alzheimer-pasiente – dring onbewustelik tot haar deur en help haar om te onthou.
Dan gebeur die tragedie van 11 September, wat elkeen in die Baxter-familie se lewe vir ewig verander. Hulle word gelei om die belangrike dinge in die lewe te onthou en besluite te neem wat hartverskeurend en hoopvol is.


[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Wanneer vreugde kom deur Karen Kingsbury
Christelik - Fiksie
Publikasie datum: 2010/06
R119.95


Maggie Stovall is vasgevang in ’n persoon wat sy jare geneem het om te slyp. Die waarheid oor wie sy is
– en wat sy gedoen het – is op die punt om bekend te word. Dit stuur Maggie in ’n afwaartse spiraal van wanhoop.
Gaan Maggie in haar desperate behoefte om weg te kom van die mantel van depressie wat dreig om haar te omvou van haar tien jaar lange huwelik en haar verantwoordelikheid as pleegouer wegstap?

[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Tuiskoms Vernuwing 3 deur Karen Kingsbury
Christelik - Fiksie
Publikasie datum: 2010/06
R119.95


Luke, die Baxters se trots en enigste seun, het sy rug gekeer op alles wat voorheen vir hom saak gemaak het: sy geloof, sy familie en sy geliefde Reagan.||Reagan is op die punt om geboorte te gee aan haar kind, maar Luke is nog onbewus van sy vaderskap. Hierdie verlore seun besef nie dat die geheim wat uit sy verlede na vore gaan kom sy lewe, soos hy dit ken, vir altyd gaan verander nie.
[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Karen Kingsbury omnibus deur Karen Kingsbury
Christelik - Fiksie
Publikasie datum: 2010/06
R179.95


Waar die verlede leef
Halfpad na vir ewig

[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Vir ewig Eersgeborene 5 deur Karen Kingsbury, Eersgeborene reeks
Christelik - Fiksie
Publikasie datum: 2010/06
R119.95   R59.95      Spaar R60.00!


Katy Hart is baie opgewonde oor haar toekoms saam met Hollywood se Dayne Matthews. Maar soos die trouplanne vorder, ontvang sy slegte nuus. Dit dwing haar en die Baxter-familie om na Los Angeles te gaan en te besin oor wat hulle te doen staan.
[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Om vry te wees Vernuwing 1 deur Karen Kingsbury, Gary Smalley, Vernuwing reeks
Christelik - Fiksie
Publikasie datum: 2010/06
R119.95


Wanneer Kari Baxter Jacobs ontdek dat haar man, Tim, ’n gerespekteerde professor in joernalistiek, ’n buite-egtelike verhouding het met een van sy studente en ’n egskeiding wil hê, is sy woedend, seergemaak en verward. Sy keer terug na haar ouerhuis om dinge uit te sorteer.


[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Sononder - Dagbreek 4 deur Karen Kingsbury , Dagbreek reeks
Christelik - Fiksie
Publikasie datum: 2010/02
R119.95


In die laaste boek van die Dagbreek-reeks kom die Baxters voor ’n nuwe begin te staan.
Met die eise van die lewe in Hollywood agter Dayne en Katy Matthews sien hulle uit na ’n nuwe hoofstuk om met ’n gesin te begin in Bloomington. Terselfdertyd is die personeel by CKT besig om alles gereed te kry vir die eerste produksie in Dayne en Katy se teater.

[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Wonderwerke deur Karen Kingsbury
Christelik - Christelike leefwyse
Publikasie datum: 2009/12
R119.95


Wonderwerke is saamgestel uit vyf van Karen Kingsbury se gewildste boeke en verskaf elke week aan lesers ’n nuwe woord van God. Elke stukkie is ’n uittreksel uit een van Karen se Miracle-boeke en is gekies omdat dit ’n boodskap van in­spirasie bevat. Die Miracle-reeks is uiters gewild onder lesers en sal be­staande Karen Kingsbury aanhangers sowel as nuwe lesers inspireer en bemoedig.


[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Take 2 - Agter die skerms 2 deur Karen Kingsbury, Agter die skerms reeks
Christelik - Fiksie
Publikasie datum: 2009/11
R139.95


Take Two is Karen Kingsbury se tweede meesleurende boek in die Agter die skerms-reeks. Die twee onafhanklike rolprentvervaardigers, Chase Ryan en Keith Ellison, volg steeds hulle droom om in Hollywood rolprente te maak wat die wêreld sal verander.
Beleef ook saam met die vier studente Bailey, Tim, Andi en Cody al die keuses wat hulle moet maak en die versoekings wat hulle moet hanteer.

[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Eendag - Dagbreek 3 deur Karen Kingsbury, Dagbreek reeks
Christelik - Fiksie
Publikasie datum: 2009/10
R119.95


Die lewe in die kollig druk swaar op Dayne en Katy Matthews se huwelik, veral wanneer hulle op verskillende kontinente aan rolprente begin werk. Dan gebeur daar iets wat Dayne laat besef hulle kan alles verloor waarvoor hulle so hard gewerk het as hulle nie iets drasties doen nie.
Die Flanigan-gesin is baie hartseer oor die verlies van die Christen-kinderteater en wend ’n laaste poging aan om te keer dat dit gesloop word.

[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Take 1 - Agter die skerms 1 deur Karen Kingsbury , Agter die skerms reeks
Christelik - Christelike leefwyse
Publikasie datum: 2009/07
R139.95


Twee onbekende rolprentvervaardigers het ’n stryd om hulle droom te verwesenlik: Hulle wil deur ’n kragtige medium soos die rolprent mense se lewens verander. Nadat beleggers miljoene dollar in die projek bele het, begin alles uitmekaarval. Dit lyk of hulle 'n taak aangepak het wat ver bo hulle vuurmaakplek is.
[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Die kant van die hemel deur Karen Kingsbury
Christelik - Fiksie
Publikasie datum: 2009/05
R119.95


Annie Warren wou nog altyd net die beste gehad het vir haar seun Josh. Mislukkings en verkeerde keuses aan Josh se kant het egter verwydering tussen ma en seun veroorsaak. Sedert Josh raakgery is deur ’n dronkbestuurder, is hy medies ongeskik en nou wag hy sy lewe om vir die geld wat die versekeringsmaatskappy aan hom moet uitbetaal.


[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Somer Dagbreek 2 deur Karen Kingsbury, Dagbreek reeks[ Uit druk uit ]
Christelik - Fiksie
Publikasie datum: 2009/02
R119.95


Pasgetroude Dayne en Katy se huwelik verkeer onder geweldige druk. Dan hoor die Baxters hartverskeurende nuus wat maak dat hulle voor n baie moeilike keuse te staan kom. Sal hulle die krag he om God in hierdie baie moeilike seisoen te vertrou?


[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Tyd om lief te hê deur Karen Kingsbury
Christelik - Fiksie
Publikasie datum: 2008/12
R119.95


Na een-en-twintig jaar se getroude lewe en amper -egskeiding, is John en Abby Reynolds weer bymekaar en gelukkiger as ooit. Hulle is oortuig dat hulle al die uitdagings wat hulle in die gesig staar - hul kinders se probleme en die politiek rondom John as voetbal-afrigter - kan hanteer. Maar dan gebeur die ondenkbare wanneer motorongeluk hul lewens onderstebo keer ...



[Meer inligting...]



 1  |  2  |  3  | >>

( 33 resultate )
'n Produk van CEIT Development cc