Aanhaling van die oomblik!
Fiksie
Nie-fiksie
Kinders
Leermiddels
Christelik
Legkaarte
Dagboeke
Kalenders




Besoekers: 2344859


Klik vir meer inligting
Lipstiek lewe deur Kristel Loots
Fiksie - Liefdesromans
Publikasie datum: 2010/07
Uitgewer prys - R149.95      Graffiti prys - R134.95

 Top verkoper (8)      

Op haar een-en-dertigste verjaarsdag besluit Roxy: van nou af wil sy ’n lipstiek-lewe hê, ’n roekelose skelrooi lipstiek-lewe. Want een-en-dertig is die eerste tree ondertoe. Van hier af is dit al die pad afdraand.

Só ’n lewe behoort nie ’n probleem te wees nie; almal dink in elk geval sy is “flirty” en uitgesproke – grotendeels weens haar blog wat sy onder die skuilnaam Jessica Rabbit skryf.

[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Sjokoladesoene deur Kristel Loots
Fiksie - Liefdesromans
Publikasie datum: 2010/06
R150.00


GETEKEN DEUR DIE SKRYWER.

Jessie Jansen het ’n lyf wat vir niks skrik nie, maar deesdae het sy die selfbeeld van ’n verwelkte blom in ’n vullisdrom.

Gelukkig sit haar kurwes op die regte plekke danksy goeie gene, want sy is verslaaf aan sjokolade en dit word al hoe erger. Haar man het haar immers vir ’n jonger dolla gelos en sjokolade is troos vir die siel.

[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Ek en jy deur Kristel Loots
Fiksie - Liefdesromans
Publikasie datum: 2010/01
R99.95


'n Perfekte paartjie
Losbol se moses.

[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Voorskrif vir die hart deur Kristel Loots
Fiksie - Liefdesromans
Publikasie datum: 2009/04
R87.95


Dokter Zoely du Toit kan nie wág om op die platteland te gaan locum nie; sy wil gaan wegkruip totdat die stof rondom haar gaan lê het. Ná die Foucom-skandaal is haar gesig maar net té bekend in Johannesburg se sosiale kringe. Op Arendsnes, so hoop sy, sal haar verlede haar nie inhaal nie. In elk geval nie dádelik nie.

[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Aspoesterskoene deur Kristel Loots
Fiksie - Liefdesromans
Publikasie datum: 2009/04
R150.00


GETEKEN DEUR DIE SKRYWER.

Met haar wankelende selfvertroue en versmorende skuldgevoelens moet Sarah Marius Malan met hulle reünie op Doringbaai weer in die oë kyk. Sý het hom destyds byna vernietig met die bespiegelinge wat sy ná Gertruida se dood aangeblaas het.


[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Dokter van harte deur Kristel Loots[ Uit druk uit ]
Fiksie - Liefdesromans
Publikasie datum: 2008/06
R87.95


Jenna Joubert wíl nie deur dokter Luca de Wet, befaamde kardioloog van die Kaap, ondersoek of behandel word nie. Sy kan hom die moeite spaar. “My hart,” sou sy vir hom kon sê as hy haar wil vra, “is gebreek. Hou jou daaruit as jy weet wat goed is vir jou.”
[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Muurblom deur Kristel Loots[ Uit druk uit ]
Christelik - Fiksie
Publikasie datum: 2008/06
R119.95


Ek is nou ’n bevryde vrou, besluit Karli waar sy op die sypaadjie voor die Gerber Hotel staan. Hier in die stad waar sy soek na avontuur, na opwinding, na iemand wat haar van haar voete af sal vry. Vry, ja. Vry! Sy gebruik nou self die woord. Skaamteloos!

Wat Karli wil hê, is ’n man, een wat haar volronde lyf styf kan vashou.



[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Agterstevoorliefde deur Kristel Loots
Fiksie - Liefdesromans
Publikasie datum: 2008/04
R89.95


Omdat Adriana Kruger se suster, Jenna, tevergeefs probeer swanger raak, vra sy en haar man, Danté, vir Adriana of sy kans sien vir surrogaatmoederskap. Adriana is aanvanklik teësinnig, maar willig sy tog in. Maar toe Adriana eers swanger is met haar suster en swaer se kind, kom daar 'n verdere kinkel in die kabel: Jenna en Danté wil skei!

[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Dubbele geluk vir Bibbi deur Kristel Loots[ Uit druk uit ]
Fiksie - Liefdesromans
Publikasie datum: 2007
R90.00


Bibbi is oënskynlik dolgelukkig - nie net is sy beeldskoon nie, maar sy bereik ook hoë hoogtes as binneversierder. Niemand weet egter hoe weerloos sy in werklikheid is nie - veral waar dit Daniël, haar baas, aangaan, en 'n gebeurtenis uit haar verlede wat hulle hele gesin uitmekaar geruk het...

[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Kanniedood Liefde deur Kristel Loots[ Uit druk uit ]
Fiksie - Liefdesromans
Publikasie datum: 2007
R75.00


Op Kurt se gasteplaas vir ou hippies wil Jackie nie wees nie. Sy moet ’n artikel oor hulle skryf … toe stap Kurt reg in haar hart in. En sy wéét van die albatros om sy nek.

[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Blyspel van liefde deur Kristel Loots[ Uit druk uit ]
Fiksie - Liefdesromans
Publikasie datum: 2007
R75.00


Voor John-John Malherbe gaan Bodi aan ’t huil. Oor oorlede Tobias, glo John-John, ’n ou wat Bodi glad nie onthou nie. Hy troos haar. Ook in Londen. En Bodi moet net keer, vir haar geheim, én haar hart.

[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Kiki se kroonprins deur Kristel Loots[ Uit druk uit ]
Fiksie - Liefdesromans
Publikasie datum: 2006/04
R85.00


Kiki Nolte is ’n jornalis wat die twyfelagtige voorreg het om met seker dié rykste, aantreklikste en beroemdse vrygesel in die land, ’n onderhoud te gaan voer...


[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Perfekte paartjie deur Kristel Loots[ Uit druk uit ]
Fiksie - Liefdesromans
Publikasie datum: 2006/04
R75.00


Philip Marais is elke vrou se droom, maar geld kom eerste in sy lewe. Wanneer Nandi hom die eerste keer sedert hul egskeiding weer sien, ontdek sy met 'n skok dat sy hom nog liefhet.


[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Holte vir haar hart deur Kristel Loots[ Uit druk uit ]
Fiksie - Liefdesromans
Publikasie datum: 2006/03
R90.00


Zerania moet weer die flardes van haar lewe optel en ’n nuwe begin maak. Sy sou haarself egter nooit kon voorstel as die pleegmoeder van ses wesies nie, en nog minder as ’n karakter in ’n gewilde sepiereeks! En dan is daar die gevaarlik aantreklike Arend, eks-man van vele vroue…


[Meer inligting...]



Klik vir meer inligting
Die losbol se moses deur Kristel Loots[ Uit druk uit ]
Fiksie - Liefdesromans
Publikasie datum: 2006/01
R75.00


Kyla vlug van haar skandes Kanada toe. In die toegesneeude dorpie wag dokter Zander de Villiers. Hy oorrompel haar, speel met haar … Sy wéét hy’s ’n veroweraar, ’n wolf. Maar haar hart lúister nie.


[Meer inligting...]



 1  |  2  | >>

( 19 resultate )
'n Produk van CEIT Development cc