Afslag slegs op aanlynbestellings

Die Groot Ontbyt Boeke

Results 1 to 15 of 24
Gesorteer volgens:  Datum van uitsending
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780795801655

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 260
R 208Jy spaar R 52
Laat jou terugvoer na die jare van inbly-naweke, studentepret, huis-toe-verlang en troospakkies beskuit onder die enkelbed.
Koshuis, saamgestel deur Erns Grundling van Elders-faam, bevat heerlike lekkerlees-vertellings, komies, verspot én roerend, oor die koshuislewe - op skool én universiteit, selfs oorsee - deur 'n verskeidenheid bydraers, insluitend reisskrywer Dana Snyman, geliefde Weg!-joernalis en -aanbieder Toast Coetzer, akteur en komediant Schalk Bezuidenhout, Huisgenoot-redakteur Yvonne Beyers, oudredakteur van Die Burger Bun Booyens, bekroonde romansiers Harry Kalmer en Kerneels Breytenbach, skrywers en joernaliste soos Celesté Fritze, Theunis Strydom, Leroux Schoeman, Marnus Hattingh en Pieter van Zyl, en vele meer.

Skink 'n koppie koffie, onthou weer die liedjie wat gespeel het toe jy by jou eerste huisdans gesoen is, en laat die jare terugrol!
Publikasiedatum: 2019-03-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799384819

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 265
R 212Jy spaar R 53
Die oorlewingstog van 'n dapper vrou
“ ʼn Kale vlakte waar my regterbors eens was. Ek maak my oë toe en laat my brein toe om te proe aan hierdie monumentale ding. Kanker schmanker, besluit ek. Ek is nog net soveel vrou soos voor die operasie. My vroulikheid het toe al die tyd nie in my bors gesit nie. Dit sit in my kop, in my hart, in daardie onmeetbare, onaantasbare iets wat die gees genoem word.”
In hierdie aangrypende boek deel die bekende spanningsverhaalskrywer Madelein Rust die intiemste besonderhede van haar reis met borskanker. Dit is ʼn brutaal eerlike vertelling wat haar belewenis van die siekte met patos en humor uitbeeld. Lesers verkry ʼn eiesoortige blik op die fisieke ervarings van borskankerstryders sowel as die ewig veranderende binnewêreld van dié wat teen die siekte veg.
Kanker schmanker! rus borskankerstryders toe met inligting wat nie altyd geredelik beskikbaar is nie en help hul geliefdes om die reis met kanker beter te verstaan. Dit is ʼn boek van hoop en triomf wat die leser hardop laat huil en laat lag. Dis 'n verhaal vir elkeen van ons wat ʼn stryd van enige aard stry.
Publikasiedatum: 2019-03-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799391756

Kinders: Kleuters

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Kleuters
R 140
R 112Jy spaar R 28
Neem groot treë met alledaagse dinge in hierdie prettige reeks vir kleuters!
Hierdie reeks boekies is ontwerp met die doel om ouers en hul kleuters te help om nuwe ervaringe en alledaagse dinge soos slaaptyd, kleuterskool, doktersbesoeke en goeie maniere op 'n lekker manier onder die knie te kry. Speel saam met al die flappies en meganismes!
Hierdie reeks bevat verskeie nuttige wenke vir ouers en versorgers wat saam met 'n vooraanstaande ontwikkelingsjare konsultant, Dr Amanda Gummer, ontwikkel is.
Daar is ses hoogs versamelbare titels in die reeks:
Ek wil nie slaap nie
Gaan saam met Ned deur sy slaaptydsroetine, al is hy glad nie slaperig nie. Hy en Mamma bêre saam sy speelgoed, bad, lees 'n storie en sing 'n liedjie!
Klaar met doeke
Hierdie twee kleuters is klaar met doeke! Beleef die proses saam met hulle.
Ek gaan kleuterskool toe
Bennie is baie hartseer toe Pappa hom by die kleuterskool aflaai - maar kort voor lank is hy besig om maatjies te maak en allerhande dinge te doen! Voor hy sy oë kan uitvee is Pappa al terug.
Ons kry 'n baba
Nancy kry 'n bababoetie! Oupa en Ouma kom bly by haar terwyl Mamma en Pappa hospitaal toe gaan. Verwelkom saam met Nancy die splinternuwe baba in die familie!
Ons gaan dokter toe
Billy en Nell is op pad dokter toe. Lees saam hoe hulle ondersoek word en elkeen 'n inspuiting kry!
Kan jy asseblief sê?
Tom en Nancy speel te lekker saam, en leer hoe om te deel en goeie maniere te hê.
Publikasiedatum: 2019-02-28
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799391770

9780799391800

9780799391763

Kinders: Kleuters

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Kleuters
R 140
R 112Jy spaar R 28
Neem groot treë met alledaagse dinge in hierdie prettige reeks vir kleuters! Hierdie reeks boekies is ontwerp met die doel om ouers en hul kleuters te help om nuwe ervaringe en alledaagse dinge soos slaaptyd, kleuterskool, doktersbesoeke en goeie maniere op 'n lekker manier onder die knie te kry. Speel saam met al die flappies en meganismes! Hierdie reeks bevat verskeie nuttige wenke vir ouers en versorgers wat saam met 'n vooraanstaande ontwikkelingsjare konsultant, Dr Amanda Gummer, ontwikkel is. Daar is ses hoogs versamelbare titels in die reeks: Ek wil nie slaap nie Gaan saam met Ned deur sy slaaptydsroetine, al is hy glad nie slaperig nie. Hy en Mamma bêre saam sy speelgoed, bad, lees 'n storie en sing 'n liedjie! Klaar met doeke Hierdie twee kleuters is klaar met doeke! Beleef die proses saam met hulle. Ek gaan kleuterskool toe Bennie is baie hartseer toe Pappa hom by die kleuterskool aflaai - maar kort voor lank is hy besig om maatjies te maak en allerhande dinge te doen! Voor hy sy oë kan uitvee is Pappa al terug. Ons kry 'n baba Nancy kry 'n bababoetie! Oupa en Ouma kom bly by haar terwyl Mamma en Pappa hospitaal toe gaan. Verwelkom saam met Nancy die splinternuwe baba in die familie! Ons gaan dokter toe Billy en Nell is op pad dokter toe. Lees saam hoe hulle ondersoek word en elkeen 'n inspuiting kry! Kan jy asseblief sê? Tom en Nancy speel te lekker saam, en leer hoe om te deel en goeie maniere te hê.
Publikasiedatum: 2019-02-28
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799391794

Kinders: Kleuters

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Kleuters
R 140
R 112Jy spaar R 28
Neem groot treë met alledaagse dinge in hierdie prettige reeks vir kleuters!
Hierdie reeks boekies is ontwerp met die doel om ouers en hul kleuters te help om nuwe ervaringe en alledaagse dinge soos slaaptyd, kleuterskool, doktersbesoeke en goeie maniere op 'n lekker manier onder die knie te kry. Speel saam met al die flappies en meganismes!
Hierdie reeks bevat verskeie nuttige wenke vir ouers en versorgers wat saam met 'n vooraanstaande ontwikkelingsjare konsultant, Dr Amanda Gummer, ontwikkel is.
Daar is ses hoogs versamelbare titels in die reeks:
Ek wil nie slaap nie
Gaan saam met Ned deur sy slaaptydsroetine, al is hy glad nie slaperig nie. Hy en Mamma bêre saam sy speelgoed, bad, lees 'n storie en sing 'n liedjie!
Klaar met doeke
Hierdie twee kleuters is klaar met doeke! Beleef die proses saam met hulle.
Ek gaan kleuterskool toe
Bennie is baie hartseer toe Pappa hom by die kleuterskool aflaai - maar kort voor lank is hy besig om maatjies te maak en allerhande dinge te doen! Voor hy sy oë kan uitvee is Pappa al terug.
Ons kry 'n baba
Nancy kry 'n bababoetie! Oupa en Ouma kom bly by haar terwyl Mamma en Pappa hospitaal toe gaan. Verwelkom saam met Nancy die splinternuwe baba in die familie!
Ons gaan dokter toe
Billy en Nell is op pad dokter toe. Lees saam hoe hulle ondersoek word en elkeen 'n inspuiting kry!
Kan jy asseblief sê?
Tom en Nancy speel te lekker saam, en leer hoe om te deel en goeie maniere te hê.
Publikasiedatum: 2019-02-28
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799391787

9780796321756

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 200
R 160Jy spaar R 40
Elise se eens briljante man begin vreemd optree. Die bevinding: Alzheimer se siekte. Hy vra haar, in 'n oomblik van helderheid, om by hom te bly tot aan die einde. En Elise doen dit, met toewyding en met liefde. Hierdie ware verhaal is vol deernis: vir Elise se man, vir elkeen met alzheimersiekte, en vir dié wat hulle liefhet. Sy gee ook praktiese raad aan versorgers en stippel die tekens uit waarna 'n mens moet oplet.
Publikasiedatum: 2019-03-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799393583

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 160
R 128Jy spaar R 32
Vars, snaaks, speels - liefdesverhale vir alle generasies. Agt (8) lekkerlees-verhale wat Ma, Ouma, Tannie en Dogter kan deel - sonder om te bloos!
Hierdie omnibus is 'n samestelling van agt RomanzaLiefde-novelles: Soos hout en konfetti, Net in stories, Gelukkige nommer 13, Kersie bo-op, Net drie woorde, Kakie, stewels en liefde, Net ons twee en Om haar pinkie.
Soos hout en konfetti - Jacolet van den Berg
Max is banger vir vroue en trou as die duiwel vir 'n slypsteen. Maar sy hart werk oortyd as hy Sandra Sinclair sien. Sy maak hom ongemaklik, want hy weet: Sy mag dalk net sy ondergang beteken.
Net in stories - Rika Cloete
Altyd die strooimeisie, nooit die bruid nie. Di­t is Maddie Schoeman. Totdat sy een keer opkyk in 'n strooijonker, Wynand Raath, se mooi oë. Skielik is liefde nie net vir storieboeke bedoel nie, maar ook vir haar.
Gelukkige nommer 13 - Corné La Camera (debuutskrywer)
Hoeveel mislukte afsprake neem dit voor jy meneer perfek ontmoet? Na twaalf wou Renate 'n ferm streep trek, want die opsies van 'n spiertier tot 'n IT-nerd is maar yl. Maar dalk is dertien haar gelukkige nommer?
Kersie bo-op - Bernette Bergenthuin
Marcelle se lieflingtante skryf haar in om deel te neem aan die werklikheidsprogram Baas-van-die-plaas. Eers is sy woedend, maar nadat sy Basjan Rademan ontmoet het, moet sy erken dat haar tante dalk van beter weet.
Net drie woorde - Nadia de Bruin (debuutskrywer)
Janne wen rugbykaartjies oor die radio en gaan later die aand van die Springbokspelers in hul losie ontmoet. Haar hart maak wilde draaie toe Arend, een van haar ou skoolvriende onder die groep rugbyspelers is.
Kakie, stewels en liefde - Lizelle von Wielligh (debuutskrywer, het later 'n Romanza gepubliseer)
Craig hou nie van mooi vroue nie, Lauren vertrou nie mans wat van mooi vroue hou nie. Hulle behoort pasmaats te wees, maar onwelkome gevoelens hou hulle uitmekaar. Sal hulle ooit besef dis liefdesvonke, nie irritasie nie?
Net ons twee - Petronel Louw
Een kopverlooroomblik en Rozelle en Francois se verhouding verander vir ewig. Skielik is hy nie meer haar broer se beste vriend en haar 'ander ouboet' nie, maar die man wat die vlinders in haar maag energie gee om amok te maak.
Om haar pinkie - Didi Potgieter
Willem loop draaie om Melissa nadat hulle 'n soen gedeel het, want hy kan homself nie rondom haar vertrou nie. Wat is dit aan dié pragtige brunet wat so met hom toor? Waarom kan sy hom moeiteloos om haar pinkie draai?

Strooisuikerliefde is deel van die uitbreiding van die Romanza-handelsmerk. Die novelles het as e-boeke onder die RomanzaLiefde-vaandel verskyn en was nie voorheen gedruk nie.
Publikasiedatum: 2019-02-26
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920679897

Kinders: Versamelbundels

Kinders  -  Versamelbundels
R 90
R 72Jy spaar R 18
Ontmoet beminlike hondjies in hierdie spelerige 5 minute verhale.
Help vir Polly en Ben om te leer hoe om saam te werk, vind die ontsnapte skape samm met Sakkie die Skaaphond, maak nuwe vriende met Dolly en vele meer.
Met 5 opwindende stories sal hierdie versameling keer op keer geniet word.
Publikasiedatum: 2019-02-19
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920679910

Kinders: Versamelbundels

Kinders  -  Versamelbundels
R 90
R 72Jy spaar R 18
Sluit aan by 'n klomp beminlike ponies in hierdie fantastiese 5 minute verhale.
Daar is 'n vulletjie desperaat opsoek na avontuur, 'n dapper held wat die situasie red, 'n ponie wat skrikkerig is vir alles en soveel meer.
Met genotvolle stories en bekoorlike illustrasies is hierdie boekie die perfekte versameling vir storietyd.
Publikasiedatum: 2019-02-19
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920679934

Kinders: Versamelbundels

Kinders  -  Versamelbundels
R 90
R 72Jy spaar R 18
Maak storietyd toweragtig met hierdie versameling van 5 minute stories.
Ontmoet Bella en haar oulike baba-drakie, vlieg saam met Madeliefie tydens haar eerste vliegles, ontmoet 'n ondeunde eenhoring en nog vele meer.
Elke bladsy is besprinkel met verwondering en towerkuns.
Publikasiedatum: 2019-02-19
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920679903

Kinders: Versamelbundels

Kinders  -  Versamelbundels
R 90
R 72Jy spaar R 18
Deel in die wonderlike pret met hierdie perfekte skatkis van 5 minute katjie-stories.
Ontmoet Poeksie met al haar poetse, vind uit waar die skat begrawe is saam met Charlie en sluit aan by Bennie wat sy vrese moet oorkom en vele meer.
Met 5 bekoorlike stories en hope oulike katjies om te ontmoet sal klein kindertjies mal wees oor hierdie fantastiese boek.
Publikasiedatum: 2019-02-19
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920679880

Kinders: Versamelbundels

Kinders  -  Versamelbundels
R 90
R 72Jy spaar R 18
Geniet hope pret met hierdie versameling van 5 minute hasie-stories.
Sluit aan by Biffer en Bonny op hul hasie-avontuur, ontdek wat gebeur as 'n jakkals wat hasies jaag 'n groot verrassing kry, los die raaisel oor die verdynende wortels op en vele meer.
Sorg vir 'n gelag en glimlaggies tydens storietyd met die blaai van elke bladsy.
Publikasiedatum: 2019-02-19

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.