●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R450 in RSA ●●●

rooi rose

Results 1 to 6 of 6
Gesorteer volgens:  Tydskrif uitgawe
rooi rose
 
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776190119

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 240
R 216Jy spaar R 24
Nadat die ekonomie amper in duie stort, word die Suid-Afrikaanse regering gedwing om die land met 'n buitelandse rekenaarstelsel te regeer. Die rekenaarstelsel werk op kunsmatige intelligensie en reguleer feitlik elke aspek van mense se lewens. Selfs hofsake word deur 'n rekenaar behartig.

In hierdie distopiese wêreld is alles afhanklik van jou SOMSS-telling (System of Moral and Social Suitability). Dit bepaal waar jy mag woon, watter kos jy by People Eats mag bestel en hoe gereeld jy met People Move mag ry. Responsible Citizenship Learning, 'n verpligte SOMMS-module, leer jou die land se geskiedenis en wat dit verg om 'n goeie burger te wees.

Alleen Onder die Maan vertel die verhaal van Jaco, 'n 80-jarige individualis wat krities is oor hierdie totalitêre bestel, en sy seun, Pieter, wat as sy beroep rekenaarspeletjies toets en nie besef hoe die stelsel persoonlike vryheid bedreig nie.

Die boek het twee verhaallyne: Jaco se aangrypende herinneringe aan sy grootwordjare op 'n Vrystaatse plaas. Die tweede verhaallyn volg pa en seun op 'n laaste besoek aan die plaas buite Kroonstad in die huidige era waar alle plase gekonfiskeer en in megaplase omskep is en robotte en geoutomatiseerde voertuie al die werk doen.

In 'n roerende beskrywing, vertel Jaco hoe sy broers die maanlanding van 1969 op die plaas nagemaak het. Hy glo egter die tegnologiese ontwikkelinge wat op die maanlanding gevolg het, het die mens laat glo hy is god en het hierdie nuwe wêreld geskep.

Pieter is weer krities oor sy pa se generasie omdat hulle nooit opgestaan het teen apartheid nie, maar die ironie is dat hy nie besef hy leef in 'n ewe totalitêre wêreld nie.

Die verhaal tree nie net in gesprek met die Suid-Afrikaanse politiek nie, maar ook met die politiek van Afrikaans-wees.
Publikasiedatum: 2020-03-03
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781770106420

Fiction: Novels

Fiction  -  Novels
R 290
R 261Jy spaar R 29
South Africa - 1976 to 1994 A time of turbulence as the struggle against apartheid reaches its zenith, pushing South Africa to the brink. But for a one small boy in the leafy northern suburbs of Johannesburg ... his beloved housekeeper is serving fish fingers for lunch. This is the tale of Hamish Charles Sutherland Fraser - chorister, horse rider, schoolboy actor and, in his dreams, 1st XV rugby star and young ladies' delight. A boy who loves climbing trees in the spring and a girl named Reggie. An odd child growing up in a conflicted, scary, beautiful society. A young South African who hasn't learnt the rules.
Publikasiedatum: 2020-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799397970

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Elanie Bieldt
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 135
R 122Jy spaar R 13
Hoera vir heldhaftige honde
Lea se ma is 'n veearts en haar pa is 'n diereregte-aktivis en joernalis. Om diere te red, is in haar bloed!
Lea en haar maats, Nikita en Hazel, is kliphard besig om gereed te maak vir die skool se groot honderatsheidskompetisie. Daar is net een probleem: Hik, die hondjie wat Lea gered het, wil net nie die toertjies leer nie! En Lea se ma het gesê as Hik nie maniere leer nie, dan moet hulle hom opgee om aangeneem te word ...
Om dinge erger te maak, vind Lea-hulle uit dat daar 'n hondemeule is wat honde in aaklige omstandighede teel net vir wins.
Sy en haar maats moet iets doen om hulle te red voor dit te laat is.

Die eerste boek in die reeks is Lea lief skilpaaie: Avonture by die akwarium
Publikasiedatum: 2020-02-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799395969

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
R 153Jy spaar R 17
'n Seekaptein, 'n skattejag en spoke ...
Justin Fortuin het glad nie lus om die vakansie saam met sy ma by haar tannie Mary te kuier nie. En wat daarvan as tannie Mary in 'n geheimsinnige ou kasteel by die see bly? Hy het ander vakansieplanne gehad.
Maar tannie Mary maak Justin se dag toe sy vir hom 'n pratende papegaai present gee. Hy vind gou uit Kaptein Kraakbeen is nie sommer énige papegaai nie, en kort voor lank is hy reg in die middel van 'n opwindende avontuur vol raaisels en geheime.
Spook dit in Kasteel Boekanier?
Sal Justin en sy vriend Liam die ou skeepskaptein se skat kan vind voor twee skelms dit doen?

Plaaslik kan hierdie boek met Middernagfees deur Jaco Jacobs vergelyk word. Albei verhale bevat elemente van fantasie, en is vir lesers van 11+.
Internasionaal kan die boek met Eoin Colfer se Artemis Fowl-reeks vergelyk word. Dit is ook 'n avontuurreeks vir lesers van 11+.
Publikasiedatum: 2020-02-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799396126

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 250
R 225Jy spaar R 25
'n Versameling woorde oor die verleidelikste ding op aarde: Sjokolade
Die mensdom se emosionele verhouding met sjokolade is legendaries. Van suikersoet tot bittersoet, van donker tot melk - dié lekkerny bied ons oor al die eeue heen troos, terapie, hedonisme en loutere plesier. Sjokolade was nog altyd 'n simbool van belofte, versugting, verlange en sensualiteit.
In Soete sonde ondersoek bekende skrywers en nuwe stemme die tekstuur van sjokolade in al sy heerlike vorme - van lewensredder tot moordwapen. Daar's komedie, satire, sensasie, tragedie, die absurde en fantasie. Sommige stories daag jou uit, ander verskuif grense en baie laat jou tot in jou kiewe lekkerkry.
Die samesteller van die bundel is Lizz Meiring, aktrise, vervaardiger, skrywer en selferkende plesiervraat, hedonis en sjokolis. Van die bydraers tot hierdie bundle sluit in: Jak de Priester, Johann Smith, Gielie Hoffmann, Henque Heymans, Lizette Murray, ens.
Publikasiedatum: 2020-02-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781868429868

Nie-fiksie / Non-fiction: Musiek / Music

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Musiek / Music
R 250
R 225Jy spaar R 25
Rodney Trudgeon's Concert Notes is a collection of essays on famous classical, orchestral compositions. The pieces in this collection - short reflections on well-known classical compositions - have appeared in concert programmes that have accompanied performances by the Cape Town and Johannesburg Philharmonic Orchestras.

The author is a well-known radio host and presenter on Fine Music Radio. He is an expert on the range of musical genres that broadly fall under the category 'classical music'. The text that comprises Rodney Trudgeon's Concert Notes is structured alphabetically according to composer and gives a broad overview of the development of classical music, starting with the Baroque period and ending with modern, atonal music. Each piece is dedicated to a particular musical composition, describing its highlights, its history, and what makes it unique.

Broadly, the pieces are grouped together according to the following three broad categories: ouvertures, concertos, and symphonies, mimicking the structure of concert programmes. Each entry also includes a short biography of its composer. Trudgeon's style is easy to read and accessible to all readers: from those who listen to classical music regularly to those who are unfamiliar with it. Overall, this collection is a useful and informative musical guide, making a case for listening to orchestral music.
Publikasiedatum: 2020-01-25

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.