AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350

Nuwe vrystellings

Results 1 to 15 of 69
Gesorteer volgens:  Titel
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799396515

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 285
R 228Jy spaar R 57
Hoe oorleef 'n mens tragedie ná tragedie?
Neil Viljee vlug Australië toe ná ʼn tragedie, maar hy kom terug toe sy ma hom laat weet sy pa is terminaal siek: om afskeid te neem en sy ouers by te staan. Dis egter nie sy ma wat hom inwag nie. Hy tref sy pa, ʼn familievriendin en sy niggie se ontwrigte tienerdogter aan, want sy ma is onverwags dood aan ʼn hartaanval.
Neil besef dat hy in Australië net sy vroeëre rouproses uitgestel het, en die verlies aan sy ma dwing hom om die verwoestende gebeurtenis wat hom landuit laat vlug het in oënskou te neem. Karel probeer Neil help midde-in sy eie droefheid en fisieke agteruitgang. Millie skep orde terwyl sy ʼn besluit probeer neem oor haar huwelik wat in gevaar is. Charlie weet dat sy nie terug kan gaan na haar bedenklike huislike omstandighede nie, en sy probeer haar agterstallige skoolwerk inhaal en ʼn toekoms op haar eie karteer.
Elkeen verwerk die geliefde Lea se dood op ʼn eiesoortige manier. Innerlike konflik word na die oppervlak gedwing en geheime en waarhede word ontbloot. Hulle vorm ʼn unieke gesin, wat mekaar dwing tot selfondersoek, maar wat mekaar veral ondersteun en bystaan, en elkeen vind ʼn mate van vrede.
Hierdie is veral 'n storie oor die genesing van ou emosionele wonde. Die manlike hoofkarakters dryf die roman en gee insig in die manlike psige, terwyl die altyd teenwoordige kat in die skrywer se romans (byna soos in die Frans-Joodse kunstenaar Marc Chagall s'n) al sinoniem is met haar werk en al haar handelsmerk geword het.
'n Goeie jaar vir rose is Santie van der Merwe se sewende roman. Die laaste drie boeke wat dit voorafgegaan het, is: Ver in die wêreld Kittie, Die einde van die storie en Al wat oorbly.
Publikasiedatum: 2019-08-27
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796321213

Christelik / Christian: Christelike Leefwyse / Christian Living

Christelik / Christian  -  Christelike Leefwyse / Christian Living
R 195
R 156Jy spaar R 39
Mense wat in dankbaarheid leef, is gelukkiger, slaap beter, behou beter fokus en is selfs makliker om mee oor die weg te kom! Om
meer dankbaar te leef is seker iets waarna ons almal probeer streef. Francine Prins, redakteur van LiG, neem ons op 'n 100 dae
reis van dankbaarheid. Sy wys ons hoe ons elke dag dankbaar kan wees, waarvoor ons dankbaar kan wees en hoe om in dankbaarheid
te leef.
Publikasiedatum: 2019-07-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781868429721

Nie-fiksie / Non-fiction: Humor / Humour

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Humor / Humour
R 320
R 256Jy spaar R 64
Met sy fyn oog sien Fred Mouton álles raak. Sy vlymskerp spotprente lewer raakvat sosiale kommentaar en is al vir 50 jaar stapelvoedsel vir duisende Afrikaanse koerantlesers. 50 Jaar met Fred bevat meer as 400 van sy beste sketse en etse.
Die boek is as't ware 'n aaneenlopende strokiesprent van Suid- Afrika se wel en wee oor die afgelope vyf dekades - dit dek alles van groot politieke storms en sportdramas tot omstrede figure en huismoles.

In sy sketse wys Fred ook die alledaagse dinge wat mense raak. Die droogtes en die landreën, inflasie wat elke keer net-net voor die verbruiker by die petrolpomp opdaag, die Springbokke wat verloor en dan weer wen. Fred het tussendeur ook vir Landbouweekblad, Huisgenoot, Weg! en dosyne ander publikasies geteken. Sy humor is kurkdroog, sy sketse komies - en soms ontstellend, maar altyd só bekend.
Publikasiedatum: 2019-09-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799395587

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76Jy spaar R 19
Sekere beloftes hou lewenslank ... As gevolg van ʼn verlede van seermaak, hardloop Abby weg wanneer ʼn verhouding te ernstig raak. Dus eindig sy haar verhouding met James; maar James sien egter nie die verhouding as werklik op ʼn einde nie en sal alles in sy vermoë doen om haar terug te wen. In die tussentyd, koop Abby ʼn stuk grond wat sy graag wil ontwikkel, want dit het betekenis vir haar en ou liefde, Armand Steyn. Wanneer Armand na agt jaar van Amerika terugkom en voortdurend probeer om die grond terug te koop wat die bank nie die reg gehad het om te verkoop nie, vlieg die vonke en ou emosies word herleef. Abby en Armand se liefde vir die stuk grond naby ʼn rivier en hul gewoonte om sononder te ontmoet, herinner hulle albei aan die belofte wat hulle baie jare gelede op die aandster gemaak het; maar kan Armand James se hardkoppige verklarings van liefde verslaan terwyl hy sy eie konstante gevoelens vir Abby bewys, deur die mure wat sy rondom haar hart gebou het, dít terwyl hy deur die mure breek wat sy om haar hart gebou het om haarself te beskerm en so dan ook die kloof wat hy tussen hulle veroorsaak het, te genees? Aandsterbelofte is skrywer Judy Troskie se jongste romanse vir die Romanza handelsmerk. Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequin-romanses.
Publikasiedatum: 2019-07-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928426738

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 220
R 176Jy spaar R 44
Alchemie van my muse is 'n veelvlakkige debuut oor die lewe, die liefde en die lettere waarin die spel met die tradisie van die digkuns ontgin word.

Die digter besin oor digterskap en tree postmodernisties in gesprek met ander digters soos Louw, Kirsch, Boerneef, gert vlok nel, e.a. Daar word satiries gekyk na die posisie van Afrikaans. Die liefde word weerloos besing en oor besin, met nostalgie, humor en pyn. Die lewe en die onafwendbare dood word, soms tong-in-die-kies, ander kere oop-en-bloot ontredderd, berym en ontrym.

Pieter Hugo was een van die debutante in Nuwe stemme 4 van 2010. Van sy gedigte het ook al verskyn in New Contrast, Nuwe verset, Toulopers, Sterkykers en as strokiesgedigte in Rapport. Hy was voorheen 'n onderwyser en 'n gemeenskapsontwikkelaar. Hy woon tans in Kaapstad en dien op die bestuur van die Wes-Kaapse Provinsiale Biblioteekdiens. Pieter is die broer van die bekende digter Daniel Hugo.
Publikasiedatum: 2019-08-26
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799395525

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76Jy spaar R 19
Sy's die soort magic waarmee jy trou! Leah het Max ontmoet toe sy 10 jaar oud was en iets het op daardie oomblik met haar gebeur. Op haar agtiende verjaarsdag soen hy haar, maar toe sy hom die volgende oggend gaan soek, help hy 'n ander vrou in 'n motor. Nou, tien jaar later, word sy gevra om 'n onderhoud met die wêreldbekende Max Campbell te voer. Vir die eerste keer gaan hulle weer alleen in 'n vertrek wees. Maar dit behoort nie saak te maak nie, of hoe? Sy is mos lankal oor hom. Die oomblik toe Max vir Leah op haar agtiende verjaarsdag soen, het hy geweet dis 'n fout. Die intense emosies wat hy ervaar het, is tog nie volhoubaar nie. Hy besef dié tipe liefde kan hom vernietig - hy wil tog nie soos sy ma opeindig na sy pa haar vir sy sekretaresse gelos het nie! Daarom sê hy niks oor die model wat hy in die taxi gehelp het nie. Altyd net jy is deel van LAPA Uitgewers se liefdesverhaalreeks, Romanza. Romanza kan vergelyk word met Mills & Boon en Harlequin. In Elsa Winckler se jongste reeks is die kinders nie opgewasse teen hul geliefde peetma, Jody, nie. Jody weet instinktief wanneer sy die regte hartsmaat vir een van haar ses peetkinders gevind het. Maar sy weet ook wanneer hulle gereed is vir Liefde met 'n hoofletter L. Altyd net jy is die laaste boek in die Jody-reeks. In elke boek is daar 'n addisionele subtema en die reeks bestaan uit Op die sypaadjie (Desember 2017), Blameer die skoenlapper (Februarie 2018), My groot liefde (November 2018) en Want die hart weet (Januarie 2019).
Publikasiedatum: 2019-07-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781868427949

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 350
R 280Jy spaar R 70
'n Buitengewone en uitstekende manuskrip.” - Prof. Gerrit Olivier

André P. Brink en die spel van liefde is die heel eerste biografie van 'n Suid-Afrikaanse skrywer wat gedurende sy leeftyd in dieselfde asem as Gabriel García Márquez, Peter Carey en Aleksandr Soltzjenitsen genoem is, en wie se romans in meer as 30 tale vertaal is.
In Leon de Kock se langverwagte biografie word Brink se persoonlike dagboeke en joernale as die belangrikste bronmateriaal hanteer. Brink het meer as 50 jaar lank sy ervarings en gedagtes pligsgetrou opgeteken: hierdie notaboeke, waartoe De Kock eksklusief toegang verkry het, word nou vir die eerste maal bekend gemaak.
Die spel van liefde is 'n omvangryke biografie wat die leser 'n openhartige, onverbloemde blik gee op Brink se gedagtes en gevoelens - oor homself én ander. Brink beskryf die hoogte- en laagtepunte van sy vyf huwelike asook sy verskeie verhoudings met 'n groot aantal vroue - 'n onderwerp wat hy in sy memoir, 'n Vurk in die pad, maar slegs vlugtig bespreek. Gedurende sy leeftyd het Brink hom nie net teen die politieke bestel verset nie, maar veral ook teen tradisionele seksuele sedes.
In hierdie biografie van 'n skrywer aan wie die Nobelprys vir letterkunde byna toegeken is, bekyk De Kock Brink se persoonlike, outobiografiese aantekeninge vanuit 'n kritiese, literêre oogpunt. Daarmee saam vergelyk hy die dagboeke met akademiese en ander, alledaagse bronne, waaronder getuienisse deur Brink se vriende, familie, eggenote en minnaresse. Die spel van liefde is 'n unieke, belangrike toevoeging tot die Suid-Afrikaanse lettere, maar veral ook tot navorsing oor Brink se lewe en skryfwerk.
Publikasiedatum: 2019-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485304845

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 230
R 184Jy spaar R 46
Breyten Breytenbach se (onthutsend en speelse) skryfambag en denklandskap word op vernuwende wyse in 'n aantal opstelle toegelig. Die bundel bevat ook 'n gesprek met die skrywer en die leeser kry 'n blik op sy loopbaan, as skrywer en openbare figuur. Sy komplekse verhouding met die SA Akademie vir wetenskap en Kusn word bekyk - in 1999 en 2008 is hy 'n aweregse ontvanger vand ie Herzogprys nadat dit in die 1960's en 1970's om ideologiese redes van hom weerhou is en hy dit in 1984 van die hand gewys het.
Publikasiedatum: 2019-09-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485904021

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 250
R 200Jy spaar R 50
JJ van Solms, so hardegat soos wat hy hardwerkend is, se rykdom lê in Afrika se kobaltriwwe. In die Kongo vestig hy 'n myn saam met twee vennote, maar toe die geld begin inrol, raak hy vir hulle oorbodig. Ná 'n aanslag op sy lewe moet hy vlug.
Dit is naby die Brandberg in Namibië waar JJ saam met sy gesin skuiling soek. Hier probeer hy 'n sukkelende tantalietmyn en sy mislukte huwelik red. In die skaduwee van die alomteenwoordige Brandberg wat oor die landskap waak, wonder hy wat sy lot sal bepaal: diegene op sy spoor, of die vrees en paranoia wat aan sy gemoed vreet.
Publikasiedatum: 2019-09-02
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780994715968

Nie-fiksie / Non-fiction: Blokraaisels & Speletjies / Crossword Puzzles & Games

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Blokraaisels & Speletjies / Crossword Puzzles & Games
R 140
R 112Jy spaar R 28
Spreekwoord, idiome en vaste uitdrukkings is nie net die speserye waarmee geur aan vaal spreek- of skryftaal gegee kan word nie. Dit gee ook meer krag aan taalgebruik. Dit kan kreatief ingespan word, saai teks met humor inkleur, geskrewe taal meer visueel verstaanbaar maak, of selfs gebruik word om ' bietjie met 'n mesn se algemene kennis te spog.
Nou kan oud en jonk, liefhebbers van blokkiesraaisels en ander taalavonturiers hierdie bron van pragtige beelde en uitdrukkings op 'n prettige manier herontdek en nuwes leer ken. Vir tweedetaalsprekers bied dit 'n lekker uitdaging om hulle kennis te verruim.
By wyse van spreke sal vir ure se vermaak sorg.
Publikasiedatum: 2019-07-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

1

6009880539857

Nie-fiksie / Non-fiction: DVD's

Nie-fiksie / Non-fiction  -  DVD's
R 500
R 400Jy spaar R 100
5 DVD stel

Herman Giliomee top-historikus, is die aanbieder van die 17-episode kyknet-reeks Die Afrikaners. Hy het talle toekennings ontvang vir die oorspronklike boek waarop die reeks gebaseer is en word gesien as die wêreldkenner van die onderwerp. In hierdie dokumentêre reeks vervleg Giliomee die jongste internasionale insig met 'n leeftyd van eie navorsing in 'n vars relaas oor 'n omstrede onderwerp.
Talle aspekte van Suid - Afrika se verlede en die rol daarin van die groep mense wat mettertyd na hulself as 'Afrikaners' sou verwys, word in kleur en geur vertel, sodat kykers met 'n vars soms uitdagende perspektief op ons verlede gelaat word.
Publikasiedatum: 2019-07-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9789000037223

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 600
R 480Jy spaar R 120
In Die geleerde digter se drie bande bespreek prof. W.J. Henderson twee besondere digsoorte in die poësie van die antieke Griekse letterkunde wat 'n groot invloed op die Westerse letterkunde uitgeoefen het en vandag nog tot lesers spreek.
Hierdie werk se drie dele is die laaste in 'n reeks Afrikaanse vertalings van die kort digvorms uit oud-Grieks. Die skrywer het reeds in drie vorige publikasies -- liriese, elegiese en jambiese poësie vertaal en bespreek. Die herdersdig en epigram van die nuwe reeks het hulle grootste bloei geniet in dieselfde era, die Hellenistiese periode van die Griekse kultuurgeskiedenis (ná die dood van Alexander die Grote in 332 tot 31 v.C. toe Alexandrië in die Romeinse Ryk ingelyf is). Die twee digvorme verskil egter van mekaar ten opsigte van vorm en inhoud.
Die oorspronklike Griekse gedigte is uitstekend vertaal in Afrikaans, maar die moderne leser kan nie sonder hulp die historiese en literêre konteks, betekenis, funksie en literêre gehalte en waarde van die gedigte verstaan nie. Daarom word kommentaar by die gedigte verskaf om hulle betekenis toeganklik te maak. Die aantekeninge by elke vertaalde gedig vat die navorsing van talle geleerdes oor 'n lang tydperk saam wat die kulturele konteks van die digters en hulle werk verduidelik. Veral in die afgelope vier dekades is daar opnuut belangstelling in hierdie digvorms onder internasionaal bekende klassici.
Vir diegene wat wel oud-Grieks magtig is of in die ontwikkeling van die klassieke Griekse letterkunde belangstel, word ook kommentaar op styl, veral nuwe woordskeppings en uitsonderlike taalgebruik aan die einde van besprekings van gedigte gegee.
Publikasiedatum: 2019-07-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485309253

Fiksie: Romans

Vertaler: Fanie Olivier
Fiksie  -  Romans
R 295
R 236Jy spaar R 59
'n Beter lewe iewers anders? Terwyl hy sit en teug aan 'n negroni op 'n terras, skryf die skrywer Ilja Leonard Pfeijffer 'n lang brief aan 'n vriend in sy tuisland. 'n Brief waarin hy rapporteer oor sy lewe as ontdekker in die labirintiese Italiaanse hawestad Genua (“La Superba”). Migrasie is die hooftema in hierdie outobiografiese roman waarin die lot van 'n immigrant uit die noorde van Europa gekontrasteer word met die lotsbestemming van die arm immigrante uit Afrika wat gedisillusioneerd sukkel om kop bo water te hou. Die mooiste meisie van Genua, wat die skrywer aanvanklik vanaf 'n afstand af betrag, word sy vlugtende Ariadne deur die labirint van stegies waar hopeloosheid, prostitusie en verlore drome die botoon voer. Net soos die ander immigrante raak Ilja verlore in die fantasie wat hy rondom die stad opgetower het, met verbysterende gevolge.
Publikasiedatum: 2019-09-03
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431623310

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 250
R 200Jy spaar R 50
Basketbal-afrigter John Harrison se lewe verander oornag wanneer die grootste aanleg in die omgewing onverwags sluit. Honderde gesinne verlaat die dorp en sy droom van 'n basketbal-kampioenskap spat aan skerwe. Wanneer die skoolhoof hom boonop vra om 'n sport af te rig wat hy nie ken of eens van hou nie, voel John gefrustreerd en begin sy doel en waarde bevraagteken. Dan ontmoet hy 'n jong leerder wat met haar eie lewenskwessies worste...
Die oorwinnaar is gebaseer op die fliek Overcomer deur Alex en Stephen Kendrick. Hierdie aangrypende verhaal kombineer geloof, 'n bietjie humor en tonne passie en laat jou met een vraag: Wat laat jy toe om jou identiteit te bepaal?
Publikasiedatum: 2019-07-22
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796321510

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 240
R 192Jy spaar R 48
In Sirië vrees Ilizabith elke dag vir haar lewe, die man wat haar sy vrou gemaak het is boos. In Libanon probeer Pascale haar roeping uitleef, maar sal haar ouers dit insien? Hoewel hulle in dieselfde skool is in Pretoria verskil Talitha en Yasmine se wêrelde hemelsbreed. Talitha probeer vreesloos veg vir wat reg is en Yasmine probeer oorleef. Deur 'n Goddelike saamloop kruis Ilizabith, Pascale en Talitha en Yasmine se paaie, en elkeen moet besluit of hulle gehoorsaam sal wees aan God.
Publikasiedatum: 2019-09-12

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.