Binnekort / Coming soon

Results 1 to 15 of 66
Gesorteer volgens:
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780795708244

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 255
R 204Jy spaar R 51
Siya Khumalo grew up in a Durban township where being gay was “different”. Thus begun Siya's exploration into sex, politics and religion. He unmasks techniques used by the power-brokers of our time, he tackles DA vs ANC, unpacks corrective rape, and African cultures and communities. Splicing in political and religious commentary, he uses his own life experiences to make sense of these topics.
Publikasiedatum: 2018-04-26
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624023333

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 295
Die swerfjare van Poppie Nongena het by verskyning in November 1978 die gemoed van die hele land beroer. Binne vier maande is dit drie keer herdruk. Dit is verskeie kere bekroon en Elsa Joubert word ook 'n Fellow van die Society. Sedertdien is die roman vertaal in Frans, Spaans, Duits, Nederlands en Italiaans. In 1985 het 'n Amerikaanse uitgawe verskyn.

Hoë lof is van kritici ontvang. Audrey Blignault het die betekenis van die roman só saamgevat: "n Aangrypende, onvergeetlike boek wat die sluier tussen die witmens en die swartmens in Suid-Afrika afruk." André P. Brink het dit in Rapport as die boek van die jaar in die Afrikaanse prosa uitgesonder: "'n Visioen van menslike gevangenskap... Ontstemmend en indrukwekkend... Verpligte literatuur vir elke mens wat oor hierdie land wil saampraat. "Oorsee het die gesaghebbende Sunday Times Literary Supplement 'n entoesiastiese bespreking van die roman geplaas. En The Times se resensent skryf: "(The novel) unfolds with the inexorable force of a Greek tragedy."

As voorhoogstuk was Poppie eweneens suksesvol. Dit is in sowel Afrikaans as Engels landwyd opgevoer. In New York is dit eers in 'n eksperimentele teater aangebied; daarna het dit as Off Broadway-opvoering die Obi-toekenning verwerf vir die beste dramateks. Dit is gekies vir die Edinburgh-toneelfees, en later ook in Londen opgevoer, waar Thuli Dumakude as Poppie die gesogte Olivier-prys verower het. Vervolgens is dit opgevoer in Australië, Kanada en Chicago.

Die skryfster self sê oor dié suksesverhaal: "Die lewe van die werklike Poppie het my diep geraak, en my beklem. Hier was 'n vrou, magteloos vasgevang in 'n onmenslike sisteem, wat veg vir die bestaan van haar gesin. Deur die boek wou ek aan haar 'n stem gee."
Publikasiedatum: 2018-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624084297

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 250
Boet Cronjé is hardkoppig, arrogant en ontken dat sy bruin regterhand op die plaas eintlik sy halfbroer is. Maar met God as vennoot, 'n familieplaas én 'n erfgenaam lyk die toekoms vir Boet aanvanklik belowend. 'n Langdurige droogte en die dood van sy seun laat hom egter in opstand teen God kom. Die koggelaar vertel die verhaal van 'n man wat oortuig is dat God hom tart; ironies genoeg word hý die een wat koggel.
Publikasiedatum: 2018-05-02
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781444928297

Children: Fiction 6 to 9

Children  -  Fiction 6 to 9
R 160
R 128Jy spaar R 32
A family marooned on an island finds loveable dolphins to help them survive: classic adventure from million-copy-selling Jenny Oldfield. Shipwrecked near a tiny island in a vast ocean, the Fisher family are guided to safety by a small pod of dolphins. Fleur, Alfie, Mia and their parents must learn to build shelter, find fresh water and hunt for food. Each of the children forms a special bond with one of the family of dolphins. Fleur adores the fun-loving, tail-walking Jazz. Mia names her dark-grey dolphin friend Stormy. And Alfie is saved from the shipwreck by Pearl, who always looks out for him. Alfie and Mia don't realise how much they rely on their older sister until she is taken ill with a mysterious sickness. They'll do anything to save her - and perhaps the dolphins, too, can help Fleur pull through. Jenny Oldfield strikes gold in this beautifully illustrated, exciting adventure story, the third in the Dolphin Island series.The full series: Shipwreck, Lost at Sea, Survival, Fire!, Missing, Storm Clouds.
Publikasiedatum: 2018-05-03
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781444928303

Children: Fiction 6 to 9

Children  -  Fiction 6 to 9
R 160
R 128Jy spaar R 32
Shipwrecked near a tiny island in a vast ocean, the Fisher family are guided to safety by a small pod of dolphins. Fleur, Alfie, Mia and their parents must learn to build shelter, find fresh water and hunt for food.

Each of the children forms a special bond with one of the family of dolphins. Fleur adores the fun-loving, tail-walking Jazz. Mia names her dark-grey dolphin friend Stormy. And Alfie is saved from the shipwreck by Pearl, who always looks out for him.

Danger is on the island: from sharks near shore, to a mystery presence on the island itself. Day-to-day survival is everything ... and the dolphins are there to help!
Publikasiedatum: 2018-05-03
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799387902

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 90
Martiné hou van bont en vrolike uitrustings terwyl Stefan vervelige grys pakke dra. Hy sê sy is 'n hippie en sy meen weer hy is vervelig en verstok. Maar wanneer hy haar soen … is verveling glad nie ter sprake nie.
Publikasiedatum: 2018-05-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799387933

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 90
Franci von Lelieveld is 'n CA en in haar lewe is daar vir alles 'n tyd en plek. Toe die wildbewaarder Gavin Michaels haar soen, voel sy hoe sy beheer oor haar lewe verloor. Maar hulle gaan op mekaar moet staatmaak, want 'n skynhuwelik is hul voorland.

Inligting oor die skrywer: René van Zyl is 'n oud-joernalis, skrywer en blogger wat teen die hange van die Magaliesberg in Hartbeespoort vir haar 'n nessie uitgegrawe het. Liefdesafari is haar eerste romanse in die Romanza-reeks.
Joanita Fourie, redigeerder van Romanzas sê oor hierdie debuutskrywer: “Die manuskrip is so plesierig, die taalgebruik heerlik spontaan met selfs 'n uiters gepaste nie-predikantsvrouerige woord so hier en daar, en die verhaal goed deurdink en sommer net lekker om te lees.”
Publikasiedatum: 2018-05-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799388886

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 90
Van opera weet oor-, neus- en keelspesialis Justin Fincham bloedweinig, maar hy ken 'n mooi vrou wanneer hy een sien. En wanneer sy vra dat hy haar bystaan om van 'n lastige man ontslae te raak, kan hy niks anders as instem nie.
Publikasiedatum: 2018-05-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799388916

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 90
As tiener het Isabeau slegs oë vir die buurseun Wouter gehad. Maar skielik is die ouer en wyser vriend van haar sus, Neil, weer op die dorp en sy kan net lag oor haar tienerverliefdeid van destyds. Dit wat sy vir Neil voel, is meer as net kalwerliefde.
Publikasiedatum: 2018-05-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799388589

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Stephen Wallace
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 130
Hy's rof en onbeskof ... en hy is Zander se persoonlike lyfwag!
Zander het nog nooit tevore iets gewen nie. Daarom is hy heeltemal uit die veld geslaan toe hy die GROOT PRYS in 'n kompetisie wen: 'n regte egte ... ROFSTOEIER!
Die stoeier se naam is Max die Masjien. Hy is rof en onbeskof. Hy het nie hare nie. Hy het nie 'n nek nie. Maar hy het spiere. Sy spiere het spiere. Sy spiere se spiere het spiere. Bo-op al daardie spiere het hy 'n tatoe. En hy gaan vir 'n hele WEEK lank Zander se persoonlike lyfwag wees!
Zander se tweelingboeties dink dit is die heel beste ding wat nog OOIT met hulle gebeur het. Maar Zander is nie heeltemal seker wat op aarde hy met Max moet doen nie. Niemand anders het nog ooit 'n rofstoeier as lyfwag saamgebring skool toe nie.
Miskien kan Max hom help om vir Wynand Wiese op sy plek te sit. Dalk kan hy hom in sy spesiale Soebat-en-smeek-greep beetkry en hom druk tot sy oë wil uitpop. Wynand het blonde hare en blou oë, en hy lyk so onskuldig soos 'n seuntjie in 'n waspoeier-advertensie. Maar hy is 'n regte boelie. Die soort wat nie eens vir 'n rofstoeier skrik nie.
Ongelukkig loop dinge by die skool lelik skeef.
En Max het boonop 'n geheim van sy eie ...
Kom klim in die kryt saam met Max die rofstoeier vir 'n WILDE, WOESTE skaterlag-avontuur uit die pen van Jaco Jacobs!
Publikasiedatum: 2018-05-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799384505

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Alex van Houwelingen
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 110
Ongelooflike ware dierestories wat jou asem sal wegslaan.
Ontmoet 'n paar dapper en interessante diere van regoor die wêreld! Vind uit hoe Max die dapper gorilla van die Johannesburgse Dieretuin dit reggekry het om 'n skurk vas te trek, reis meer as 1 600 kilometer ver saam met Huberta die seekoei wat besluit het om die land te verken, en ontmoet 'n oulike vlermuis wat deur 'n mens-mamma grootgemaak is! Hierdie boek bevat vyf wonderlike ware dierestories:
1. Max die gorilla vang 'n skelm
2. Huberta die seekoei stap suid
3. Noodle leer om 'n vlermuis te wees
4. Kees kry lus vir koek
5. Zhu, die sterk Chinese vark
Die stories word op 'n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!
Publikasiedatum: 2018-05-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799384529

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Zinelda McDonald
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 110
'n Nuwe reeks propvol vakansiepret!
Jana en Alisha is beste vakansiemaats! Hulle sien uit na 'n heerlike vakansie propvol pret op Duinebaai. Die meisies besluit om piekniek te gaan hou op die strand - maar ongelukkig wil Jana se irriterende kleinboetie, Tiaan, en sy maatjie Rudie saamkom. Jana weet sommer die twee seuns gaan hulle piekniekplanne bederf!
Maar dan hoor die twee meisies 'n vreemde tjankgeluid tussen die duine. Toe hulle ondersoek gaan instel, ontdek hulle 'n klein hondjie wat seergekry het en hulle hulp dringend nodig het. Sal hulle die hondjie se eienaar kan opspoor?

Oor die reeks
Jana en haar beste vakansiemaat, Alisha, hou vakansie op Duinebaai. Hulle maak allerlei opwindende planne om die vakansie gate uit te geniet! Maar ongelukkig is Jana se kleinboetie, Tiaan, en sy beste maatjie, Rudie, gedurig in die pad - en hulle doen hul bes om die twee meisies se vakansie te versuur! Maar die twee seuns se manewales lei elke keer tot hope pret en avontuur! Jong lesers sal versot wees op hierdie humoristiese, aksiebelaaide nuwe reeks uit die pen van Theresa van Baalen.
Titels in die reeks
1. 'n Piekniek op die strand (9780799384529)
2. Vlieërs en filmsterre (9780799384536)
Publikasiedatum: 2018-05-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799384536

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Zinelda McDonald
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 110
'n Winderige dag word 'n weghol-avontuur!
Jana en Alisha is verveeld. Dit is veels te koud en winderig om te gaan swem. Maar dan ontdek hulle twee vlieërs ... Dit is die perfekte dag om daarmee op die strand te gaan speel! Ongelukkig besluit Jana se boetie, Tiaan, en sy maatjie, Rudie, hulle wil saamkom. Kort voor lank veroorsaak die twee seuntjies chaos. Hul vlieër raak met Jana s'n verstrengel en die tou breek!
Jana en Alisha is desperaat om hulle vlieër terug te kry en sit dit agterna. Dan beland hulle heel onverwags op 'n filmstel waar die beroemde tienerakteur Clint du Bell besig is om sy nuutste fliek te verfilm. En die filmspan is op soek na meisies om as ekstras in die fliek te speel ...
Skielik lyk dit of vandag die beste dag óóit gaan word!

Oor die reeks
Jana en haar beste vakansiemaat, Alisha, hou vakansie op Duinebaai. Hulle maak allerlei opwindende planne om die vakansie gate uit te geniet! Maar ongelukkig is Jana se kleinboetie, Tiaan, en sy beste maatjie, Rudie, gedurig in die pad - en hulle doen hul bes om die twee meisies se vakansie te versuur! Maar die twee seuns se manewales lei elke keer tot hope pret en avontuur! Jong lesers sal versot wees op hierdie humoristiese, aksiebelaaide nuwe reeks uit die pen van Theresa van Baalen.
Titels in die reeks
1. 'n Piekniek op die strand (9780799384529)
2. Vlieërs en filmsterre (9780799384536)
Publikasiedatum: 2018-05-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799389586

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 35
Bekostigbare grappieboeke vir ure se skaterlagpret!
Kom lag jou slap vir die lawwe grappies in hierdie fantastiese nuwe reeks grapboeke vir kinders! Elke boek bevat 'n volle 101 grappe waarmee jy jou maats kan laat lê van die lag. Daar is klop-klop-grappe, grappe oor olifante, erdvarke, koeie en ander snaakse diere, skaterlag-skoolgrappe en 'n hele klomp grappe wat sommer net heeltemal verspot is!

Daar is vier lekkerlag-titels in die reeks:
101 Dieregrappe
101 Klop-klop-grappe
101 Lawwe grappe
101 Pouse grappe
Publikasiedatum: 2018-05-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799389593

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 35
Bekostigbare grappieboeke vir ure se skaterlagpret!
Kom lag jou slap vir die lawwe grappies in hierdie fantastiese nuwe reeks grapboeke vir kinders! Elke boek bevat 'n volle 101 grappe waarmee jy jou maats kan laat lê van die lag. Daar is klop-klop-grappe, grappe oor olifante, erdvarke, koeie en ander snaakse diere, skaterlag-skoolgrappe en 'n hele klomp grappe wat sommer net heeltemal verspot is!

Daar is vier lekkerlag-titels in die reeks:
101 Dieregrappe
101 Klop-klop-grappe
101 Lawwe grappe
101 Pouse grappe
Publikasiedatum: 2018-05-20

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development