●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624094487

Nie-fiksie / Non-fiction: Aktuele Sake / Current Affairs

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Aktuele Sake / Current Affairs
R 320
There is lament about how and why the ANC have so quickly become preoccupied with material enrichment. The logical question is: Were freedom fighters fighting for the socalled mythical 'masses of our people', or were they fighting for their self-actualisation as human beings, which the apartheid reality, was both negating and impeding? With apartheid over and global capitalism ruling supreme, could self-actualisation include the pursuit of material wealth? Did we not become so disengaged ourselves from being an engaged citizenry, that we passively expected our rulers to miraculously remain continuously 'lofty'? Former MK, business leader and political commentator, Oyama Mabandla, excavates the values that created a steady flow of pioneering South Africans under impossible circumstances, bolstered a liberation ethic and championed a leadership that made individual nobility and excellence aspirational. These values, maligned in 94, can still recapture the nation's best trajectory.
Publikasiedatum: 2024-03-15
Laai in mandjie
Let asseblief op die publikasie datum - versending sodra boek gepubliseer is
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796323217

Christelik / Christian: Christelike Leefwyse / Christian Living

Christelik / Christian  -  Christelike Leefwyse / Christian Living
R 300
Hoe leef ons in die gewone? Hoe vind ons God in die gewone? Ons raak maklik afgestomp en gewoond aan 'n lewe waarin dit voel asof God afwesig is. Maar God woon in die gewone, in ons woonbuurte en woonkamers en woonplekke. Ons moet leer om God daar raak te sien en deel te neem aan die avonture wat rondom ons afspeel. Ons moet speurders van die Skepper wees in die woonbuurte waar ons bly, in die werke waar ons swoeg en sweet en in die verhoudings waar ons liefhet en ook soms seerkry. Dit beteken dat ons opnuut die lewe beleef as betowerend en nie net as 'n plek wat gestroop is van God se teenwoordigheid nie. Tom Smith, predikant van Johannesburg, help ons om 'n paar gewone gebruike as verkykers te gebruik om ons te help om meer bewus te raak van God se teenwoordigheid in ons lewe: ons slaap, wakker word, soek, eet, reis, werk, speel, eet, seer, rus en in die dood.
Publikasiedatum: 2024-03-15
Laai in mandjie
Let asseblief op die publikasie datum - versending sodra boek gepubliseer is
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776074068

Leermiddels: Voorgeskrewe Literatuur

Leermiddels  -  Voorgeskrewe Literatuur
R 350
(Gr 7 - 9 AFR HT). Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Kanya Viljoen se toneelstuk is die titelstuk van hierdie versameling tekste. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul medemens gesien wil word. Ongelukkig moet daar ook struikelblokke wees wat die reis na volwassenheid bemoeilik. Fanie Viljoen beskryf hierdie drome en smagting as 'n 'reis na nêrens' in die eerste drama in hierdie bundel. In 'Reënblom' word vertel van die Namamense, wat smag na reën, en weer kan lag en sing omdat 'n kind vir die ouer
mense uitkoms gee met water vir almal. Ook in 'Is jy al wakker?' is dit die jonger mense wat daarin slaag om die ouer garde uit die groef van hulle verlede te laat losbreek. Die dramas, met aktuele temas, is 'n uitsonderlike bundel vir elke leerder om te besit en aan te wend vir leesgenot, verhoogoptredes en kunswedstryde.
Publikasiedatum: 2024-03-22
Laai in mandjie
Let asseblief op die publikasie datum - versending sodra boek gepubliseer is
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780637000307

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 190
Haar naam is Niekie. Sy is sy prinses. En binnekort gaan hy haar vir ewig laat slaap …
Terwyl haar ouers oorsee werk, bly Niekie in haar matriekjaar op haar eie in 'n woonstel in die stad. Kort nadat sy en haar kêrel, Schalk, baklei het, verdwyn Niekie spoorloos.
Die polisie is nie dadelik agterdogtig nie - Niekie het immers ietwat van 'n losbol-kunstenaarstemperament en het al voorheen uit die bloute saam met haar kunstenaars-oom die pad gevat om te gaan skilder.
Maar Schalk begin al hoe meer bekommerd raak. Waarom het Niekie nie opgedaag vir hulle afspraak nie? Hoekom antwoord sy nie haar foon nie? Ignoreer sy hom dalk net omdat sy vies is vir hom? Maar toe Schalk boonop haar woonstel verlate aantref, weet hy iets is verkeerd.
Baie verkeerd.
Intussen word Niekie iewers in 'n vreemde bed wakker met kneusplekke aan haar gesig en kabelbinders wat in haar polse en enkels insny.
By haar in die vertrek is 'n man. Iemand wat sy kort tevore ontmoet het. Hy noem haar sy prinses. Hy wil vir haar 'n storie vertel. 'n Storie oor 'n meisie wat dieselfde naam as sy gehad het. En as die storie eers verby is, gaan hy vir haar 'n spesiale towerdrankie gee om haar te laat slaap. Vir altyd …
Terwyl die uurglas vir Niekie leegloop, probeer Schalk en Niekie se vriende die vreemde spoor van leidrade volg wat hulle hopelik na haar ontvoerder sal lei … voor dit te laat is.
Hierdie naelbyt-spanningsverhaal sal tienerlesers tot die laaste bladsy vasgenael hou.
Weg was 'n finalis in die LAPA Jeugromankompetisie in 2017.
Publikasiedatum: 2024-03-30
Laai in mandjie
Let asseblief op die publikasie datum - versending sodra boek gepubliseer is
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9789000040100

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 550
R 440Jy spaar R 110
*Reese se dilemma - Alma Carstens*
Liefde ken nie reëls nie. Nadat 'n bemoeisieke tante haar neus in haar sake steek, begin Nian teësinnig 'n nuwe pos by die familiesaak Durandt Ingelyf. Sy stamp egter dadelik koppe met die knorrige grootbaas. Reese Durandt moet as uitvoerende hoof 'n voorbeeld aan sy personeel stel. Daar is 'n rede hoekom maatskappybeleid romantiese verhoudings tussen kollegas verbied. Nian vryf hom buitendien uit die staanspoor verkeerd op. Hoekom kan die twee dan nie ophou om aan mekaar te dink nie? En wat voer daardie rooikopfeeks in Durandt se kantoor in die mou?
*Verlief op die hartebreker - Elize Davies*
Kan jeugliefde weer opvlam? As skoolkind was Carli dolverlief op haar ouer broer se vriend Rudolph Beyers. Hoekom het sy haar dan so skaamteloos gedra toe hy by die maskerbal vir haar matriekafskeid opgedaag het? En het hy haar agter haar masker herken? Rudolph het nog altyd 'n sagte plekkie vir Carli gehad, al het sy as kind soos 'n stertjie al agter die groot seuns aangetou. Wanneer hul paaie agt jaar later weer kruis, woon en werk Rudolph oorsee en Carli is verloof aan Louis. Gaan sy ter wille van haar gesin se behoud met Louis trou en haar in 'n liefdelose huwelik begewe? Of gaan sy alles op die spel plaas vir die hartebreker wat haar knieë al van kindsbeen af lam maak?
*In die hart van Lente - Felicia Snyman*
Soms loop liefde 'n ompad. Lente is verloof aan die aantreklike Herman Pretorius, maar sy weet haar hart behoort eintlik aan haar gevaarlike en stormagtige jeugliefde, Stander Gerber. Hy is egter verantwoordelik vir die dood van hul goeie vriend en die letsel in haar nek… Stander stoei steeds met skuldgevoelens oor destyds, maar sy liefde vir Lente brand al hoe sterker. Sal hulle die spoke van die verlede kan verjaag of gaan hulle die maklike roete kies en met 'n hart vol letsels wegstap?
*Vereistes vir 'n trouman - Elsa Winckler*
Liefde van 'n hart onkant. Vandat Emily kan onthou, droom sy oor haar troudag: die ring, die rok, die onthaal, die blomme. Sy het ook 'n lysie met die presiese vereistes vir haar trouman gemaak. En Ryno Henning, hoe knieëknakkend sexy hy ook al mag wees, voldoen nie aan 'n enkele een van hierdie vereistes nie. Die stomende drome wat sy snags oor hom droom, sal dus net by drome bly. Ryno het 'n oog vir 'n mooi vrou en Emily is een van die mooistes wat hy nog gesien het, maar hy weet hy kan nie vir haar gee wat sy wil hê nie. Trou en kinders kry is nie deel van sy toekomsplanne nie. Dan, op 'n dag, hou Emily in die gietende reën stil om 'n hond te red en kry nie haar motor weer aan die gang nie. Dis Ryno wat tot haar redding kom. Sal haar troumanlysie en sy planne in hul pad bly staan of sal die vonk tussen hulle die oorhand kry?
*Leer my ken - Louise van der Merwe*
Marina wil so graag 'n sorgelose jeug hê, maar geld - of eerder die gebrek daaraan - staan in haar pad. Dan stap haar buurvrou se broer by haar lewe in…
Publikasiedatum: 2024-03-30
Laai in mandjie
Let asseblief op die publikasie datum - versending sodra boek gepubliseer is
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780795710995

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 290
**Afrikaanse grafiese roman**
In 2021, is Damian De Jong biesag mette boek oo serial killers. Hy force homself ommie dae te onthou toe hy asse kind innie 90s oppie sandduine gespeel et en hoe die skoolhoof vi hulle gesêrit vanne groot gevaar wat daa byte is. En dat veral boys moet careful wies. Die man wattie media 'The Railway Ripper' noem, het begin coloured boys doodmaak en begrawe in vlak grafte innie bosse en sandduine rondomie Western Cape. Selfs daa waa Damian as kind gespeel et. 'n Niewe fear het kom daal oppie Cape Flats ennie soet smaak vanne niewe democracy kom vebitter. Hy praat met Michelle Wakefield - 'n ex-detective wie deel was vannie taskforce wattie moorde investigate et. Maa soe meer sy die feite vi Damian ytlê, soe minner vestaan hy wat rêrag daityd gebeerit. Die man wattie kinnes vang handel oore spesifieke tyd innie Cape Flats, ennie land, se geskiedenis tewyl it oek kommentaar lewer oo ôs hede. Trantraal is mettie Jan Rabie en Majorie Wallaceskrywersbeurs vi die grafiese roman bekroon.
Publikasiedatum: 2024-04-15
Laai in mandjie
Let asseblief op die publikasie datum - versending sodra boek gepubliseer is
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776073085

Leermiddels: Voorgeskrewe Literatuur

Leermiddels  -  Voorgeskrewe Literatuur
R 170
Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan bekostig omLeo saam te neem nie. Ethan begin dadelik planne beraam om geld
in te samel, want ʼn lewe sonder sy beste vriend is ondenkbaar.
R40 000 is baie geld, en drie maande is baie min tyd . . .
Publikasiedatum: 2024-04-26
Laai in mandjie
Let asseblief op die publikasie datum - versending sodra boek gepubliseer is
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796318541

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 350
Ons eie Kleuterbybel is 'n pragtige bundel verhale vir kleuters, ouers, en oumas en oupas. Dit begin by die Skepping en volg die geskiedenis van die Ou Testament - Adam en Eva, Noag, Moses, Josef, Gideon, Samuel, Dawid, Daniël en vele ander. Die verhale in die Nuwe Testament begin by Jesus se geboorte en loop deur sy lewe, dood, opstanding en die belofte van die nuwe hemel en die nuwe aarde. Dit is kleurvol en vrolik geïllustreer deur bekende en bekroonde kunstenaar, Johann Strauss, wat met sy unieke, dog
deernisvolle illustrasies die stories aanvul en ophelder. Hierdie Kleuterbybel is 'n onontbeerlike toevoeging tot jou kind se geloofsvorming.
Publikasiedatum: 2024-04-30
Laai in mandjie
Let asseblief op die publikasie datum - versending sodra boek gepubliseer is
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624093893

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 340
Black Economic Empowerment has not had a positive image in the media. This is partly thanks to a few individuals who became megarich overnight, while the majority of black people, who were supposed to benefit, remained poor. One company that did things differently is Brimstone, founded in 1995 by an accountant and an insurance salesman who did not want to leave their community behind. In that same year, they acquired a stake in Oceana, raising initial capital of R3m from community shareholders in the Cape Flats. Founders Fred Robertson and Mustaq Enus-Brey have helmed the longest listed Black company on the JSE since 1998. In that time they have triumphed over financial crisis, resisted hostile takeovers, recovered from poor investments and continued to pull ahead. This is an inspiring story of small beginnings, resilience and a social conscience in business.
Publikasiedatum: 2024-04-30
Laai in mandjie
Let asseblief op die publikasie datum - versending sodra boek gepubliseer is
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781779990044

Leermiddels: Leesboeke

Illustreerder: Nadia du Plessis
Leermiddels  -  Leesboeke
R 45
Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om dié opwindende reis mee aan te pak!
Vlak 4 in dié gewilde leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs gee kinders deur middel van eenvoudige woorde en kort sinne die selfvertroue om die prettige stories self baas te raak. Jong lesers wat reeds die vorige drie vlakke bemeester het, kan in Vlak 4 met gemak die uitdaging van ietwat meer teks en langer stories baasraak.
Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike bester maats, 'n knorrige krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip.
Publikasiedatum: 2024-04-30
Laai in mandjie
Let asseblief op die publikasie datum - versending sodra boek gepubliseer is
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781779990051

9781779990068

9781779990075

9781779990082

9781779990099

© All Rights Reserved 2024
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.