●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781998958856

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 150
R 59Jy spaar R 91
*Verdeelde stand | Divided Stance is 'n hibried‑digbundel saamgestel uit die vermenging van onder meer tale, kulture en seksualiteite in die diverse Suid-Afrikaanse werklikheid oor verskeie tydvakke heen. Die Afrikaanse en Engelse gedigte meld aan in die digter se voorkeurtaal vir die tema, stemming of onderwerp en is nie vertalings of herwerkings van mekaar nie. Die digter gebruik die taal van die moeder en die werkstaal van die vader om wydlopende temas soos die omgewing, meertaligheid, tolking, die politieke bestel, die liefde, verlies en veroudering, die Covid-19-pandemie, metapoësie, delusies, en drome aan te roer. Agterin die bundel is 'n erkenningslys wat agtergrond by die gedigte bied. Die spreker neem in effek verskillende stemme aan, wat in gesprek tree met die dualistiese titel van die bundel. *Verdeelde stand | Divided Stance is a hybrid collection of poetry comprising a blending of languages, cultures and sexualities against the diverse South African reality over various eras. The English and Afrikaans poems arrive in the poet's language of choice for the theme, mood or subject and they are not translations or reworkings of one another. The poet uses the language of the mother and the working language of the father to address wide-ranging themes such as the environment, multilingualism, interpreting, the political order, love, loss and aging, the COVID-19 pandemic, metapoetry, delusions, and dreams. At the back of the volume is a list of acknowledgments that provides background to the poems. The speaker in effect adopts various voices that enter into dialogue with the dualistic title of the collection.
Publikasiedatum: 2022-05-03
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776358083

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 100
R 50Jy spaar R 50
Liefde maak twee harte een
Christeline Samuels is pas terug ná sy haar doktorsgraad in Noorweë verwerf het. Haar prioriteite vir die toekoms is eenvoudig: 'n suksesvolle akademiese loopbaan, en om die vervreemding van haar ouers te verwerk. Maar Chrissie se vriendin, Beth, en die res van die vriendegroep het egter ander planne. Rodney Philander mag op die oog af net die mede-eienaar van 'n tuindiens wees en daarby 'n oppervlakkige grapjas, maar dié wat hom ken, weet dat daar meer in hom steek as wat hy voorgee. Op 'n lentebesoek aan Namakwaland doen die groep vriende hulle bes om Kupido te speel. Chrissie en Rodney wil egter nie ingee teenoor mekaar nie en probeer om die aantrekkingskrag tussen hulle te ignoreer. Die mag van 'n blom moet egter nie onderskat word nie.
Hierdie boek is die vierde deel van 'n reeks deur Marilé Cloete. Beide karakters verskyn in Romanse in Rock, Man met 'n hart en Projek ware liefde.
Publikasiedatum: 2022-08-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776351978

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 100
R 50Jy spaar R 50
Om harte te wen is soms moeiliker as om lewens te red.

Doktor Bianca Dempsey is 'n vrou wat antwoorde soek. Sy ontdek dat iets in die water die mense in haar gemeenskap siek maak en is vasbeslote om agter die kap van die byl te kom. Sy ontmoet 'n aantreklike vreemdeling tydens 'n verkenningsekspedisie wat aanbied om haar te help. Haar kop sê nee, maar haar hart weier om te luister. Dié man lyk darem nie of hy geheime het nie. Ryno is nie wie hy sê hy is nie, maar sy beskermingsdrang neem oor wanneer hy die beeldskone Bianca ontmoet. Dié soektog van haar is gevaarlik en sy gaan iemand nodig hê om haar by te staan as sy die waarheid van die watersiekte wil ontbloot.

Beste Bianca is die opvolg van Mooiste Eliza wat in 2021 verskyn het. Bianca is Eliza se jonger suster. Hierdie verhaal het 'n sterk spanningslyn wat enige leser sal boei. Die skrywer het duidelik baie navorsing oor watersiektes en biologie gedoen, en vind interessante maniere om haar kennis in te span vir geloofwaardigheid.
Publikasiedatum: 2022-03-29
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776358045

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 100
R 50Jy spaar R 50
'n Ware liefdesverhaal het geen einde nie
Vlak vyf van grendeltyd vang Améli de Klerk onkant. Ingeperk in 'n dakwoonstel in die middestad met kunsvoorraad wat boomskraap is en vinnig krimp. Alleen met haar kat, beklem die verlate stadstrate haar totdat sy 'n
onverwagse ontsnappingsroete ontdek na 'n ander wêreld waar sy haar droomheld ontmoet. Gideon Barnard is 'n sakeman en mede-eienaar van 'n familiebesigheid, 'n helikoptervlieënier en fotograaf. Hy is dinamies, intelligent en 'n man wat weet wat hy uit die lewe wil hê. Vir Améli is hy die man van haar hart en herontdek sy haar skeppingsvermoë saam met hom. Maar kan die droomman die werklikheid oorleef?

Hierdie boek is 'n heerlike liefdesverhaal wat tussen die middeleeuse en moderne tyd wissel. Interessante geskiedkundige gebeurtenisse en inligting soos die Swart Dood en middeleeuse kruiemedisyne word in die verhaal aangehaal.
Publikasiedatum: 2022-08-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352579

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 100
R 50Jy spaar R 50
Kan liefde alle struikelblokke oorkom?
Anika was maar al te bly toe Ivan, haar vriend, so vinnig vir hul albei werk gekry het by die magtige eiendomsmagnaat, EVS. Dinge het aanvanklik goed begin, totdat die ontwikkelaar, Hugo, Anika se voete onder haar uitslaan. Anika sukkel om ʼn balans te vind tussen haar nuwe werk en haar gevoelens vir Hugo. Wat sy nie besef nie, is dat daar veel meer in die familiebesigheid skuil. Hugo is nie wie hy sê hy is nie, en Ivan is nie die vriend wat sy gedink het sy ken nie. Boonop is daar ʼn ondersoek na bedrog geloods en Anika is die hoofverdagte. Hoe sal die nuutgevonde liefde die stryd wen tussen al die misverstande, leuens en korrupsie?
Die verhaal speel af in 'n korporatiewe omgewing en het witboordjiemisdaad en geskende vertroue tussen geliefdes as onderliggende temas.
Publikasiedatum: 2022-08-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352418

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 100
R 50Jy spaar R 50
Is liefde genoeg om werklik te kan vergewe?
Lara bevind haar in 'n penarie toe Thailand se grense skielik weens die pandemie sluit. Nie net sit sy gestrand in 'n vreemde land na haar vakansie nie, haar finansies is ook in 'n beroerde toestand en sy moet dringend 'n uitkoms vind om te oorleef. Teagan ontmoet vir Lara wanneer sy as vrywilliger in die oerwoud noord van Chiang Mai gaan werk. Hy ontferm hom oor haar, maar alles is nie soos dit op die oog af lyk nie. Wanneer Lara die waarheid oor Teagen uitvind, stort haar wêreld in duie. Sy het dan juis so gesukkel om hom te vertrou. Is liefde genoeg of is die prys vir vergifnis te hoog?

Die verhaal speel af in die oerwoude van Thailand met pragtige natuurskoon. Die agtergrond van die verhaal is tydens die pandemie en gee 'n werklike voorbeeld van die effek daarvan op reisigers.
Publikasiedatum: 2022-06-03
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776356843

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 100
R 50Jy spaar R 50
Soms het liefde 'n tikkie towerkuns nodig
Tharina Enslin word op haar troudag voor die kansel laat staan. Om die vernedering en hartseer te oorkom, reis sy na Positano, 'n romantiese dorpie aan die Amalfi-kus in Italië. Hier word sy van dag een af ongevraagd betrek by die intriges van die Malans: Hugo, 'n beeldhouer en die eienaar van die gastehuis waar sy tuisgaan; sy losbolbroer, Gideon; en Hugo se verloofde, die beeldskone Isabella Rossi. Die onderstorminge en geheime tussen hulle lei nie net tot lewensgevaar vir Tharina nie, maar bring haar ook nader aan haar lotsbestemming soos wat die ou sigeunerin op die piazza vir haar voorspel het. En uiteindelik ook nader aan aan die liefde.

Die verhaal speel af in Italië met pragtige natuurskoon en geskiedkundige plekke. Beide die heldin en held is komplekse karakters en die bykarakters voeg kleur en intrige by die plot van die verhaal. Die boek het 'n gesonde dosis spanning wat jonk en oud sal vermaak.
Publikasiedatum: 2022-06-03
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352210

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 100
R 50Jy spaar R 50
Liefde kan die onmoontlike oorkom.
Toe Teda die aantreklike Engelsman Will Thaning met sy sexy aksent ontmoet, laat hy haar hart dadelik vinniger klop. Ongelukkig is dinge heelwat meer gekompliseerd as wat dit lyk en kom albei van hulle met bagasie. Net soos Teda, het Will 'n hartseer verlede wat altyd onlosmaaklik deel van hulle gaan wees. Daar is ook 'n tienerseun wie se gevoelens en leefwêreld hulle in ag moet neem. Saam met Will ontdek Teda nuwe plekke en droom sy oor nuwe moontlikhede. Maar het Will ná al hierdie jare enigsins 'n vrou in sy lewe nodig? Is hulle dalk op twee heeltemal verskillende plekke in hulle lewens met doelwitte wat nié versoenbaar is nie?

Hierdie verhaal kyk na liefde en familie, die soort wat jy kies en die soort wat vir jou gekies word.
Publikasiedatum: 2022-06-03
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352777

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 100
R 50Jy spaar R 50
Net die liefde kan jou werklik laat vergewe.
Lisa is ʼn liewe mens, ʼn ware engel. Om altyd gaaf en goed te wees, vát aan ʼn mens. Veral sedert haar pa uit hul lewens is en die sedige oom Johan se kerkskoene soms onder haar ma se bed staan. Lisa hang haar engelvlerke op toe sy vir Darius Schietekat, oom Johan se seun, ontmoet. Oor een ding stem Lisa en Darius saam - hul ouers hoort nie bymekaar nie. In Lisa se ma se huis is daar baie vertrekke, maar nie genoeg om die Bothas en die Schietekatte uit mekaar se hare te hou nie. Al wat Lisa vra, is om uitgelos te word. Dis háár lewe, háár ape, háár sirkus, en Darius Schietekat hoef nie daarmee saam te stem nie. Dit sluit haar verhouding met Henco in.
As Lisa net die spoke van die verlede kan agterlaat en antwoorde kan kry oor wat werklik daardie noodlottige aand op die see gebeur het. Darius wil haar help, maar is dit ʼn goeie idee? Om uit te vind jy het jou lewe lank met ʼn leuen geleef en dan te vergewe, is soms te veel gevra. Net liefde kan jou dan red.

Hier is Loots weer op haar beste, met humor en deernis wat jong en ouer lesers sal vermaak. Die boek ondersoek temas van familie en vergifnis, en vra wat dit vat om dié wat mens die seerste kan maak te vergewe.
Publikasiedatum: 2022-05-06
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352012

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 100
R 50Jy spaar R 50
Kry jy 'n tweede kans met jou eerste liefde?

Nina is 'n fyn stadsmeisie wat boerin moet kom speel op haar ouers se plaas. Sy het ietwat aangepas op Kouefontein, maar iets waaraan sy nooit, ooit gewoond gaan raak nie, is om vir Jaco Louw elke dag te sien. Haar jeugliefde. Nuwe buurman. Clooney se dubbelganger. Sy het vir Jaco tien jaar laas gesien toe die mooie Willemien vir Nina allerhande stories oor hom vertel het. Daardie dag het sy haar hart gesluit, maar nou bly hy
feitlik óp haar werf en sy moet keer dat sy glimlag weer die sleutel tot haar geluk word ...

Boerefeetjie is 'n moderne plaasromanse. Die karakters is goed ontwikkel en die manuskrip is deurspek met humor.
Publikasiedatum: 2022-03-29
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776351855

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 100
R 50Jy spaar R 50
'n Hart so delikaat soos glas ...
Ansua Welthagen, 'n talentvolle glaskunstenaar, keer terug van Europa ná ʼn groot liefdesteleurstelling. Sy onderneem om die kapel op Sewefontein, die spogplaas van die formidabele Naudés, naby Greyton, met loodglasvensters te versier. Om met 'n voertuig wat probleme gee voor Paasnaweek iewers gestrand te sit, is ʼn krisis. Maar Ansua ken krisisse. Sy ken wel nie sukkelende, geleende bakkies nie, en nóg minder alpakkas. Sewefontein is nie meer die plaas van jare gelede nie. Dit is nou ʼn heenkome vir afvlerkhoendertjies, soos die aantreklike, bot alpakkaboer die mense daar noem.
Wybrandt Naudé het ʼn sagte plek vir mense, maar hy sal dit nooit wys nie. Dis makliker om te maak of hy net omgee oor die bestuur van die plaas en sy adellike herkoms. Hy is wel nie apaties teenoor die mooi Tanya wat sy bruid wil word nie. Hy wil met alles in hom van haar ontslae raak en besluit Ansua moet hom help: sy moet sy kammaverloofde wees. Ansua word gou betrokke by die komplot om van die lastige meisie ontslae te raak,
maar sy ontdek in die proses dat toneelspel diep emosies by 'n akteur kan ontketen.

Rina het Afrikaanse romanselesers se gunstelinggenre (plaasromanses) op sy kop gedraai en gemoderniseer. Elke verhaal word verweef met interessante geskiedenisbrokkies en sjarmante randkarakters.
Publikasiedatum: 2022-03-03
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776351879

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 100
R 50Jy spaar R 50
Die hart soek wat die hart soek.
Elizma Victor werk baie hard om vir haar jong seun, Luka, ʼn goeie ma te wees en om hom te beskerm. Hulle huisie by die see behoort hom veilig te hou van die lelik in die wêreld wat haar al vir jare teister. Sy sal seker maak hy word nie blootgestel aan hartseer of swaarkry nie. En Luka gaan nooit, ooit sy pa ontmoet nie.
ʼn Werksgeleentheid lok Elizma Hermanus toe. Die misterieuse skrywer, Zander Adlam, wil hê sy moet drie van sy boeke vertaal, maar sy weet niks van die man af nie. Hy is ʼn hermiet en lyk haweloos, maar sy kon haar nie voorberei op hoe bekend sy oë is nie. Alexander Adendorff, Luka se pa en haar jeugliefde, het haar weer gevind en dis asof die jare se seer verdwyn soos seeskuim. Hierdie keer sal sy egter nie vir sy sjarme val nie. Sy moet haar hart verhard, hom op ʼn afstand hou en fokus op haar werk. Sy moet ook haar kind van hom weghou. Maar die hart soek wat hy soek ...

Hier is René weer op haar beste; snaaks en diepsinnig, met karakters wat jou bybly lank na die laaste blad. Die boek ondersoek die tema van tienerswangerskap met deurnis en sensitiwiteit.
Publikasiedatum: 2022-02-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352678

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
R 50Jy spaar R 50
Kan 'n gebroke huwelik betyds gered word?
ʼn Brief van ʼn geskeide vrou skud Noulien se huwelik se fondasie. Ná agt jaar se getroude lewe is sy en Stephan verby die maanskyn en rose stadium en het hulle paadjies uitmekaar begin loop. Net verlange bly oor van die dae toe sy in haar man se arms aan die slaap geraak het. Selfs in die slaapkamer is dit nou eerder plig as plesier en sukkel sy nogsteeds om swanger te raak en die Cloetefamilie 'n erfgenaam te gee. Daarby is Belinda, die bure se dogter wat saam met Stephan grootgeword het en steeds gevoelens vir hom het, besig om te skei en terug op Grasdal by haar ouers. Noulien besluit om Marriage Capsule se huwelikskursus te doen, want ʼn
huwelik is soos ʼn motor: As dit eers breek, is die skade groot, soms onherstelbaar. Maar het sy betyds wakker geskrik?
Publikasiedatum: 2022-09-29
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352036

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 100
R 50Jy spaar R 50
Liefde is tydloos
Juliette het altyd gedink haar oupa se stories oor sy silwer sakhorlosie wat oor magiese kragte beskik was sommer versinsels. En toe beland sy in die een en twintigste eeu nadat sy en Juli, haar nasaat van driehonderd jaar later, plekke geruil het. Luan Beukes het sy hande vol met die vrou wat sy aangenome suster se plek kom inneem. Hy ontdek dat hy dit geniet om haar touwys te maak oor die ingewikkeldhede van die hede, want hierdie vrou maak iets in hom wakker wat hy nooit te wagte was nie. Juliette ontdek op haar beurt weer 'n innerlike krag en begin stadig maar seker aanpas in die moderne wêreld. Boonop begin sy vir Luan leer ken en dis nie
lank voor hy haar hart behoorlik by haar vreemde nuwe klere wil laat uitspring nie. Dalk was die omruiling toe nie so ontydig nie…
Ontydig is die derde verhaal in Madelie Human se tydreis-reeks. Dit speel af in twee tydsones in Stellenbosch en volg op Tydloos en Jaargety. Hierdie is 'n stomende verhaal met 'n paar unieke liefdestonele.
Publikasiedatum: 2022-08-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776351756

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 100
R 50Jy spaar R 50
Is liefde genoeg om werklik te kan vergewe?
Op die oog af lyk dit of daar niks is wat Stella Smith nie kan doen nie. Sy kan dans met ʼn skinkbord vol drankies, haar stempel afdruk as sy saam met 'n gewilde country groep sing, ʼn lekkende kraan en stukkende pyp regmaak, blomme rangskik en selfs kerkorrel speel. Daar is egter iets wat sy nie kan doen nie: om normaal op te tree as Kyle White in die vertrek is. Kyle het sy toekoms en sy loopbaan deeglik beplan. Hy is op pad San Francisco toe. Daar sal hy nie net die seun van 'n goewerneur wees nie, maar ʼn talentvolle argitek in eie reg. Ridgeway is net ʼn vinnige stop voor dan, maar die ongelooflike sexy kroegmeisie Stella maak gevoelens in hom wakker en krap sy planne deurmekaar. Ongelukkig spook Stella se verlede nog te veel by haar om die toekoms met albei hande aan te gryp. Sy voel ook nie gereed om te deel wat vyf jaar gelede op Ridgeway gebeur het nie - al vertel die tatoes op haar liggaam ʼn groot deel van die storie.

Hart van goud is die vyfde boek in Didi Potgieter se gewilde Harte-reeks. Dit is 'n heerlike ontvlugtingsreis na Colorado en San Francisco, en karakters uit haar vorige boeke maak ook hier hul verskyning. Didi is bekend daarvoor dat sy sensitiewe onderwerpe versigtig hanteer en toepaslike navorsing doen. Hierdie boek is geen uitsondering nie.
Publikasiedatum: 2022-07-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.

© All Rights Reserved 2023
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.