AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R450 in RSA

Winskopies / Specials

Results 1 to 15 of 240
Gesorteer volgens:  Outeur
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799374858

Nie-fiksie / Non-fiction: Besigheid / Business

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Besigheid / Business
R 170
R 39Jy spaar R 131
Het jy met te min geld afgetree om in jou behoeftes te voorsien? Of is jou situasie so kritiek dat jou maandelikse uitgawes nie meer deur jou aftree-inkomste gedek word nie? Is jy onseker en weet nie wat jy kan doen om jou finansiële posisie te verbeter nie?

Hierdie boek bied jou wenke hoe om uit jou finansiële verknorsing te kom. Dis 'n versameling riglyne wat finansiële adviseurs wêreldwyd nuttig gevind het. Die planne word in eenvoudige taal en maklik verstaanbaar aangebied. Jy hoef nie 'n finansiële kundige te wees om hulle uit te voer nie.
Publikasiedatum: 2016-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799370669

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 170
R 39Jy spaar R 131
Parys. Die stad van romantiese straatkafees. Sexy ouens. En boonop die modehoofstad van die wêreld. Lindie en haar vriendinne kan nie wag vir die toer na Frankryk nie. Maar sommer op die lughawe begin dinge al skeefloop ... Wie is die geheimsinnige donkerkopman op die vliegtuig? En hoekom voel dit of iemand hulle in Parys agtervolg?
Publikasiedatum: 2014-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799362817

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 180
R 39Jy spaar R 141
Ek het finaal besluit. Ouens is agterbakse miswurms. Net wanneer jy op jou gelukkigste saam met 'n ou is, bars die borrel. Hy cruise aan na die volgende meisie en jy voel soos 'n gek. Verwerp en verneuk en alleen. Ek is klaar met ouens. Ek gaan eendag in die berge in 'n klein huisie bly en groente plant. Iewers in die Himalajas waar daar geen mans is nie. Ek wil nooit in my lewe weer 'n man sién nie.
Nadat haar vorige ou haar verkul het, besluit Annabelle sy stel nie meer in ouens belang nie. Daar is baie ander dinge waaraan sy al haar tyd en aandag kan bestee. Soos haar spysenieringsbesigheid, haar skoolwerk en haar kleinsussie, Mila, wat nog sukkel om hulle ma se dood te verwerk. Maar dan ontmoet sy 'n blouoog-hunk wat haar laat twyfel ... Moet sy dalk weer 'n ou 'n kans gee, of gaan sy weer seerkry?
'n Lekkerlees-tienerroman oor die avonture van grootword - en die hoogtepunte en laagtepunte van jong liefde.
Publikasiedatum: 2013-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799370676

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
R 39Jy spaar R 131
Die nuwe skooljaar skop op 'n besige noot af. Lindie se pa trou binnekort. Haar vriende oefen vir 'n padwedloop. En almal is opgewonde oor die Valentynsbal wat voorlê. Maar soos gewoonlik probeer Danelle om dinge vir Lindie-hulle moeilik te maak.En natuurlik is dit haar skuld dat Lindie en Gina douvoordag een oggend by die koshuis moet uitglip en by die grillerige begraafplaas gaan rondsluip. Wat hulle daar sien, is genoeg om enige iemand nagmerries te gee - 'n oop graf, en 'n hand wat uit die graf te voorskyn kom. Wat is by die begraafplaas aan die gang? En sal Lindie-hulle hierdie nuwe raaisel kan oplos?
Publikasiedatum: 2011-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624073369

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 315
R 69Jy spaar R 246
Esther van Emmenes het nie die bakkie hoor stilhou nie. Sy loop heeltemal ingedagte tussen die ou grafstene in die Fouriesburgse begraafplaas rond. Soekend. Dit is trouens waarom sy op dié Vrystaatse dorpie kom woon het, om haar soektog te vergemaklik, om naby die bronne vir haar navorsing te wees. Sy wou veral naby die Brandwaterkom wees, omdat dit is waar die onderwerp van haar studie, kommandant Fanie Vilonel, se verraderlike optrede gedurende die Anglo-Boereoorlog daartoe gelei het dat meer as vierduisend Boerekrygers oorgegee het. Maar selfs hier waar sy hier in die verwaarloosde begraafplaas rondsoek, is sy bewus daarvan dat haar navorsing die afgelope ruk onvoorsiene dimensies bygekry het, hoogs persoonlike dimensies. Vilonel se lewensverhaal dreig om haar lewe te oorwoeker. Sy koue hartstog. Sy verraad. Maar dan hoor Esther die bakkiedeur klap en kyk verskrik om. Deur die hek van die begraafplaas kom 'n man aangeloop. 'n Onbekende man. Hy steek sy hand na haar uit en sê sy naam in Bullet. Hy sê hy wil haar iets wys wat vir haar navorsing baie sal beteken.
Voor die oorlog was kommandant S.G. Vilonel 'n charismatiese prokureur op Senekel; op die slagveld was hy een van die dodelikste skuts wat nog in aksie gesien is. Hy word egter veral onthou om sy verraad in die winter van 1900 en sy aktiewe deelname aan die oorlog teen sy eie mense.
Alexander Strachan se Brandwaterkom is 'n dubbelloop-roman: Dit is enersyds 'n aangrypende, bloedstollende verhaal oor die lewe van een van die berugste Boereoffisiere, andersyds is dit 'n boeiende ondersoek na die verleidelike, soms selfs verraderlike manier waarop verhale van ons besit neem en ons verbeelding op loop jaag. Met verbluffende vernuf trek Strachan albei snellers van die roman gelyk af.
Publikasiedatum: 2015-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780718182939

Fiction: Novels

Fiction  -  Novels
R 290
R 119Jy spaar R 171
Set to be one of the most extraordinary, controversial and explosive debuts of 2017 - for fans of quality psychological suspense and reading group fiction: once you read this book you'll want to talk about it.
Annie's mother is a serial killer. The only way she can make it stop is to hand her in to the police. But out of sight is not out of mind. As her mother's trial looms, the secrets of her past won't let Annie sleep, even with a new foster family and name - Milly. A fresh start. Now, surely, she can be whoever she wants to be. But Milly's mother is a serial killer. And blood is thicker than water. 'Good me, bad me'. She is, after all, her mother's daughter...

Translated into over 20 languages, Good Me Bad Me is a tour de force. In its narrator, Milly Barnes, we have a voice to be reckoned with, and in its author, Ali Land, an extraordinary new talent.
Publikasiedatum: 2017-10-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798174657

Nie-fiksie / Non-fiction: Kookboeke / Food & Drink

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Kookboeke / Food & Drink
R 395
R 89Jy spaar R 306
Brunches to give the best celebration parties with a difference! Recipes for a Fourth of July in the Hamptons, with red-white-and-blue parfaits, patriotic pancakes, firecracker hotdogs, beef sliders stuffed with blue cheese and American pie. Impress the in laws with a menu from Monaco with oysters mignionette, steak tartare, crostini, salad Niçoise, tarte tropézienne and more. Or relax along the pool with the inspirational treats from captivating Capri or the Bahamas.
Publikasiedatum: 2017-10-23
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799376302

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 285
R 59Jy spaar R 226
'n Bejaarde boer, Theresa Beyers se eks-man en geliefde Afrikaanse skrywer Coenraad Beyers, sterf en laat 'n testament agter met ongewone versoeke wat Theresa te staan laat kom voor die vrou vir wie hy haar verruil het. Vir albei wag daar egter 'n verrassing in die vorm van die jong en swanger Cheryl-Anne Fortuin, wat toe veel meer as Coenraad se persoonlike assistent was. Die skrywer ondersoek die onregverdige mag wat 'n geliefde uit die dood oor die agtergeblewenes kan hê en stel die vraag of almal in die Nuwe Suid-Afrika werklik al so gelyk is soos ons graag wil glo. Die tema van verganklikheid staan ook sentraal in die verhaal.
Publikasiedatum: 2015-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799369755

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 285
R 59Jy spaar R 226
Seisoen van lig en donker is die verhaal van twee jong mense wat moet leer dat dinge nie altyd is soos 'n mens dink dit is nie; en mekaar in die proses opnuut ontdek. Die vierde titel in die Seisoene-reeks van Alta Cloete.
Publikasiedatum: 2014-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798175739

Children: Picture books

Children  -  Picture books
R 150
R 49Jy spaar R 101
This guy will do anything for you not to open this book. Threats, bribes, reverse psychology - you name it. A hilarious new book from radio extraordinaire and all-round funny guy, Andy Lee. Young readers will love doing everything they're asked not to. With bright and entertaining illustrations this story will become a family favourite.
Publikasiedatum: 2017-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798175746

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 49Jy spaar R 101
Hierdie outjie sal enigiets doen om te keer dat jy die boek oopmaak! Dreigemente, beloftes, leuens . . . enigiets! 
Hierdie skreeusnaakse boek is onweerstaanbaar - veral omdat kinders sal geniet om alles te doen wat hulle gevra word om NIE te doen nie. Met kleurvolle en vermaaklike illustrasies, sal hierdie wêreldwye topverkoper beslis 'n gesinsgunsteling word.
Publikasiedatum: 2017-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798174015

Nie-fiksie / Non-fiction: Stokperdjies & Handwerk / Crafts & Hobbies & DIY

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Stokperdjies & Handwerk / Crafts & Hobbies & DIY
R 340
R 89Jy spaar R 251
Hallo, Hekel is 'n hekelboek soos min, waar 'n enkele patroon geneem word en op vier verskillende maniere vertolk word na gelang van jou styl - hetsy boheems, kunstig, klassiek of romanties. Patrone, wat wissel in moeilikheidsgraad, sluit mooi goed vir jouself, jou huis, babas en kinders en selfs geskenke in. Daar is ook voorstelle om dieselfde patroon vir meer as een projek te gebruik. Hallo, Hekel is net die ding as hekel jou passie is.
Publikasiedatum: 2017-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798174022

Nie-fiksie / Non-fiction: Stokperdjies & Handwerk / Crafts & Hobbies & DIY

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Stokperdjies & Handwerk / Crafts & Hobbies & DIY
R 340
R 89Jy spaar R 251
In this unusual crochet book, each pattern is used as a base for four different interpretations, depending on your style - bohemian, artistic, classic or romantic. The patterns range in difficulty, and include pretty things for yourself, your home, babies and children, and for use as gifts. There are also suggestions for using the same pattern for more than one project. The perfect book for anyone who loves to crochet.
Publikasiedatum: 2017-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624081074

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 30Jy spaar R 65
Luitenant-kolonel Marlene Burger van die SAPD het haar plek in 'n manswêreld oopbaklei en laat kriminele les opsê. Dis net haar liefdeslewe wat nie wil vlot nie. Nou is daar 'n kans dat sy en haar jeugliefde Tom Lourens 'n verhouding kan hê. Tog blyk vlootoffisier Lourens oorversigtig te wees . . . Die enigmatiese Ziegfried van Leeuwen, wat dalk die straatkunstenaar De Leeuw kan wees, verskyn op die toneel en is met Marlene gefassineer. Skielik moet sy besluit wat sy werklik wil hê.
Publikasiedatum: 2017-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781473683006

Fiction: Novels

Fiction  -  Novels
R 280
R 168Jy spaar R 112
At the bar of a grand hotel in a small Irish town sits 84-year-old Maurice Hannigan. He's alone, as usual - though tonight is anything but. Pull up a stool and charge your glass, because Maurice is finally ready to tell his story. Over the course of this evening, he will raise five toasts to the five people who have meant the most to him. Through these stories - of unspoken joy and regret, a secret tragedy kept hidden, a fierce love that never found its voice - the life of one man will be powerfully and poignantly laid bare. Heart-breaking and heart-warming all at once, the voice of Maurice Hannigan will stay with you long after all is said.
Publikasiedatum: 2019-02-20

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.