Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

1

9780624084303

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 240
R 192Jy spaar R 48
Jana is net drie jaar oud toe haar ma spoorloos verdwyn. Op die Bolandse wynplaas Stormkloof treur KleinStorm oor sy pragtige vrou. Jana verlang ook na haar ma. Snags roep die wind haar buitentoe, maar Jana is nie bang vir die storm nie. As sy mooi na die wind luister, hoor sy die soet, hoë note van haar ma se fluit. Een so 'n stormnag ontmoet Jana vir !X'uri. !X'uri het gekom omdat dit tyd is om Jana se ma te soek.
Publikasiedatum: 2018-02-21
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

2

9780799378009

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 315
R 149Jy spaar R 166
Dit is Simoné se annus horribilis. Op vier en veertig stap sy vir die tweede keer uit 'n huwelik, bankrot, werkloos, moedeloos, verbrysel. Al wat sy het om van vier en veertig jaar te wys, is 'n bedenklike verlede, 'n tienerseun wat skaars met haar praat, en die besef van mislukking en ontoereikendheid wat soos 'n meulsteen om haar nek hang.
Al waarheen sy het om te gaan, is die kleinburgerlike dorp op die Oos-Vrystaatse platteland waar sy grootgeword het, waar haar konserwatiewe ma en konvensionele suster haar gedurig aan haar tekortkominge kan herinner.
Rock bottom, dis waar sy is. Maar omdat dit al is wat daar is om te doen, begin sy herbou; aan 'n loopbaan, 'n vriendekring, haar verhouding met haar kind, haar verhouding met haar ma. Aan haar vertroue in haarself.
Stelselmatig kom daar lig, en sin, en rigting, selfs vir haar. Al waarvoor sy glad nie reg is nie, is Barnard Richter, wat van haar verwag om ten spyte van alles wat sy nie kon vermag nie en alles wat sy nooit sal kan wees nie, weer in die liefde te glo.
Publikasiedatum: 2017-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

3

9781485903680

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 230
R 184Jy spaar R 46
Speurders Storm van der Merwe en Andreas Moerdyk is terug. Storm werk nou in Hermanus en tydens ʼn ete saam met ʼn vriendin in Zebardines, ʼn spoggerige restaurant, slaan ʼn gehate kosblogger dood neer. Dit blyk dat daar giftige sampioene in haar kos was.

Dis maar net die begin van Storm se probleme. Haar oudkollega, Andreas Moerdyk, daag sak en pak op haar drumpel op. Hy het bedank en kom soek ʼn nuwe heenkome in Hermanus. Terwyl al die restaurante in die omgewing reg maak vir fooddotcom, ʼn restaurant- en koswebtuiste, se toekenningsaand, waar die beste sjefs in die land vereer word, eis die moordenaar nog slagoffers.

Gaan Storm daarin slaag om die moordenaar vas te trek voor haar tyd uitloop?
Publikasiedatum: 2018-03-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

4

9780624081104

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 260
R 208Jy spaar R 52
Met sy heel eerste verskyning op televisie as hoërskool-laaitie het Rian van Heerden reeds die volk die josie ingemaak. Sedertdien het hy dikwels
koerantvoorblaaie gehaal - en is telkens afgedank! - vir sy omstrede uitlatings. In dié boek skryf hy onbeskaamd oor al die goed wat mense meen hy eerder nié moes gesê het nie. Hy maak vir die eerste keer sy hart oop oor sy persoonlike lewe, sy worsteling met gaywees en sy eerste liefdesverhouding. Blatant eerlik, skreeusnaaks, aangrypend.
Publikasiedatum: 2018-02-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

5

9780624084983

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 240
R 192Jy spaar R 48
'n Verhaal wat die kruis van outisme genadeloos oopvlek. Sentraal in hierdie aangrypende gegewe staan twee onvergeetlike vrouekarakters: Ingrid Dorfling, ma van Alexander, wat die grense van wanhoop oorskry in haar verbete stryd om die kind wat hulle gesinslewe ontwrig 'mens' te laat word. En in die proses omtrent alles wat kosbaar is, verloor. Parallel met Ingrid staan Miriam - oppasma - wat met haar kinderlike godsvertroue en aardse wysheid die enigste is wat tot 'Boetatjie' kan deurdring.
Publikasiedatum: 2018-01-22
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

6

9780799387544

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 265
R 212Jy spaar R 53
'n Donkerkopmeisie se liggaam word in 'n agteraf hotel in 'n Aspoester-uniform gevind. Haar linkervoet se tone is afgesny sodat die voet in die glasskoen kon pas. Haar oë is netjies verwyder. Daarna is haar nekaar gekloof sodat sy haar kon doodbloei.
“Hoe sal jy voel as ek dieselfde met jóú dogter doen? Haar naam is mos Franci?”
Dit is wat die elektronies vermomde stem vir doktor Olaf Demeyer, forensiese profileerder, vra terwyl hy die dossierfoto's van die moordtoneel bestudeer.
“Hoekom sou jy dieselfde met my dogter wou doen?”
'n Koggellaggie klink op. “Dit is wat jy moet uitvind, Doktor. Kom ons kyk of jy werklik so baie vir verontregde vroue omgee soos wat die media beweer. En kom ons kyk of jy my betyds met jou agtste sintuig kan uitoorlê.”
Die lyke van nog drie meisies word binne 'n paar dae gevind. Olaf besef hy sal baie diep in sy eie donker profiel moet delf na die waarheid as hy wil verhoed dat sy enigste dogter die vyfde slagoffer van die Aspoestermoordenaar word. Herinneringe aan sy traumatiese kinderjare, sy oordrewe skuldgevoelens en sy fobie vir lemme, maak nie sy taak vir hom ligter nie. Intussen voel hy hoe die uurglas baie vinnig vir Franci leeg loop.

Hierdie sielkundige riller delf in die lewenslange invloed wat gesinsgeweld, asook geweld in die algemeen, op die psige van 'n mens kan hê.
Dit ondersoek ook die invloed wat geweld teen vroue en kinders op die samelewing het.
Kwessies soos pedofilie, geestesversteuring en seksverslawing word aangespreek teen die agtergrond van 'n reeks bisarre misdade waarin jong meisies grusaam vermink word voordat hulle sterf.
Publikasiedatum: 2018-03-02
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

7

9780798176996

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 195
R 156Jy spaar R 39
Van 1981 tot 2014 skryf Cilliers rubrieke vir Beeld, De Kat en Sa​​rie. Deur die jare het sy etlike bydraes vir verskillende bundels gemaak, maar Die ou vrou en die priester is haar eerste eie kortverhaalbundel. Verskeie klassieke temas word onder die loep geneem: dit wat in 'n huwelik ongesê bly tussen man en vrou, die verband tussen ma en dogter, die blindheid van 'n eerste liefde, en bowenal die uitdagings van oud word.
Baie leesbaar, met 'n diep menslikheid wat uit die stories straal.
Publikasiedatum: 2018-02-16
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

8

9781485903550

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 220
R 176Jy spaar R 44
Leon van Nierop se blitsverkoper Plesierengel verskyn twintig jaar gelede en dit is in hierdie boek waar duisende lesers vir Tristan Hansen ontmoet, 'n engel van plesier, 'n manlike prostituut waarvoor Johannesburg se rykste vroue duisende rande betaal.

Dit is egter nie die volle verhaal nie: hoe het die enigmatiese Tristan tot hier gekom? In Katelknaap kry die leser 'n blik op die vroue wat hom gevorm het en van genot geleer het. Veral saam met een vrou, ver weg in Positano, 'n dorpie in Italië, kon hy hom loswikkel van die beklemming van sy konserwatiewe ma wat hom ná sy pa se selfmoord alleen grootmaak.

Maar dit was ook nie die laaste beklemming nie. Op die vooraand van Tristan se 27ste verjaardag vind ons hom in sy luukse dakwoonstel in Maboneng, onrustig ná 'n vreemde foonoproep vol dreigende stilte. Terwyl hy kan voel hoe hy deur 'n verkyker dopgehou word en dat die afloerder met iets anders as begeerte na hom kyk, reik sy herinneringe terug na gelukkiger dae in Positano, en na sy opleiding in die kuns van liefdemaak.
Publikasiedatum: 2018-02-19
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

9

9781415209431

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 260
R 208Jy spaar R 52
“Die lang man sonder skaduwee,” so het die oumense gepraat as hulle die grondpaaie beskryf het wat oor die rug van vlaktes loop soos linte wat plase en veeposte en dorpe aan mekaar bind. Dit was 'n raaisel wat hulle vir mekaar gevra het om 'n stram geselskap aan die gang te kry.

Met dié raaisel begin Antoinette Pienaar, Afrikaanse sangeres, aktrise en radiopersoonlikheid, haar nuwe boek ná die verskyning van Kruidjie roer my, haar boek oor Karookruie wat sy plek as 'n klassieke werk in Afrikaans ingeneem het. Sy werk reeds vir jare in die Karoo saam met oom Johannes Willemse, legendariese Griekwa-medisyneman. Oom Johannes leer haar hoe om Karookruie te gebruik om mense se lywe en siele te genees en van heinde en ver kom besoekers om hier by hulle gesond te kom raak.

In Die lang man sonder skaduwee sit Antoinette haar roeping as geneser voort. Vol begrip en deernis word Karookruie ingespan om allerlei kwale te genees. Maar nou ondersoek sy ook die genesende krag wat in die ou stories, raaisels en rympies van die Griekwa-mense skuil, want dikwels het 'n fisieke probleem 'n emosionele oorsprong en is dit stories wat die hart kan genees. Die langman sonder skaduwee is volksbesit: waardevolle inheemse kennis liefdevol opgeteken vir lees en herlees.
Publikasiedatum: 2018-02-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

10

9780799387575

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 295
R 236Jy spaar R 59
In haar grootwordjare in die laat tagtigs dra vroue skreeuhelder neonkleure, skouerkussings en groot hare. Maar nie háár aanneemma nie en ook nie Kaila sélf nie. Sy skáám haar!
Haar ma is kerklik en koeklik en oorgewig en nie regtig lief vir haar nie.
Kaila word bespot en leer verwerping ken op vele vlakke.
Daar is 'n gevaarlike, verbode aantrekkingskrag tussen haar en haar Wiskunde-onderwyser. Sal hy die liefde van haar lewe wees?
Ná 'n motorongeluk wat ernstige letsels laat, verdwyn Kaila se ma spoorloos. Die onsekerheid en verlange spook lank daarna nog by haar.
As enkelouer stort sy jare later al haar liefde uit op haar seun, Sebastian. As hy tog net nie bevriend was met Bertina, die wildewragtige dogter van Max Viljoen, nie! Toe Bertina swanger raak, staan Kaila se seun se toekomsdrome gevaar om verpletter te word.
Wat gemaak met die swangerskap wat soveel mense se lewe in skerwe laat spat? Max is vasbeslote dat sy dogter nie alleen met die baba in die arms gaan bly staan nie terwyl Kaila haar seun wil beskerm. Eintlik het Kaila en Max mekaar nodig, maar Kaila se hart breek wanneer sy die pyn in haar jong seun se oë sien.
En Kaila weet, sy weet, 'n mens het meer nodig as 'n blom in jou hare om gelukkig te wees.

In hierdie liefdesroman/gesinsdrama/verhoudingsroman ervaar die leser weereens Kristel Loots se vermoë om haar karakters se pyn, vrees en worsteling weer te gee in hul alledaagse lewe én om dit met humor te doen. Die roman spreek alledaagse realiteite van gewone vroue aan, veral die krisis wat ontstaan as 'n droomhuwelik nie die toets van die tyd weerstaan nie. Met die aanvang van die roman is Kaila 'n tiener met al tieners se frustrasies en wrokke teen die gesin en samelewing. Sy word geleidelik groot en teen die einde leer die leser Kaila as volwasse en deurleefde vrou ken. Die verwikkeldheid en delikaatheid van verhoudings tussen kinders en ouers, tussen man en vrou en tussen vriende is 'n deurlopende tema.
Publikasiedatum: 2018-03-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

11

9780796320520

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 200
R 160Jy spaar R 40
Die oorlog dreig terwyl Mispa en Elim se mense ook die hart se stryd moet besleg. Daniël met sy horrelvoet en sy ongeneeslike begeerte na die meisie wat hom verraai het, het die goeie weg gekies, waarvoor hy liefde van sy vrou Anna ontvang. Anna, die verstandige, sy wat so begeer dat haar man net moet sê hy het haar lief ... Op daardie pynlike aand voor die mans oorlog toe vertrek, weet geliefdes wat mekaar dalk nooit weer sal sien nie net dit: God sal sy kinders seën, hulle wat naby Hom bly.
Publikasiedatum: 2018-02-26
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

12

9780624084327

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 295
R 236Jy spaar R 59
Hierdie boek is die voltooiing van Elsa Joubert se outobiografiese drieluik wat ingelei is deur 'n Wonderlike geweld (2005) en Reisiger (2009). Dit fokus hoofsaaklik op die skrywer se latere jare, in die aftreeoord in Kaapstad waar sy nou al geruime tyd woon, maar haar belewenis van die hede en onlangse verlede word onlosmaaklik vervleg met herinneringe aan veel verder terug, alles geteken met die kenmerkende woordvaardigheid van een van Afrikaans se mees gevierde skrywers.
Publikasiedatum: 2017-11-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

13

9781431617401

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 299
R 239Jy spaar R 60
Roman Velasco is 'n suksesvolle Los Angeles-kunstenaar wat oënskynlik alles het wat sy hart begeer - ʼn groot herehuis, geld, vroue en roem. Slegs Grace Moore, sy teësinnige nuwe assistent, weet hoe min hy regtig het.
Maar Grace weet nie hoe haar baas in die geheim met sy duiwels stoei nie: deur geboue te teiken as die Bird, 'n berugte maar ongeïdentifiseerde graffiti-kunstenaar - 'n alter ego wat Roman se loopbaan kan verwoes en hom in die tronk kan laat beland.
Soos Roman, worstel Grace ook met spoke en geheime van haar eie. Ná 'n rampspoedige huwelik haar lewe totaal van koers afgegooi het, het sy gesweer dat liefde nooit weer haar drome sal kniehalter nie. Maar soos sy die enigmatiese man agter die reputasie leer ken, is dit asof hulle gebroke stukke stadig inmekaar begin pas ... totdat iets onverwags gebeur wat die loop van hulle verhouding - en albei se lewe - onherroeplik onherroeplik
verander.
Die meesterstuk is ʼn splinternuwe liefdesverhaal deur bekroonde New York Times-topverkoper-outeur Francine Rivers wat jou herinner dat genade selfs die mees gebroke persoon in 'n onvolmaakte tog ongelooflike meesterstuk kan verander.
Publikasiedatum: 2018-01-29
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

14

9781485304258

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 250
R 200Jy spaar R 50
Manon Viljoen is 'n jong advokaat en ywerige motorfietsryer. Sy word ingeroep om as amicus curiae die regter by te staan in 'n moordsaak om 'n regverdige uitspraak te lewer. Die beskuldigde is Charles Mouton, 'n suksesvolle senior advokaat wat een oggend wakker word langs die bebloede lyk van sy vrou en van haar moord aangekla word. Hy weet nie wat gebeur het nie. Of so beweer hy. Hy weier om aan die verhoor deel te neem omdat hy glo die hof moet die waarheid soek. Dit val dus op Manon se skouers om die waarheid te soek en voor die hof te lê. Manon se aanstelling word bemoeilik deur die feit dat sy en regter Nantes Castel 'n geskiedenis het. Die verhoor loop allerande draaie terwyl Manon na redelike twyfel soek en terselfdertyd haar gevoelens vir Nantes bevraagteken. Stel hy nog belang, of terg hy haar sommer net?


Vind Manon die waarheid waarna sy soek â€' oor die identiteit van die moordenaar en ook oor Nantes se gevoelens vir haar? Of is daar redelike twyfel?
Publikasiedatum: 2018-03-02
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

15

9780620773331

Nie-fiksie / Non-fiction: Kookboeke / Food & Drink

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Kookboeke / Food & Drink
R 395
R 316Jy spaar R 79
Die Rooitamatie storie is n chronologiese optekening van Renette Vosloo se lewe met kos. Van n dogtertjie wat op n mat lê en boek kyk en dan besluit om n eend gaar te maak, tot studentekos en later restaurateur, ma en uiteindelik TV kospersoonlikheid.
Maar wat Renette sê sy eintlik wil deel, is die wil om bo uit te kom.
'Al val die son.
Hy kom weer op.
En jou storie word n heerlike bredie, gegeur met die speserye van die lewe, die kruie van drome en natuurlik, n klomp plomp tamaties.'
Publikasiedatum: 2018-01-31

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development