Die Boereoorlog

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431410552

Nie-fiksie / Non-fiction: Politiek & Geskiedenis / History & Politics

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Politiek & Geskiedenis / History & Politics
R 365
R 292Jy spaar R 73
Die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) is al verskeie dinge genoem: die oorsaak van apartheid, die voorganger van die Eerste en Tweede Wêreldoorloë, en die eerste media-oorlog (waar joernaliste vir die eerste keer by 'n oorlog ingebed was). Dit het gehelp om die nasiestaat van Suid-Afrika te skep en meer as 'n honderd jaar nadat dié oorlog geëindig het, lei dit steeds tot vurige debatte.
In Die Boereoorlog bied Martin Bossenbroek vir die eerste keer aan lesers die volledige storie met ongeëwenaarde insig en detail. Bossenbroek
volg drie kleurvolle hoofkarakters: die Nederlandse prokureur, staatsprokureur van die Suid-Afrikaanse Republiek, staatsekretaris en uiteindelike Europese gesant Willem Leyds; die Britse oorlogsjoernalis Winston Churchill, en die Boerekryger en toekomstige Suid-Afrikaanse politikus, Deneys Reitz. Bossenbroek se fassinerende nuwe blik op die oorlog troef Thomas Pakenham se klassieke topverkoper, en is 'n moet-lees vir alle Suid-Afrikaanse geskiedenis-entoesiaste.

Martin Bossenbroek is 'n mede-professor in Geskiedenis aan die Universiteit van Utrecht in Nederland. Hy het sy eerste graad in 1980 van die Vrye Universiteit van Amsterdam ontvang en in 1992 sy doktoraal van die Universiteit van Leiden. Hy is die outeur van vele akademiese artikels en Die Boereoorlog is sy sewende gepubliseerde boek.
Publikasiedatum: 2014-11-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.