Groot storie van die Bybel

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431613946

Christelik - Kinders: Prenteboeke

R 200
Die Bybel is 'n groot boek oor jou groot God wat Sy groot beloftes hou!

Soms lees jy al die klein stories en vergeet dat die Bybel een groot storie vertel van al God se beloftes wat Hy deur die eeue nagekom het.

Die groot storie van die Bybel stel hierdie merkwaardige ware verhaal voor in 11 Ou-Testamentiese stories en 15 Nuwe-Testamentiese stories. Eenvoudige woorde en treffende illustrasies span saam om die storielyn van God se Woord vir jou kinders oor te dra - van Genesis tot Openbaring. Die unieke manier waarop die 26 stories vertel word met vragies in die teks sal jou kinders intrek en vir jou die geleentheid gee om te gesels oor God se beloftes en hoe Hy altyd Sy woord hou.

David Helm lei jou kinders deur hierdie opwindende ontdekkingstog deur God se beloftes sodat hulle ook kan sien hulle is deel van God se groot storie.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel The Big Picture Story Bible.

Oor die Outeur

David R. Helm is een van die leierleraars van die Hyde Park Congregation of Holy Trinity Church in Chicago en is ook betrokke by die Charles Simeon Trust as uitvoerende direkteur. Hy het aan die Wheaton College en Gordon-Conwell Theological Seminary studeer. David, die skrywer van verskeie boeke, en sy vrou, Lisa, het vyf kinders.
Publikasiedatum: 2015-11-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development