Max Luxado Omnibus 1

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781868296484

Christelik / Christian: Christelike Leefwyse / Christian Living

Christelik / Christian  -  Christelike Leefwyse / Christian Living
R 200
R 160Jy spaar R 40
Eeu oue waarhede uit die pen van Max Lucado.

In hierdie omnibus is drie van Max Lucado se gewilde boeke in een bundel. Dit fokus op die aspekte van Jesus se Wese: Sy toewyding aan Sy dissipels, Sy persoonlike betrokkenheid in elke Christen se lewe, en Sy onuitputlike vreugde in Sy liefde vir Sy kinders.

Die eerste boek in die omnibus is In die huis van my Vader en laat jou besef dat dit jou liefdevolle God se hartsbegeerte is om vir jou 'n blyplek te wees, 'n tuiste vir jou hart.

In die greep van genade, die tweede boek, maak jou opnuut bewus van die feit dat jy as oorwinnaar kan leef deur Hom wat jou so onvoorwaardelik liefhet. En in die laaste boek, God juig oor jou, word die werklike boodskap van die evangelie ontsluit, naamlik God ken jou, Hy het jou lief, gee vir jou om en is verheug oor jou.

In hierdie omnibus openbaar Max se woorde die passie van God se hart. Sy stories blaas nuwe lewe in eeue oue waarhede en sy deernisvolle humor ontbloot die mens in al sy menslike feilbaarheid.

Oor die Outeur

Max Lucado is met meer as 100 miljoen produkte in druk een van die gewildste outeurs in Amerika. Hy en sy vrou, Denalyn, bly in San Antonio, Texas, waar hy by die Oak Hills Church in die bediening is.
Publikasiedatum: 2010-10-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.