Spoor van die perlemoenstroper

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920654115

Fiksie: Romans

R 149
"Bheki Mkaliphi staan botstil. Sy khaki-uniform verdwyn tussen die droë Port Jackson-takke. In die halflig van die vroeë oggend sien die groep perlemoenstropers hom nie raak nie. Met swaar gelaaide perlemoensakke oor hulle skouers kom die draers in die duinepaadjie suid van Kromriviermond naby Scarborough aangeloop. Onbewus van die lokval.

Bheki druk die transmit-knoppie van sy radio drie maal. Hy verwag nie 'n antwoord nie, want die taakgroep handhaaf radiostilte. Die res van sy patrollie lê agter hom. Hulle is nou gewaarsku.

Die nege draers beweeg verby sy observasiepos. Die veldwagters se web span al hoe nouer. 'n Onheilspellende stilte hang in die swaar seelug. Nader en nader. Geen terugdraaikans nie, want Bheki dek nou die agterhoede.

Ses gewapende veldwagters verrys skielik uit hulle skuilings in die fynbos en rig hulle wapens op die stropers. 'Staan stil! Drop die sakke!'
Die agterste vier perlemoendiewe vlieg om, net om in Bheki vas te kyk.

***

November 2012: Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye erken aan die Parlement dat hy die stryd teen stropery verloor het, dat die perlemoenpopulasies in die visserysones tussen Arniston en Kleinmond gedoem is tot uitwissing aan die hand van stropers.

***

Die gewilde omgewingsmisdaadskrywer Johan Fourie se derde boek ondersoek die intriges wat gepaard gaan met perlemoenstropery in Suid-Afrika. Die naelbytaksie voer die leser van wetstoepassers na stropers, van vissersgemeenskappe na bendes, van Chinese Triades na korrupte amptenare. En ook na die sakeryk van die aanvallige Madelyn Krauss, Gansbaai se eie 'perlemoen queen'. Hierdie eko-spanningsverhaal, geïnspireer deur feite, gee die leser 'n binnekykie na die onderduimshede wat Suid-Afrika se mariene-hulpbronne die afgelope jare in krisis gedompel het.
Publikasiedatum: 2013-07-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development