Katalekte

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798157926

Fiksie: Poësie

R 280
Die subtitel 'artefakte vir die stadige gebruike van doodgaan' dui reeds op die belangrikste temas in Breytenbach se nuwe bundel: afskeid, verganklikheid, die dood. Maar tog is daar ook, soos altyd, gedigte wat 'n viering is van die lewe en van die liefde. Katalekte vorm 'n drieluik met sy vorige twee bundels, Die windvanger en Die beginsel van stof. Soos voorheen, gedigte wat aards is én liries, sintuiglik én abstrak, eenvoudig én kompleks, onthutsend én teer. En steeds, die assosiasie van letsels, oorblyfsels, flardes, van onvolledigheid. En uiteindelik, 'n oorgang na 'die bevryding van onsigbaarheid'.Die boek sluit 20 afbeeldings in kleur in, van pampoen tot nar: 'n integrale deel van die teks.
Publikasiedatum: 2012-11-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development