Katryn vrou van die Richtersveld

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780798156462

Fiksie: Romans

R 245
Meneer, ek verpes vir Abraham Klink soos ek die tkamma verpes wat my lammertjies kom vang. Ek verpes hom soos ek die koringluis verpes wat in 'n land inkom en alles opvreet solat jy nie 'n korrel oes nie. Ek verpes hom soos ek die knopiespinnekop verpes wat onder die koringgerwe inkruip en jou aan die vinger byt as jy daai gerf optel. Ek verpes hom soos ek die horingsman verpes wat in die voetpad lê en jou pik as jy daarlangs loop!
Katryn Jonis staan in die Kaapse Hooggeregshof tereg op aanklag van moord. Die oorledene is die seun van haar aartsvyand, Abraham Klink. Sonder advokaat of ooggetuies, met al die omstandigheidsgetuienis teen haar, moet Katryn voor die halsregter veg vir haar lewe. Sy het net één wapen tot haar beskikking: dat sy die waarheid praat, so heilig en so waar as wat net die waarheid kan wees.



Woorde wat onwillekeurig by 'n mens opkom terwyl jy hierdie roman lees, is fassinerend, meesleurend, onthutsend ...
George Louw

Katryn is 'n formidabele vrouekarakter wat hopelik in die Afrikaanse romankuns 'n verwysingspunt gaan word.
Linda Rode

Die verhaal oor Katryn Jonis is dié van 'n heroïese matriarg, 'n martelaar wat aan Dalene Matthee se Fiela herinner.
Elias P. Nel
Publikasiedatum: 2017-06-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development