Afslag slegs op aanlynbestellings

Joost en Amor Agter die skerms

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781770225978

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 220
R 100Jy spaar R 120
Die gevierde Springbok-rugbyheld Joost van der Westhuizen en sy vrou, die sangeres Amor Vittone, was 'n glansryke paartjie wat die verbeelding van menige Suid-Afrikaner aangegryp het. Hulle het as hul land se eie 'Posh en Becks' bekend gestaan en was geseënd met sukses, roem, ophemeling deur die publiek, en 'n oënskynlik gelukkige huwelik. Totdat 'n skokberig oor 'n seksvideo op die voorblad van 'n plaaslike Sondagkoerant verskyn het ...

In hierdie boek vertel Gavin Prins, die welbekende joernalis en 'n persoonlike vriend en vertroueling van die Van der Westhuizens, nou die storie agter die storie - die een wat nog nooit tevore gepubliseer is nie. Prins, wat die seksvideo-skandaal op die voorblad van Rapport bekend gemaak het, beskryf hoe 'n eenvoudige plaasseun wat 'n nasionale rugbyheld geword het, sy droomvrou ontmoet en met haar getrou het - en toe op die mees openbare en vernederende manier in ongenade geval het. Sy bekentenis het 'n sekere mate van bevryding meegebring - totdat 'n lewensgevaarlike siekte hom op sy knieë gedwing het ...

Hierdie kragtige vertelling, wat dikwels skokkend maar uiteindelik opheffend is, is die ware verhaal agter die opspraakwekkende opskrifte wat Suid-Afrika se bekendste paartjie geteister het.
Publikasiedatum: 2013-10-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.