Lewenswetenskappe Deel 1 3 in 1 Graad 12

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920568849

Leermiddels: Graad 12

R 149
Hierdie boek is DEEL 1 van 'n STEL van 2 Lewenswetenskappe-gidse wat tesame die Graad 12 KABV-kurrikulum wat in 2014 geïmplementeer is, breedvoerig dek.

Dit bevat die 2 Kennisareas wat in VRAESTEL I van die eksterne Nasionale finale eksamen geëksamineer word:

Lewensprosesse in Plante en Diere
Omgewingstudies
Dit sluit ook volledige notas oor Graad 11 Omgewingstudies as 'n komponent van die Graad 12 Vraestel 1 in.

Beide DEEL 1 end DEEL 2 Graad 12 studiegidse bied:

Breedvoerige NOTAS per module
Vrae en 'Snelvure' per module
Gedetailleerde memo's
Hierdie 3 in 1 studiegidse bied NUWE materiaal wat deeglik nagevors, relevant, toeganklik en genotvol is. Die inhoud is omvattend, tog leerdervriendelik.

Die gegradeerde vrae (en antwoorde) wat vir elke eenheid verskaf word, verseker dat die uitdagings wat hierdie vak bied, deeglik bemeester word. Die 'Snelvuurvrae' aan die einde van elke module toets en bevorder konsolidering van noodsaaklike terminologie.

Deur reg deur die jaar sistematies te werk, word graad 12 leerders met verskillende leervermoëns en leerstyle geïnspireer om uitstekende resultate te behaal.
Publikasiedatum: 2014-03-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development