Lewenswetenskappe Deel 2 3 in 1 Graad 12

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920568863
R 149
Hierdie boek is DEEL 2 van 'n STEL van 2 Lewenswetenskappe-gidse wat die Graad 12 KABV-kurrikulum wat in 2014 geïmplementeer is, breedvoerig dek.

Dit bevat die 2 Kennisareas wat in VRAESTEL II van die eksterne Nasionale finale eksamen geëksamineer word:

Lewe op die Molekulêre, Sellulêre en Weefselvlak
Diversiteit, Verandering en Kontinuïteit
Beide DEEL 1 en DEEL 2 Graad 12 studiegidse bied:

Breedvoerige NOTAS per module
Vrae en 'Snelvure' per module
Gedetailleerde memo's
Hierdie 3 in 1 studiegidse spreek tot leerders van alle vermoëns en leerstyle. Dit verskaf duidelike, nuut-nagevorsde notas en kolpuntlys-opsommings. Duidelike diagramme verbeter die leerproses en vergemaklik begrip van uitdagende onderwerpe.

Vakmateriaal is in kleiner dele opgebreek en praktiese wenke word deurgaans gegee.

Die 'Snelvuurvrae' aan die einde van elke module toets en bevorder konsolidering van noodsaaklike terminologie. 'n Wye reeks vrae en antwoorde berei leerders vir hul finale eksamens voor.

Deur reg deur die jaar, sistematies deur die vakmateriaal te werk, word die leerder in staat gestel om in hierdie vak te presteer.
Publikasiedatum: 2014-03-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development