Afslag slegs op aanlynbestellings

Loodglaskuns

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920479893

Nie-fiksie / Non-fiction: Stokperdjies & Handwerk / Crafts & Hobbies & DIY

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Stokperdjies & Handwerk / Crafts & Hobbies & DIY
R 185
R 167Jy spaar R 18
Hierdie ryklik geïllustreerde boek oor loodglas dek alles wat jy moet weet om hierdie eeue oue handwerkvorm te beoefen.

Die inleiding beskryf al die materiale en toerusting, die soorte glas en veiligheidsmaatreëls, en word gevolg deur stap-vir-stap-tegnieke en wenke oor die natrek en uitsny van patrone, slyp- en foeliewerk, hoe om die stukke saam te stel, soldeerwerk, vertinning en die aanwending van patina.

Die wye reeks projekte - in tradisionele en kontemporêre style - sluit lampkappe, kershouers, bewertjies, rame, muurhorlosies, spieëls en nog vele meer in. Die eerste paar projekte word geïllustreer met gedetailleerde stap-vir-stap-fotoís om die grondslag neer te lê vir die daaropvolgende projekte waarin meer spesifieke besonderhede uitgelig word. Al die items in die boek - hetsy dit eenvoudig of meer uitdagend is - beeld die wonderlike verskeidenheid glas wat deesdae beskikbaar is pragtig uit.

Met die puik kleurfoto's van al die voltooide items, tegniese wenke regdeur die boek, foto's uit die studio met uitgebreide byskrifte vir ekstra inspirasie, en patrone vir die projekte is hierdie boek ín móét vir elke handwerker.
Publikasiedatum: 2014-03-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.