Die visuele evangelie

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431617241

Christelik / Christian: Algemeen / General

R 250
Die Bybel se diepste waarhede visueel verduidelik vir 'n nuwe generasie.

Ons leef in 'n tyd waarin mense al hoe meer op visuele voorstellings staatmaak om nuwe en moeilike konsepte te verstaan.

Maar die visuele voorstelling van waarheid is nie nuut nie. God het self visuele voorstellings gebruik om sy mense die waarheid te leer. Die tabernakel van die Ou Testament was 'n visuele voorstelling van die mens se verwydering van God en God se afdaling na sy volk toe. Elke deel van die tabernakel was bedoel om iets van die mens se verraad teenoor God en God se liefdevolle antwoord daarop te weerspieël. Net so is die sakramente van die Nuwe Testament visuele voorstellings van die mens se sonde en God se antwoord. Selfs die kruis was beide realiteit en 'n visuele demonstrasie.

Challies en Byers wil die konsepte en beginsels van sistematiese teologie op 'n vars en informatiewe manier oordra. Hulle doen dit met behulp van:

Diagramme en grafiese voorstellings van teologiese uitgangspunte
Praktiese insigte en toepassings vir die daaglikse lewe
Fokusblokkies met ekstra verduidelikings en aanbevelings vir verdere leeswerk
Die visuele evangelie stel die Bybel se diepste waarhede op so 'n manier voor dat dit gesien en verstaan kan word deur 'n generasie wat ingestel is op die visuele.

Oor die outeurs

Tim Challies is 'n leraar, bekende spreker, skrywer van verskeie artikels en 'n pionier in die Christelike blogwêreld. Meer as 20 000 mense besoek Challies.com daagliks, wat dit een van die mees geleesde en erkende Christelike blogs in die wêreld maak. Tim is ook die redakteur van DiscerningReader.com, 'n webtuiste wat daaraan toegewy is om weldeurdagte resensies te plaas oor boeke wat vir Christene van belang is. Tim en sy gesin bly naby Toronto, Ontario.

Josh Byers is 'n leraar, kunstenaar, spreker, eggenoot en pa van Iowa. Sy werk is al op verskeie plekke gesien, van die Gospel Coalition tot die Tonight Show. Hy skryf en publiseer gereeld grafika by joshbyers.com
160 Bladsye , 181 x 231 mm
Publikasiedatum: 2017-08-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development