Verbrand vet vinnig

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780908387977

Nie-fiksie / Non-fiction: Tuinbou / Gardening

R 130
JY HOEF DIT NIE ELKE DAG TE VOLG NIE.
Die meeste mense is geprogrammeer om gewig op te tel, veral om die middel, maar jy kan jou eie 'skraal gene' aanskakel met twee eenvoudige veranderinge aan jou dieet en 'n oefenprogram van agt minute. Verbrand vet vinnig kombineer hierdie drie geheime tot gewigsverlies: 1) dieet op afwisselende dae, 2) 'n lae-GL-dieet en 3) 'n oefenprogram wat vet verbrand - in een supermaklike en hoogs doeltreffende plan. Die resultaat is dat jy vinnig vet verloor deur al om die ander dag minder te eet.
Wat jy eet, is net so belangrik as hoeveel en wanneer jy eet. Hierdie lae-GL- (glukemiese lading) dieet sny jou behoefte om insulien te maak uit, wat op sy beurt weer gene aanskakel wat jou help om vinnig vet te verbrand. Saam met 'n eenvoudige oefenprogram van agt minute, saamgestel deur die kenner Kate Staples, 'n voormalige Gladiator en atleet, sal jy vinnig vet om jou maag verloor en binne dae maerder lyk. En om dit maklik te maak, kan jy kyk hoe Kate die oefeninge aanlyn demonstreer.
Verbrand vet vinnig is die maklikste en vinnigste manier om gewig te verloor, goed te lyk en gesonder te wees - sonder om elke dag daarby te hou.
Publikasiedatum: 2014-08-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development