Pirana

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780795801099

Fiksie: Romans

R 260
Wanneer Kassie Kasselman die verdwyning van 'n ekskollega begin ondersoek, is dit vinnig duidelik dat hier veel meer as net 'n dwelmverwante verdwyning skuil. Hoe lyk dit dan of dit verband hou met die ontvoering wat sy kollega Rooi Els se vrou se werkplek getref het? Van die ongenadige Kaapse ganglands tot die Kruger-wildtuin met sy renosterstropers, Afrika-curio's en luukse lodges; tussen 'n verslonsde Bolandse hoewe met 'n grieselige dam vol visse en die glans-en-skanswêreld van internasionale diplomasie moet Kassie sy pad voel-voel vind - of Rooi se vrou is visvoer. Maar vir Kassie is dalk die belangrikste van als: sal sy onskatbaar waardevolle seëls die aardbewings oorleef daar waar hulle ver oor die wêreld swerf? Rudie van Rensburg doen dit weer in sy vierde Kassie Kasselman-roman.
Publikasiedatum: 2016-05-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development