Afslag slegs op aanlynbestellings

Die Dag Toe Ek Jesus Ontmoet Het

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431614950

Christelik / Christian: Christelike Leefwyse / Christian Living

Christelik / Christian  -  Christelike Leefwyse / Christian Living
R 150
R 135Jy spaar R 15
Twee duisend jaar gelede het Jesus se pad gekruis met doodgewone mense. Hulle was dikwels gebroke, onvolmaak en sonder hoop. Maar Hy het hulle lewens aangeraak, hulle heelgemaak en die lewensdoel gegee waarvoor hulle so desperaat was.
Frank Viola en Mary DeMuth neem lesers in Die dag toe ek Jesus ontmoet het op 'n fassinerende reis terug in tyd met die dramatiese verhale van vyf vroue wat Jesus ontmoet het: die vrou wat op owerspel betrap is, die prostituut wat Jesus se voete gesalf het, die vrou wat aan bloedvloeiing gely het, die Samaritaanse vrou en Maria van Betanië. Elke verhaal word vanuit die vrou se unieke perspektief vertel, maar is steeds Skrifgetrou volgens die gebeure uit die Evangelies.
Die fiktiewe dagboekinskrywings word afgesluit met die verhaal uit die Bybel en 'n toepassingsgedeelte. Besprekingsvrae verskyn agter in die boek wat dit ideaal maak om in kleingroepe te bespreek.
Die dag toe ek Jesus ontmoet het sal die verhale in die Bybel lewe gee terwyl dit lesers aanspoor tot 'n nuwe ontmoeting met hulle Verlosser.
Publikasiedatum: 2016-05-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.