Naby genoeg om God se hartklop te hoor

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415320112

Christelik / Christian: Gebed / Prayer

R 140
Klink die idee van intimiteit met God in jou alledaagse lewe vir jou vergesog en irrelevant?
Het jy al ooit gewonder of jou eie klein storie belangrik is in die groter prentjie, en hoekom God se Woor d nie regtig met jou praat nie?
Die bekroonde skrywer Greg Paul gebruik pragtige prosa, kragtige stories en vindingryke hulpmiddels om die boodskap oor te dra dat God sedert die begin van tyd die hele mensdom met ope arms uitnooi om deel te wees van sy Koninkryk - ieder en elke een.
Die leser leer hoe om die stem van God te herken in daaglikse gebeure en situasies, sowel as in die Skrif.
Paul verd eel die boek in vyf dele:
- Die kern van die saak
- Skepping
- Die sondeval
- Verlossing
- Voleinding
Om die Bybel te lees is soos om jou kop op God se bors te sit. Hierdie is ook die ervaring wa t lesers van Naby genoeg om God se hartklop te hoor sal ondervind,en wanneer dit gebeur sal hulle Hom hoor luister, Jy is my kind, ek het jou lief en jy maak my gelukkig.
Publikasiedatum: 2013-03-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development