Suid Afrikaanse Vis en Seekos Kookboek

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799374230

Nie-fiksie / Non-fiction: Kookboeke / Food & Drink

R 285
Hierdie is nie net 'n onontbeerlike gids tot die aankoop, voorbereiding en gaarmaak van varswater- en seevis en seekos nie, maar bied ook inligting oor die belangrike ontwikkeling van akwakultuur in Suid-Afrika. Die boek is die samekoms van twee verskillende, maar verwante velde: die van akwakultuur (boer met en gebruik van vis) en kookkuns. Die oorvloed van vis- en seekosvoorraad in ons riviere en oseane is besig om vinnig te kwyn. Akwakultuur bied 'n manier om vis- en seekosvoorrade aan te vul sodat ons in die toekoms kan voorsien in die toenemende vraag daarna. Die boek verduidelik op 'n eenvoudige manier die proses van vis- en seekosvoorbereiding - ideaal vir Jan Alleman. Die waardevolle riglyne oor wat om in ag te neem voor jy vis of seekos aankoop en hoe om dit reg te bêre of vries voor jy dit gaarmaak sal enige huiskok vol selfvertroue laat. Die skrywers sluit ook 'n handige afdeling in met stap-vir-stap verduidelikings en foto's wat presies wys hoe om vis te vlek en in filette of mootjies te sny, hoe om visaftreksel te kook en selfs hoe om lekker gerookte vis te maak. Die resepte is opgedeel volgens twee oorhoofse afdelings: varswater vis en seekos en-vis.
Publikasiedatum: 2015-07-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development