Kry daai lyf

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432203931

Nie-fiksie / Non-fiction: Gesondheid & Voorkoms / Health, Beauty & Fitness

R 170
KRY DAAI LYF, selfs al háát jy dieet en oefen ... al wil jy weghardloop as iemand net die woord gewig noem ... al dink jy niks kan jou meer maer maak nie.

LINDA KRIEL bied jou alles op n skinkbord vir n gesonder, skraler jy. Sy gee die nuutste riglyne om jou leefstyl vir eens en vir altyd te verbeter. Jy kry nie net een eetplan wat werk nie, maar twee: die Lae-GI-koolhidraat-eetplan en die Banting-eetplan, wat gebaseer is op nuwe navorsing. Kies die eetplan wat by jóú gesondheidsprofiel en behoeftes pas. Die skrywer word jou persoonlike oefeninstrukteur met fotos wat presies wys wat jy moet doen. Haar oefenprogramme sal jou help om sentimeters te verloor, jou lyf ferm te maak en vet te verbrand.

HIERDIE BOEK SAL JOU HELP OM ...
gewig te verloor en fiks te word
al die bulte waaroor jy skaam is, weg te oefen
jou unieke liggaamsvorm mooier te maak
jou vetpersentasie te bepaal
jou spier- en vetsamestelling te verbeter
jou metabolisme te verhoog
vir die res van jou lewe gesond te leef.

As jy eers die voordele van aktief wees en reg eet ervaar, sal jy daarmee volhou. Dan is die lyf wat jy begeer joune nie net vir n maand of n jaar nie, maar vir n leeftyd!
Publikasiedatum: 2014-11-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development