Hoop wat kaalvoet loop

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431614325

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 180
Kom tuis by God - skop uit jou skoene en deel jou menswees met Hom.

Soms druk die lewe ... soos 'n paar ongemaklike skoeÂ-ne aan die einde van 'n lang dag. Dis dán wanneer jy kan tuiskom by God; wanneer jy jou hart se skoene kan uitskop en jou gestroopte menswees met Hom kan deel. En dis in daardie veilige ruimte by Hom waar jy sal ervaar hoe Hy die donker in jou verdryf en aan jou nuwe hoop gee.

Hoop wat kaalvoet loop se 101 dagstukkies het 'n pragtige uitleg en is propvol hoop en inspirasie. Milanie Vosloo wys jou hoe jy - ten spyte van baie dinge - kan bly dans oor die lewe en bly hoop. Hoe jy - ondanks alles - kan blý vertrou omdat jy 'n Vader het wat jou stewig vashou. Wat jou met arms vol genadeÂ-seën wil toevou.

Die oordenkings in hierdie dagboek is geneem uit Milanie se topverkoper-boeke Sielskos vir die vrou wat lééf! en Laat Sy liefde jou lei. Die dagboek word ook afgerond met teksverse vir spesifieke behoeftes en plek vir notas agterin.
Publikasiedatum: 2016-08-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development