Om in die Hemel wakker te word

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415324448

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

R 50
Om in die hemel wakker te word vertel die merkwaardige verhaal van 'n vrou wat geteister was deur skuldgevoelens en skeptisisme en 'n dramatiese ommekeer ondergaan het na haar nege minute in die hemel. Crystal McVea was vir die grootste deel van haar lewe ongelowig en 'n verlede van mishandeling en verkeerde keuses het haar verwyder van God. Sy het selfs aan sy bestaan getwyfel.
Toe breek 10 Desember 2009 aan - die dag wat haar lewe vir altyd sou verander. Vir nege minute daardie nag het Crystal heeltemal opgehou asemhaal. Sy was bewusteloos, en onbewus van die krisis wat om haar aangegaan het en hoe die personeel geworstel het om haar lewe te red. Crystal onthou weinig van die trauma, maar weet net dat sy in die hemel en in God se teenwoordigheid wakker geword het.
In die boek bespreek Crystal sommige van die buitengewone dinge wat sy in die hemel teëgekom en beleef het,insluitend die asemrowende poorte van die hemel, ons beskermengele en 'n visioen van haar jonger self. Om in die hemel wakker te word neem lesers op 'n reis waar hul uit die oë van 'n gebroke vrou die meedoënlose strewe na 'n lewe saam met God kan aanskou. Saam met haar sal hulle uiteindelik van die liefde en helende krag van God se teenwoordigheid kan getuig.
Publikasiedatum: 2013-06-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development