Ons gaan n taal maak

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780987025692

Nie-fiksie / Non-fiction: Taal & Letterkunde / Language & Literature

R 461
'Ons gaan 'n taal maak': Afrikaans sedert die Patriot-jare deur die taalhistorikus, prof. J.C. Steyn, vertel die verhaal van Afrikaans as moderne taal. Die titel van hierdie monumentale werk eggo die leuse van een van die vroegste taalstryders wat geglo het dat Afrikaans 'gemaak' kan word.

Die boek vertel die verhaal vanaf die taal se nederige begin in die 19de eeuse koerant, Die Afrikaanse Patriot, tot by vandag se trotse taalbakens soos kykNET, Naspers en LitNet. Dit volg die ontwikkeling van die eerste beskeie Afrikaanse toneelopvoerings tot by hedendaagse kunstefeeste en van die ontstaan van die Genootskap van Regte Afrikaners tot by instellings soos die Solidariteit Beweging.

'Ons gaan 'n taal maak' kyk nie net na die groei en ontwikkeling van Afrikaans nie, maar ondersoek ook die talryke terugslae en probleme wat die taal se sprekers moes oorkom - van die onderdrukking deur die Milner-bewind tot die benadeling deur die ANC-regering; van die skade weens apartheid tot by die verliese vanweë transformasie.

Rolspelers in hierdie verhaal sluit onder andere bekendes in soos S.J. du Toit, Gustav Preller, C.J. Langenhoven, N.P. van Wyk Louw en Breyten Breytenbach, maar ook ander minder bekendes (wie se bydraes dikwels onderskat word) soos Oom Lokomotief, Jannie de Waal, Vader Kestell en F.V. Engelenburg.

Die ernstige taalkwessies wat in 'Ons gaan 'n taal maak' ondersoek word, word deurlopend met humoristiese staaltjies en soms treurige anekdotes afgewissel.

'Ons gaan 'n taal maak': Afrikaans sedert die Patriot-jare is in opdrag van Kraal Uitgewers geskryf en daarmee rond Steyn die kultuurhistoriese en taalpolitieke navorsing af waarmee hy meer as 'n kwarteeu besig is.
Publikasiedatum: 2014-09-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development