Afslag slegs op aanlynbestellings

Lien se lankstaanskoene

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624046684

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 190
R 171Jy spaar R 19
Lien se lankstaanskoene is die Goue wenner in vanjaar se Sanlam-prys vir Jeuglektuur.

Die keurders het die boek só opgesom:
Lien is die oudste kind in 'n disfunksionele huishouding, waar die status van die gesin van welgesteld tot armblankes verander het weens die misbruik van trustfondse deur haar prokureurspa, nou 'n gevangene, en haar ma weens haar onvermoë om die situasie te verwerk, 'n alkoholis word. Die besorgheid van 'n buurtannie help in die donkerste ure van die gesin, terwyl dit nodig word vir Lien om uit te spring om brood op die tafel te sit. Vir haar en haar jonger broer, Braam, oor wie sy besorg is, is daar aanpassingsprobleme by die nuwe skool, maar deur veral twee vriende, Wouter en Mimi, elk met hulle eie verwondheid, herwin Lien vir haar 'n eie plek. Sy doen loswerkies vir 'n inkomste, veral om die aand kos op die tafel te kry en te spaar vir wanneer sy eendag oorsee kan gaan. Terwyl haar ma se alkoholisme tot tragiese dieptes verval, begin sy in 'n vermomming op 'n straathoek bedel, waar sy randkarakters soos Roos en Tibbey leer ken en sy geleidelik hulle vertroue en vriendskap wen.
Publikasiedatum: 2008-09-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.