Vier seisoene kind

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780624048671

Fiksie: Liefdesromans

R 295
Die word 'weduwee' is 'n verdrietige woord, 'n toestand waarmee sy haarself met moeite vereenselwig. Maar hier waar Cato in die vliegtuig sit, is dit ongelukkig haar werklikheid. Haar man is dood, 'n skamele drie jaar ná hul troue. Sy is op pad terug Stellenbosch toe, waar Kristina en Ben nog is. En Marcus en Helen net om die draai in Kaapstad woon. Haar ondersteuningsnetwerk.

Of dit so 'n goeie plan is om terug te gaan na die plek waar sy vir Neil ontmoet het, weet sy nie, maar in dié stadium wil sy nêrens anders wees nie. Veral nie alleen in Londen nie. Êrens tussen die tyding van die motorongeluk, die blyke van waardering, die roudiens en die werklikheid van 'n leë plek langs haar in die bed, het sy die Cato wat sy geken het, verloor. En in haar plek 'n bang vreemdeling gevind.
Publikasiedatum: 2017-06-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development