Swartskaap

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780795702853

Fiksie: Romans

R 300
Claudie Thompson se storie begin in 1982 toe sy drie jaar oud was en vir die eerste keer die verskil tussen goed en kwaad leer ken het. Sy het ses boeties en een sussie, maar net sy en haar broer Theuns deel dieselfde pa en ma. Haar pa het drie buite-egtelike kinders - een by haar ma se suster Soekie; en haar ma het twee seuns by haar pa se beste vriend, Koos Diago.
Haar lewe lank stry sy al teen die gene in haar bloed. Haar ma is 'n skisofreen en verander elke tweede dag haar storie.

'Dit is die eerste Afrikaanse roman wat my aan 't huil had . . .' - Jeanne Goosen.


Odette Schoeman is dertig jaar oud en woon saam met haar seun in Vanderbijlpark.
Sy het ná skool joernalistiek gestudeer, maar het opgeskop en vir 'n ruk lank net op fotografie gefokus terwyl sy as 'n joernalis by 'n lokale koerant gewerk het.

Schoeman is tans werksaam by 'n prokureursfirma. Sy is ook betrokke by 'n eiendomsontwikkeling in Mosambiek, en skryf graag deeltyds.

Swartskaap is haar eerste roman.
Publikasiedatum: 2017-06-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development