Afslag slegs op aanlynbestellings

n Nuwe Seisoen

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415333099

Christelik / Christian: Christelike Leefwyse / Christian Living

Christelik / Christian  -  Christelike Leefwyse / Christian Living
R 100
R 90Jy spaar R 10
Die woestyn. Miskien klink dit maar te bekend. Die Israeliete het dit baie goed geken. Hulle het immers 40 jaar in die woestyn rondgedwaal. Oorwinnings was skaars. Vordering was stadig. Hulle was vry van die Farao, maar nie vry van vrees nie. Gered, maar steeds gevange. Vas in die groef. Sinkend in dryfsand. Is dit waar jy jou dalk bevind?

Jy kan die dag onthou toe jy jou hart vir die Here gegee het en uit Egipte ontsnap het, maar jy kan nie onthou wanneer laas jy 'n versoeking weerstaan of gebedshoring ervaar het nie. Jy stry teen dieselfde sondes as die dag toe jy 'n Christen geword het. Is die Christen-lewe nie veronderstel om beter te wees nie?

Jesus bied aan ons oorvloedige blydskap. Tog leef jy met neerdrukkende depressie. Die Bybel praat van genade. Jy dra swaar aan jou skuld. Jy is meer as 'n oorwinnaar en tog word jy gedurig verslaan deur versoeking en swakheid. Met God se hulp kan jy 'n brug bou tussen wie jy is en wie jy wil wees. Soos Josua en die Israeliete kan jy verskuif van 'n woestynbestaan na 'n beloofde erfenis. Dit is God se plan vir jou lewe. Jy, wat volspoed leef. Jy, soos jy bedoel is om te wees. Jy, as oorwinnaar oor die Jerigomure en die reuse. Jy, sonder die struikeling, die seerkry en die haat. Laat die woestyn agter en ontdek 'n lewe wat gekenmerk word deur genade, wat gesuiwer is deur uitdagings en in ooreenstemming is met 'n hemelse roeping.
Publikasiedatum: 2015-11-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.