Vang n Boer

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780620549295

Nie-fiksie / Non-fiction: Politiek & Geskiedenis / History & Politics

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Politiek & Geskiedenis / History & Politics
R 360
R 288Jy spaar R 72
Vang 'n Boer - Die stryd tussen Boer en Ovambo is die verhaal van twee volke waarvan die paaie meer as 80 jaar voor die Grensoorlog (1966 tot 1989) die eerste maal gekruis het.

Die boek gee nuwe perspektiewe op 'n oorlog wat tot dusver binne die konteks van ideologieë (Apartheid en Kommunisme) verstaan is. 'n Komplekse historiese proses wat die oorlog voorafgegaan het, word beskryf. Die klem val nie net op die militêre konfrontasie tussen Boer en Ovambo nie, maar die diplomatieke, politieke en ekonomiese stryd wat ten nouste daarmee verband hou, word geanaliseer.

Waar Boer en Ovambo dit in die bos met die wapen uitspook, is dit nie 'n eensydige stryd waar een kant al die helde oplewer en die ander kant die skurke is wat in massa afgemaai word nie. Die stryd woed ook nie net in die bosse op die Grens bnie, maar regoor die hele Suider-Afrika en in die vergadersale van die Verenigde Nasies.

Die stemme van die burgerlike bevolking - die kwesbares, onskuldiges en ongewapendes - word tussen die oorlogsrumoer gehoor. Uiteindelik word die boek een lang gevallestudie van hoe politici en hulle militêre dienaars, met die ondersteuning en aanmoediging van die kapitaallkragtiges en magsugtiges, met gewone mense in 'n oorlog mors.

Soos in sy beroemde boek "Die Buffel Struikel", vertel LJ Bothma die geskiedenis op ;n objektiewe wyse aan die leser oor. Hierdie is die eerste van twee volumes oor "Die stryd tussen Boer en Ovambo".
Publikasiedatum: 2012-12-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.