Weber se Braai Bybel

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432304089

Nie-fiksie / Non-fiction: Kookboeke / Food & Drink

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Kookboeke / Food & Drink
R 350
R 280Jy spaar R 70
Weber se Braaibybel is 'n alles-in-een meestersklas oor elke aspek van die gewilde ketelbraai. Of jy nou met gas of houtskool kook, sal hierdie omvattende gids alles dek wat die ywerige eienaar van 'n ketelbraai behoort te weet. Leer hoe om die perfekte steak of ribbetjies gaar te maak, om 'n lamsbeen oop te vlek, om hoenderboudjies en -vlerkies te braai sonder om dit te verbrand, en hoe om 'n kalkoen te berook.
Daar is wenke en goeie idees wat die geheime van 'n suksesvolle braai sal onthul, terwyl hoofstukke oor marinades, geurmiddels en souse jou sal inspireer om jou eie kenmerkende smake saam te stel. Van sosati es, tjops en burgers tot meer ingewikkelde spitbraaie, geroosterde groente, pizza oor die kole en piesang-s'mores, is hierdie boek propvol resepte vir braai regdeur die jaar. As braai deel is van jou leefstyl en jy jou buitemuurse kookvernuf wil verbeter, hoef jy nie verder as Weber se Braaibybel te soek nie!
Publikasiedatum: 2014-09-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.