Diabetes vriendelike poedings en gebak

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799374186
R 65
R 33Jy spaar R 32
Mense met diabetes wil ook soms iets lekkers eet. Jy mag maar!
In hierdie boek is geregte wat jy gerus, sonder om skuldig te voel, kan geniet. Al hierdie gunstelingresepte het 'n lae glukemiese indeks. Die glukemiese indeks (GI) van kos is 'n waarde wat aandui hoe vinnig die bloedsuiker deur koolhidraatryke voedsel beïnvloed word. Die vertering en absorpsie van voedsel met 'n lae GI is stadiger. Dit dra by tot 'n geleideliker vrystelling van glukose in die bloed. Hoewel 'n GI van 55 en laer as 'n lae GI beskou word, word 'n GI van tot 62 as 'aanvaarbare' lae GI toegelaat, omdat die wisselwerking van bestanddele die vertering en absorpsie verder vertraag. Die GI maak dit dus vir mense met diabetes moontlik om wel soms verfynde suiker in te neem. Die vertering en absorpsie van suiker word deur vesel, proteïen en ander faktore vertraag. Lees meer oor die GI by www.gifoundation.com.
Mense met diabetes is geneig tot die ontwikkeling van hartvaatsiektes met verhoogde cholesterol- en trigliseriedvlakke. Versadigde of diervette dra by tot die ontwikkeling van dié toestand en moet dus beperk word tot 7 g per 100 g van die produk.
Elke resep bevat 'n ontleding van die belangrikste voedingstowwe, die GI-waarde en die aanbevole porsiegrootte. Laasgenoemde is baie belangrik, want die GI alleen kan nie voorkom dat bloedsuiker abnormaal styg nie. Die hoeveelheid koolhidrate wat ingeneem word, speel net so 'n belangrike rol om bloedsuikervlakke te beheerndeks (GI) én 'n lae versadigde (dier-) vetinhoud en is dus geskik vir die hele gesin.
Publikasiedatum: 2015-04-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development