Afslag slegs op aanlynbestellings

Bont Alarm

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780928316155

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 139
R 125Jy spaar R 14
Hy wou net gou vinnig sy pa se motorfiets 'leen' met die hoop dat hy Karien sal beïndruk en haar hart sal wen. Nou sit hy op die sypaadjie en sien die wrak van 'n motorfiets en tannie Lenie se lewelose hondjie. Hoe het hy hier beland?
Die veertienjarige Juhan Bruwer was eens 'n seun waarop enige ouer trots kon wees. Sy pa se regterhand, sy ma se oogappel - iemand na wie sy jonger sussie kon opsien. Talentvolle sportman, leier, akademiese presteerder. Dit alles verander wanneer hy keer op keer verkeerde besluite neem totdat hy uiteindelik heeltemal uit die wentelbaan van sy gesinslewe ruk en 'n ander koers inslaan.
As straf begin hy vir tannie Lenie werk. Sy leer hom weer van liefde, vergifnis, goeie besluite en verantwoordelikheid. Is dit egter genoeg om Juhan weer op die regte pad te kry? Gaan sy vriende hom verder in die afgrond dryf of sal hy sterk kan staan?
Bont Alarm is 'n verfrissende en onverwagse verhaal van tweede kanse, keuses en die verskillende roetes wat jou lewe kan inslaan.

Elaine Marais is skrywer van die gewilde Christelike liefdesromans, Liefde vir Lienke, Koesterkind en Afdraaipad. Bont Alarm is haar eerste jeugverhaal en word ook met 'n Christelike inslag geskryf. Elaine woon in die hart van die Breëriviervallei saam met haar man en drie kinders.
Publikasiedatum: 2015-10-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.