Boek van toeval en toeverlaat

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798147286

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 315
R 252Jy spaar R 63
Helena Verbloem, leksikograaf van beroep, gaan na Durban as projek-assistent van 'n man wat alle woorde byeen probeer bring wat in onbruik geraak het in Afrikaans.

Dan word daar by haar tuinwoonstel ingebreek en haar geliefde skulpe word gesteel. Die verhaal ontvou rondom die soektog na die gesteelde skulpe. Hierdie soeke raak verweef en verstrengel met die taalbewaringsprojek, die mense wat sy daar leer ken en met haar algemene besinning oor haar lewe - herinneringe aan haar familie, verlore minnaars en liefdes, verliese wat sy gely het. Ek weet wat 'n terapeut sal sê. Agter elke verlies lê 'n vroeër verlies. Die verlies van my skulpe is 'n voorwendsel ('n jakkalsdraai, 'n verbloeming en bewimpeling) 'n poging van die geslepe psige om die vroeër, pynlike verlies te verdoesel. Dié woorde van die self-ironiserende verteller in hierdie fassinerende roman raak twee van die belangrikste temas aan: verlies en verbloeming.
Publikasiedatum: 2006-10-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.