Afslag slegs op aanlynbestellings

Upcycling projekte Palette

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799382822

Nie-fiksie / Non-fiction: Stokperdjies & Handwerk / Crafts & Hobbies & DIY

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Stokperdjies & Handwerk / Crafts & Hobbies & DIY
R 235
R 212Jy spaar R 23
Palette: Upcycling-projekte bied 33 selfdoen palet-items waar die nederige palet omskep word in goedkoop, praktiese en eko-vriendelike meubels, dekor, speelgoed, tuinprodukte en geskenkitems. Upcycling is die term wat gebruik word vir kreatiewe herwinning van afvalmateriaal of onbruikbare, ongewensde items, om nuwe produkte wat waarde het te skep. Die boek is propvol kleurfoto's met maklike stap-vir-stap-verduidelikings van hoe om die rou palet uitmekaar te haal en jou eie projekte te beplan en te bou, tot verftegnieke om jou produkte mee af te rond. Die moeilikheidsgraad van die produkte wissel, so die boek is ideaal vir beginners asook selfdoen-entoesiaste met meer gevorderde vaardighede. Van die projekte sluit in: 'n wynrak, hangrak vir tuingereedskap, koffietafel, leunstoel, trousseaukis, boekrak, groenterakkie, fotoraam, planthouers, speelgoedkombuis, -trollie, en -huisie. Jason Kobrowisky is 'n gesoute meubelontwerper en houtwerker met in sy eie meubelfabriek in Johannesburg. Hout, en veral herwinning van hout, lê hom na aan die hart, en hy is baie lief daarvoor om iets moois en nuuts uit afvalhout te skep.
Publikasiedatum: 2017-09-11

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.