Geheime Koninkryk 6 Skitterstrand

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799358599
Vertaler: Jaco Jacobs
R 110
Dis Midsomernag, die betowerendste tyd van die jaar! Al die feetjies is by Skitterstrand om te kyk hoe die koninkryk se towerkrag vir nog 'n jaar herlaai word. Maar die nare koningin Gorina is ook in die omtrek ... Kan Janie, Bianka en Tamsin die sprankelstof red - voordat dit te laat is?

Oor die reeks

Welkom in 'n wonderwêreld vol vriendskap en pret! Jong lesers sal dol wees oor hierdie reeks waarin drie beste maats telkens weggevoer word na 'n geheime wêreld waar hulle feetjies, meerminne en ander wonderlike wesens ontmoet. Die heerser van die Geheime Koninkryk, koning Kieliebaard, het Janie, Bianca en Tamsin se hulp nodig nadat sy nare suster, koningin Gorina, ses weerligstrale in die koninkryk weggesteek het. Die weerligstrale besit spesiale towerkrag waarmee die bose koningin die koninkryk wil vernietig. In elkeen van die boeke in die reeks moet die meisies planne maak om nog een van die weerligstrale skadeloos te stel.

Die reeks

1. Die skitterende paleis
2. Eenhoringvallei
3. Wolkeiland
4. Meerminrif
5. Towerberg
6. Skitterstrand
Publikasiedatum: 2013-12-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development