Vandat jy weg is

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799375657

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 265
R 212Jy spaar R 53
Dis die tweede boek in die tweeluik wat begin met Gelyke kans. Jessica en Anton de Lange besef dat die huwelik wat hulle die afgelope paar maande aan mekaar probeer plak het, nie redbaar is nie. Die noodlot gryp in, en ruk Anton finaal weg. Jessica bly agter, van voor af verpletter. Sy moet staande bly ter wille van haar drie kinders, en haar florerende besigheid wat soveel ander mense se lewe raak.
Toe sy besef haar jeugliefde, Joe Verster het moed opgegee om haar liefde te probeer wen, is dit vir haar 'n dubbele verlies. Joe het 'n kontrak geteken om vir 'n jaar by 'n kliniek in Kenia te werk. Hy gaan terugkom, verseker hy haar. Dit sal haar tyd gee om haar verlies te verwerk, om haar lewe in oënskou te neem.
Sal Jessica en Joe se liefde die toets van tyd deurstaan? Is dit ooit ware liefde, of bloot versotheid? En sal hulle ooit ontslae wees van die spook van Anton de Lange?
Publikasiedatum: 2015-07-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.