Versies vir my vriendin

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432204464
R 120
Versies vir my vriendin is 'n besonderse bundel met 'n Bybelvers vir elke dag van die jaar. Dis anders as gewone dagboeke omdat jy nie vir Januarie hoef te wag om met die boek te begin nie. Jy kan enige tyd van enige maand inspirasie hierin raakblaai!
12 geliefde vroueskrywers, soos Fatima Abdool, Hettie Brittz, Esté Geldenhuys, Liesel Krause-Wiid, Soekie Krog, Maretha Maartens en Nina Smit, het elkeen 'n maand onder haar sorg geneem. Met groot omsigtigheid het hulle verse gekies wat nie net interessant en inspirerend is nie, maar ook vir die leser 'n stukkie seën sal wees. As bonus is daar by elke werksdag 'n toepassing met brokkies bemoediging, strale van hoop en liefdevolle begeleiding om 'n Geesvervulde vrou te wees.
Plaas jou vertroue in die Woord eerder as in jou wêreldse omstandighede. Die Bybel is die betroubaarste bron van energie en troos vir elkeen wat behoefte het aan God se goedheid. Neem dit vir jouself en gee dit aan na elke vrou wat as vriendin na aan jou hart is. Dis die waardevolste seëning wat jy kan aangee - en self ontvang.
Publikasiedatum: 2015-05-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development