Die laaste dae van Jesus

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432203481
R 130
Dit gaan nie net oor 'n aangrypende historiese gebeurtenis nie. Dit gaan oor die verskil wat dit in die lewens van honderde miljoene mense gemaak het - die verskil tussen hemel en hel.
Jou verhouding met en jou liefde vir God staan in direkte verband met jou begrip en waardering van die gebeure tydens Die laaste dae van Jesus. Hierdie boek wil jou help om God se liefde en die heilsgebeure beter te verstaan. Wat regtig met Jesus gebeur het, maak saak!
Om die volle impak van wat gebeur het te verduidelik, is daar in hierdie boek aanvullende mediese inligting. 'n Forensiese patoloog interpreteer
die Bybelse gebeure vanuit sy kennis en verduidelik wat liggaamlik aan Jesus gedoen is.
Waarom moet gelowiges weet wat die intensiteit van die marteling van Jesus was? Die wrede, forensiese feite is nodig om die suikerlagie wat
mense om die kruisiging geplaas het af te ruk. Dis afgryslik om te wete te kom hoeveel bloedverlies Jesus gely het, hoe geseling en senuwees
wat beskadig is moontlik tot hartversaking gelei het. Maar terselfdertyd kan jy weet dat Hy dit vir jou verlossing gedoen het. Dit kan jou geloof
versterk en hoop gee in 'n wêreld wat nie meer glo nie.

DR ISAK BURGER is bekend as kerkleier en skrywer van boeke soos Die eerste 5 minute in die hemel. Sy grootste passie is om mense aan Jesus bekend te stel. Hy fokus in sy studies, preke, skryfwerk en besoeke aan Israel op wie Jesus is en wat Hy gedoen het.

DR. LEON WAGNER is 'n forensiese patoloog met 'n privaat praktyk wat al meer as 10 000 nadoodse ondersoeke gedoen het. Hy tree gereeld by kerke op om die Bybelse weergawe van die kruisgebeure toe te lig met sy kennis oor die volle impak van wat met Jesus gebeur het.
Publikasiedatum: 2015-06-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development