Nova 5 Eindspel

Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799366617
R 150
In elke spel is daar twee opponente. Elkeen dink die ander span is die vyand. Elkeen dink hy gaan wen. En as hy wen, is die titel - die mag - syne. Dis wat hier aan die gang is. Die Eindspel is 'n spel vir mag. Wie sal die sterkste wees? Die lig of die donker?
Lucas Niemand keer terug na Nova. Maar dan kom die skok: Sy vriende onthou glad nie meer van hulle ontmoetings met ruimtewesens of hulle spesiale kragte nie. Hulle weet ook nie waar Lucas al die tyd was nie - vasgevang in 'n nagmerrieagtige, donker ruimteskip waar aaklige goed met hom gebeur het nie.
Die Eindspel het reeds begin, besef Lucas.
Maar sal hy uit die kloue van die donker ruimtewesens kan bly?
Watter geheim dra Troy in hom?
Waar kom die drie nuwe alien-tieners vandaan en wat wil hulle van Lucas hê?
Hoekom vind Lucas nou eers van die Slaper uit - iemand wat nie is wie hy voorgee om te wees nie?
Maar die belangrikste van al die vrae: Sal Lucas Niemand die skrikwekkende Eindspel oorleef ...?
Publikasiedatum: 2014-05-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development